Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

72. Wat besonderlik die teenwoordigheid van die geeste betref by die inwoners van die aarde Jupiter, is daar sommige geeste wat straf, sommiges wat onderrig, en sommiges wat oor hulle heers. Die geeste wat straf hou hulleself aan die linker kant, en neig na agtertoe, en wanneer hulle daar is, trek hulle uit die mens na vore al die dinge wat in sy geheue geleë is. As hulle vind dat hy booshede bedink het, of dit gedoen het, dan berispe hulle hom, en kasty hom ook met pyn in die gewrigte, en van die hande en voete, of met pyn in die ingewande streek. Dit kan die geeste ook behendig doen as hulle toegelaat word. Wanner so iets na die mens kom word hulle genïspireer met vrees, afgryse en angs, dus weet die mens as hulle nader kom. Bose geeste kan vrees inspireer as hulle enigeen nader, veral hulle wat in die wêreld geleef het as rowers. Dat ek mag weet hoe hierdie geeste handel wanneer hulle na `n mens toe kom op hulle aarde, was dit toegelaat dat so `n gees ook na my toe kom. Toe hy naby was, het vrees, afgryse en angs oor my besit geneem, maar die afgryse was nie innerlik nie maar uiterlik, omdat ek geweet het dit was so `n gees. Hy was ook gesien en verskyn soos `n donker wolk, met bewegende sterre in die wolk. Bewegende sterre dui op valshede, maar vaste sterre die waarheid. Hy voeg hom aan my linkerkant meer na agtertoe, en begin ook om my te berispe vir die dade en gedagtes wat hy uit my geheue uittrek, en interpreteer dit ook verderflik, maar hy was verhinder deur die engele. Toe hy waarneem dat hy met `n mens was wat nie van hierdie aarde is nie, begin hy om met my te praat, en sê dat as hy na `n mens toe kom, weet hy al die dinge wat die mens gedoen en gedink het, en dat hy hom hewig berispe, en ook om hom te kasty met verskeie en hewige pyne. Op `n ander keer weer het so `n kastyende gees na my toe gekom, en voeg hom aan my linkerkant net onderkant die middel van my liggaam, soos die vorige een, wens hy ook om my te straf; maar hy was ook deur die engele verhoed, Alhoewel, hy toon aan my die knelling van strawwe wat hy toegelaat was om op die mens te gebruik van hulle aarde, as hulle boosheid doen, of daaraan dink. Hulle was, behalwe die pyn in die gewrigte, `n pynlike sametrekking deur `n skerp rooster. En dan was daar die wegneming van die asemhaling met intervalle selfs tot benoudheid; en ook die verbod om enigiets te eet as brood vir `n tydperk; en die laaste van alles is die dreigement van die dood, as hulle dit nie staak om sulke dinge te doen nie; en ook die weerhouding van die genieting van die metgesel, kinders, en ander metgeselle.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205