Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

96. Soos hulle wat slegs in kennis is, en in geen lewe van die liefde nie, word ook verteenwoordig deur die voël van steen, en omdat hulle daar geen geestelike lewe het nie, mag ek hierby aantoon, deur die metode van `n aanhangsel, dat slegs hulle het `n geestelike lewe wat in hemelse liefde is, en in die kennis daarvan, en dat in so `n liefde in homself al die krag bestaan om te weet wie van daardie liefde is. As voorbeeld, die diere van die aarde, en ook die diere van die lug, of die voëls, het die kennis van al die dinge wat van hulle liefde is. Hierdie liefdes is, om hulleself te voed, om in veiligheid te lewe, om `n nageslag te produseer, om hulle kleintjies groot te maak, en vir sommiges, om aan hulleself te voorsien vir die winter. Gevolglik het hulle al die voorgeskrewe kennis, want dit is in hulle liefdes, en dit vloei in hulle asof dit in hulle ontvangers is, waar kennis by sommige diere sodanig is, dat die mens nie anders kan as om verstom te staan nie. Die kennis is ingeskape in hulle, en word genoem instink, maar dit is van die natuurlike liefde waarin hulle is. As die mens in hierdie liefde was, wat die liefde tot God is en teenoor jou naaste (want hierdie liefde is die mens se eintlike liefde waardeur hy onderskei word van die wilde diere, en dit is hemelse liefde), sou die mens nie net in die nodige kennis gewees het nie, maar ook in alle intelligensie en wysheid; want dit sou ingevloei het in daardie liefdes vanuit die hemel, dit is, deur die hemele vanaf die Goddelike. Maar omdat die mens nie in hierdie liefdes gebore is nie, maar in die teenoorgesteldes, naamlik, in die liefde vir die self en die wêreld, vir hierdie rede kan hy nie anders as om gebore te word in alle onkunde en gebrek aan kennis nie. Maar deur Goddelike metodes word hy gelei na iets van die intelligensie en wysheid, maar nie in `n werklike iets daarvan nie, tensy die liefde vir die self en die wêreld verwyder word, en die weg is dan geopen vir die liefde vir God en die naaste. Dat die liefde tot God en die naaste in hulle al die intelligensie en wysheid het, is duidelik uit hulle in die wêreld wat in hierdie liefdes is. As hulle na die dood in die hemel kom, kom hulle in so `n intelligensie en wysheid wat hulle nog nooit voorheen geken het nie; ja, hulle dink en spreek daar soos die res van die engele, sulke dinge soos wat die ore nog nooit gehoor het nie, ook nie wat die verstand nog ooit geken het nie, dinge wat onuitspreeklik is. Die rede is, dat daardie liefdes in hulle in hulleself die vermoë het om sulke dinge te ontvang.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205