Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

65. Wat betref hulle Goddelike aanbidding, is dit `n hoof karakteristieke eienskap, dat hulle die Meester erken as die Opperwese, wat die hemel en die aarde regeer, en noem Hom die enigste Meester; en omdat hulle Hom erken en aanbid gedurende hulle lewe in die liggaam, soek hulle Hom ten eerste na die dood, en vind Hom ook, Hy is dieselfde soos ons Meester. Hulle was gevra of hulle weet dat die enigste Meester `n Mens is. Hulle antwoord dat hulle almal weet dat Hy `n mens is, omdat in hulle wêreld was Hy deur baie slegs gesien as `n mens, en dat Hy hulle onderrig aangaande die waarheid, bewaar hulle, en gee ook ewige lewe aan hulle wat Hom aanbid uit die goeie. Hulle sê verder, dat Hy aan hulle geopenbaar het hoe hulle moet lewe, en hoe hulle moet glo; en dit wat geopenbaar is, word van die ouer na die kind oorgedra, en daarom vloei daar `n doktrine na elke familie, en daardeur die hele nasie wat van een vader afstam. Hulle voeg by dat dit vir hulle lyk asof die doktrine op hulle denke ingeskryf is, en hulle sluit daarmee af, omdat hulle onmiddelik waarneem, en erken uit hulleself, of dit waar is of nie, wat gesê is deur ander betreffende die lewe van die hemel met die mens. Hulle weet nie dat hulle enigste Meester op ons aarde gebore was as mens, en hulle sê al wat hulle wil weet is dat Hy `n Mens is, en Hy regeer oor die hele universum. Toe ek hulle inlig dat op ons aarde is Hy bekend as Jesus Christus; en die Christus dui op die Gesalfde Koning, en Jesus, die Verlosser, sê hulle dat hulle Hom nie aanbid as `n Koning nie, want koningskap gee voorkeur aan dit wat wêrelds is, maar dat hulle Hom aanbid as `n Verlosser. Op hierdie geleentheid was daar `n vertwyfeling wat ingespuit was deur die geeste van ons aarde, of hulle Meester dieselfde was as ons Meester; maar hulle verwyder dit deur hulle herinnering dat hulle Hom gesien het in die son, en het erken en Hom herken dat dit Hy homself was wat hulle op die aarde gesien het. (sien bo, n. 40). Eenkeer ook met die geeste van Jupiter wat by my was, vloei daar vir `n oomblik `n vertwyfeling of hulle enigste Meester dieselfde was as ons Meester; maar hierdie vertwyfeling, wat vir `n oomblik ingevloei het, was ook in `n oomblik uiteen gejaag. Dit vloei in van sekere geeste vanaf ons aarde, en toe, wat my verbaas het, dat hulle so skaam was om dit in twyfel te trek, alhoewel dit vir `n oomblik was, my gevra het om dit nie te publiseer nie uit vrees dat hulle aangekla sal word vir ongelowigheid, terwyl hulle dit nou meer as ander weet. Hierdie geeste was baie geaffekteer en juig toe hulle hoor dat dit verklaar word dat die enigste Meester alleen `n Mens is, en dat almal het van Hom dit wat hulle geregtig maak om `n mens genoem te word; maar dat hulle slegs so ver mens is as wat hulle `n beeltenis van Hom is, dit is, sover as wat hulle Hom liefhet, en dus die naaste, en so ver as wat hulle in die goeie is; want die goeie van die liefde en geloof is die beeltenis van die Meester.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205