Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

322. Waak teen die valse begrip dat geeste nie beskik oor baie meer voortreflike sensasies as gedurende die lewe in die liggaam nie. Ek weet die teenoorgestelde deur duisende ervaringe op verskillende tye. As enigiemand onwillig is om dit te glo, as gevolg van sy eie vooropgestelde idees betreffende die natuur van die gees, laat hy dit self leer deur sy eie ervaring wanneer hy in die ander lewe kom, waar dit hom sal dwing om dit te glo. In die eerste plek het geeste `n gesigsvermoë, want hulle lewe in die lig, en goeie geeste, engele geeste en engele lewe in so `n lig wat so groot is dat die middag van hierdie wêreld glad nie daarmee vergelyk kan word nie. Die lig waarin hulle woon, en waarmee hulle sien, sal deur die Meester se Goddelike genade, hierna beskrywe word. Geeste kan hoor ook, `n gehoor so voortreflik, dat die gehoor van die liggaam nie daarmee vergelyk kan word nie. Vir jare nou al het hulle met my amper deurlopend gespreek, maar hulle spraak sal ook deur die Goddelike genade van die Meester hierna beskryf word. Hulle het ook `n reukvermoë en `n baie verfynde aanrakings of gevoelsvermoë, waarvandaan die pyne en martelinge kom wat in die hel verduur word; want alle sensasies het `n verhouding met die gevoelsvermoë waarvan die sensasies net `n diversiteit en `n verskeidenheid is. Hulle het begeertes en emosies waarmee daardie wat hulle in die liggaam gehad het, nie vergelyk kan word nie. Geeste dink met `n baie groter helderheid en onderskeiding as wat hulle gedink het gedurende hulle lewe in die liggaam. Daar is meer dinge bevat in `n enkele idee van hulle denke as in `n duisend idees wat hulle gehad het in hierdie wêreld. Hulle gesels onder mekaar met soveel skerpsinnigheid, fynheid, skranderheid, duidelikheid en beslisheid, dat as `n mens enigiets daarvan kan waarneem, hy verstom sal staan. In kort, hulle besit alles wat die mens besit wat die sintuie en liggaam betref, maar in `n meer perfekte manier, behalwe die vlees en bloed en die tekortkominge wat daarmee gepaard gaan. Hulle erken en neem waar dat selfs in die liggaam terwyl hulle lewe, was dit die gees wat die sensasie (sintuie) veroorsaak, en alhoewel die aanleg van sensasie homself in die liggaam manifesteer, was dit tog nie die liggaam nie, maar die gees; en daarom is die sensasie baie meer perfek en sensitief wanneer die liggaam afgegooi word. Lewe bestaan in die uitoefening van sensasies, want sonder dit is daar geen lewe nie, en soos wat die sensasie is, so is die lewe, `n feit wat enigeen kan waarneem.En dfeur die Goddelike genade van die Meester sal al hierdie dinge hierna bespreek word.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205