Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

289. Dit was hierbo ook aangetoon dat deur “vrou” word bedoel die kerk, en in die universele sin die koninkryk van die Meester in die hemel en op aarde, en hieruit volg dit dat dieselfde bedoel word deur “moeder.” In die Woord word die kerk baie dikwels “moeder” genoem soos in Jesaja: “Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het?...” (Jes. 50: 1). In Jeremia: “Julle moeder staan grootliks beskaamd.” (Jer. 16: 45). In Eseg: “Jy is `n dogter van jou moeder wat `n afsku gehad het in haar man en haar kinders...julle moeder was `n Hetitiese vrou en julle vader `n Amoriet.” (Eseg. 16: 45), waar “man” die Meester aandui en alles wat hemels is; “seuns” die waarhede van die geloof; `n “Hetiet” dit wat vals is, en `n “Amoriet” dit wat boos is. (Eseg. 16: 45). In dieselfde: “Jou moeder was soos `n wingerdstok in jou rustige tyd; dit was vrugbaar en vol ranke vanweë die baie waters.” (Eseg. 19: 10). Hier dui “moeder” op die Antieke Kerk. Die term “moeder” is eintlik meer toepaslik op die Mees Antieke Kerk, omdat dit die eerste kerk was, en die enigste een wat hemels was, en daarom geliefd deur die Meester meer as die ander.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205