Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

DIE BOEK GENESIS 251-300 (AFR.) VERSKILLENDE SOORTE SLANGE – 251-300 (AFR.) ARCANA COELESTIA – GEHEIME VAN DIE HEMELE EMANUEL SWEDENBORG 1688-1772 251. Die rede hoekom die “slang” in die algemeen alle boosheid beteken, en dat dit veral die liefde vir die self, is dat alle boosheid sy ontstaan het uit die sensuele deel van die denke, en ook uit die geheuekennis [scientifico] wat ten eerste aangedui word deur die “slang” en daarom dui dit hier op die boosheid van elke soort, en spesifiek op die liefde vir die self, of haat teenoor die naaste en die Meester, wat dieselfde ding is. Siende dat hierdie boosheid of haat verskillende geaardhede het, bestaande uit verskillende genera en spesies, word dit in die Woord beskryf deur verskeie tipes van slange; soos “adders,” “basiliske,” “vlieënde drake,” 'vurige slange (drake) wat vlieg,” “dinge wat kruip,” “horingadder” in ooreenstemming met die verskillende gif wat dit dra, wat in hierdie geval haat is. Ons lees dus in Jesaja: “Wees nie bly, o ganse land van die Filistyne, dat die roede verbreek is wat jou geslaan het nie, want uit die wortel van die slang sal `n basilisk voortkom, en sy vrug sal `n vurige vlieënde draak wees.” (Jes. 14: 29). “Wortel van die slang” dui op daardie deel van die denke, of daardie beginsel, wat gekoppel is met die sintuie en met geheuekennis [est sensuale et scientificum]; die “vlieënde draak” dui op die boosheid wat ontstaan in die valsheid wat daaruit afgelei word; en die “vurige vlieënde draak” die hebsug wat spruit uit die liefde vir die self. Dieselfde Profeet beskryf ook soortgelyke dinge op ander plekke. “Basalisk-eiers broei hulle uit, en spinnerakke weef hulle, hy wat van hulle eiers eet, moet sterwe; en as dit stukkend gedruk word, bars daar `n adder uit.” (Jes 59: 5). Die slang wat hier in Genesis beskrywe word, word in Openbaring genoem “die groot vuurrooi draak” en die “ou slang” en ook die “duiwel en Satan” wat “die hele wêreld mislei” (Openb. 12: 3, 9; 20: 2), waar daar deur “duiwel” bedoel word, soos in baie ander plekke ook, nie enige besonderse duiwel wat die prins oor ander is nie, maar die hele spul of bende van bose geeste, en die boosheid op sigself.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205