Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

91. Wat betref die goddelike aanbidding van hulle wat op daardie aarde bly, sê hulle, hulle erken en aanbid ons Meester, en sê dat dit die enigste God is, en dat hy beide hemel en die universum regeer, en dat al die goeie van Hom is, en dat Hy hulle lei, ook dat Hy dikwels aan hulle verskyn op hulle aarde. En dit was dan toegestaan om aan hulle te sê, dat die Christene op ons aarde ook weet dat die Meester heers en regeer oor die hemel en die aarde, vanuit die woorde van die Meester self in Matt: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.” (Matt. 28: 18), maar dat hulle dit nie glo soos hulle op die aarde Mars nie. Hulle sê ook dat daar niks in hulle is as slegs smerigheid en die duiwelse en dat al die goeie van die Meester is, ja, sê hulle verder, dat hulleself duiwels is, en dat die Meester hulle uit die hel trek, en hulle voortdurend daarvan weerhou. Eenkeer toe hulle die Meester se Naam noem, sien ek dat daardie geeste hulle self so nederig in hulle diepsinnige innerlike maak, dat dit nie beskryf kan word nie; want in hulle verootmoediging het hulle die idee dat hulleself in die hel was; en sodoende was hulle dit nie werd om op te sien na die Meester nie, wat die Heiligheid Self is; en hulle bly so op hulle knieë totdat die Meester Homself hulle optel, en dit is asof Hy hulle uit die hel ophelp. En wanneer hulle so uitkom uit hulle verootmoediging, is hulle vol van die goeie en liefde, en daaruit vol vreugde in die hart. Wanneer hulle hul so verootmoedig, dan draai hulle hul gesigte nie na die Merester toe nie, want hulle durf dit nie doen nie, maar draai hulle gesigte weg. Die geeste wat om my was, sê hulle het nog nooit so `n verootmoediging gesien nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205