Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

279. Al hierdie verse dan, as dit agtereenvolgend geneem word, betrek die sensuele deel wat homself afwend van die hemelse (vers 14), dat die Meester in die wêreld sou kom vir die doel om hulle te verlos en weer te verenig (vers 15); dat stryd ontstaan as gevolg daarvan dat die mens homself afwend (vers 16); en dit veroorsaak ellende (vers 17), verdoeming (vers 18); en ten laaste die hel (vers 19). Hierdie dinge volg in opeenvolging in daardie kerk, vanaf die vierde nageslag tot op die vloed. Vers 20. En die mens [homo] het sy vrou Eva genoem, omdat sy die moeder van alle lewendes was. Vers 21. En Jahweh God het vir die mens en vir sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek. Vers 22. Toe sê Jahweh God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Vers 23. Toe stuur Jahweh God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. Vers 24. So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205