Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

302. Dit is die rede hoekom die geheime van die geloof nooit aan die Jode openbaar gemaak is nie. Hulle was nie eens openlik vertel dat hulle sal lewe na die dood nie, ook nie dat die Meester in hierdie wêreld sal kom om die mensdom te red nie. So groot was hulle onkunde en onnoselheid waarin hulle gehou was, en nog steeds gehou word, dat hulle niks weet van die innerlike mens nie, of van enigiets innerliks, want as hulle daarvan sou geweet het, sodat dit erken word, is hulle karakter in elk geval sodanig dat hulle dit sou ontheilig, en daar sou geen hoop op redding vir hulle in die ander lewe gewees het nie. Dit is wat deur die Meester bedoel word in Joh: “Hy het hulle oë verblind en hulle harte verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.” (Joh. 12: 40). En ook deurdat die Meester met hulle spreek in gelykenisse sonder om aan hulle te verduidelik wat dit beteken “omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.” (Matt. 13:13). Vir dieselfde rede word al die geheime van die geloof vir hulle weggesteek, en word verberg onder verteenwoordigings van hulle kerk en vir dieselfde rede is die profetiese styl van dieselfde karakter. In elk geval is dit een ding om te weet, en `n ander om dit te erken. Hy wat weet en dit nie erken nie, is soos een wat niks weet nie; maar dit is hy wat erken en dit dan agtena belaster en ontheilig, wat bedoel word deur hierdie woorde van die Meester.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205