Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

Verskillende soorte slange 301-350 (Afr) 301. Die ander Arcanum (geheim) is dat as hulle onderrig sou word in die geheime van die geloof, sou hulle tot in alle ewigheid verlore geraak het, wat aangedui word deur die woorde: “As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe tot in ewigheid nie!” Die saak staan so: Wanneer die mens in die omgekeerde orde van die lewe raak, en onwillig is om te lewe, of om wys te raak, uitsluitlik uit homself en uit sy Eie, argumenteer hy aangaande enigiets wat hy hoor ten opsigte van die geloof, of die feite so is of nie; en as hulle dit uit hulleself doen en uit hulle eie sintuie en uit geheue-kennis, dan moet dit noodwendig lei tot ontkenning, en gevolglik tot laster en ontheiliging, sodat hulle na gelang van tyd nie aarsel om ontheiligde dinge met die heilige te meng nie. Wanneer `n mens dan so geword het, dan is hy in die ander lewe so verdoem dat daar geen hoop op redding oorbly nie. Want dinge wat vermeng is deur ontheiliging bly so vermeng, sodat wanneer enige idee van iets heiligs homself aanbied, is daar iets ontheiligs wat ook saam met dit verbind is, die gevolg is dat die persoon nie in `n gemeenskap kan wees behalwe een wat verdoem is nie. Wat ookal aangebied word in enige idee van die denke, en gevolglik dit wat saamgevoeg is, word baie fyn in die ander lewe waargeneem, selfs deur geeste in die wêreld van die geeste, en nog meer deur die engele geeste, so fyn inderdaad, dat deur `n enkele idee kan `n persoon se karakter geken word. Die afskeiding van onheilige en heilige idees wat so saamgevoeg is, kan nie bewerk word behalwe deur so `n helse marteling dat as `n mens daarvan bewus is, sal hy baie sorgvuldig so `n ontheiliging vermy asof dit die hel vanself is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205