Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

VOORWOORD
Ek (Jesus Christus) is die ware wynstok en My Vader is die landbouer.
Hy snoei die ranke. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra ryke vrugte, want sonder My kan u niks doen nie. Dit is die wat My Vader verheerlik: wat baie vrugte dra en My leerlinge is.
So lees ons in Johannes Hoofstuk 15
“Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, Haar maak Hy skoon, sodat Sy meer vrug kan dra. Bly in My en Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van Haarself as Sy nie in die Wynstok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie.”
Ons, ons is die arbeiders in die wingerd en Jesus moet werk deur ons. En so kan ons probeer om ander ranke te help vrug dra sodat hulle nie afgesny word, verdor en in die vuur gewerp word nie. Ons kan inwerk op die wil van die mens, ons moet die lig van die wêreld wees, Sy Lig en dit moet skyn vir die mense.
Daar sal steeds `n stryd wees tussen "die Lig" en die ”duisternis" en dit sal steeds hewiger word.
God sal ingryp deur ontsaglike gebeurtenisse in die natuur om die mense wakker te skud en hulle te weerhou van die weg wat hulle wil gaan. Dit is `n baie belangrike taak om die mense hiervan in kennis te stel, om hulle te waarsku, om hulle te vertel van die einde van die wêreld en die redes daarvoor, om hulle te leer dat hulle hulle oë op God moet rig en die aardse moet laat staan.
Daarna, saam met die geloofstryd sal dit `n stryd word met die swaard van die mond. Ons sal tot verantwoording geroep word, dwalings moet regstel en heftige besprekings voer met sataniese kragte Tydens onmenslike vervolginge teen die volgelinge van Jesus, en ons sal moet standhou, maar God sal hierdie tyd verkort terwille van Syne. Dit alles, steeds met as basis: die openlike belydenis van Jesus Christus en die verkondiging van die evangelie van die liefde om te red wat hulleself nog wil laat red.
Só, bly in die Lig, bly in die Heer, vertrou en bid tot Hom om hulp en krag, gee u oor aan Sy Wil, wees lief vir Hom. G.F.K.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205