Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

VERLOSSEND SAAMWERK IN DIE EINDTYD
B.D. 8411 - 14 Februarie 1961
Wanneer u uself vir My ter beskikking stel, dat u My medewerkers wil wees in die laaste tyd voor die einde, dan hoef u ook nie bang te wees dat u nie opgewasse sal wees vir hierdie arbeid nie, want Ek weet waar Ek u kan gebruik, sodat u suksesvol besig sal wees. Die kapasiteit van elke mens is anders en na gelang van hierdie kapasiteit sal Ek u ook die arbeid toewys, en is u bereid om My te dien, dan sal hierdie arbeid ook goed afgaan. En omdat daar in die eindtyd, voor alles sal gebeur, `n lig aan die mensdom gebring sal word, kies Ek vir My ook die ware ligdraers uit. Mense in wie Ek `n ware lig kan ontsteek en wat nou ook dienswillig is om die lig te verbrei, wat self in die lig van hulle insig op hoogte is van die liglose toestand van die medemens en al hulle kragte inspan om hierdie toestand te verander.
Die uitstraling van die lig, die verbreiding van My Woord, is `n geweldige opgawe, sodat dit `n verlossende gevolg kan hê en ook sal hê, omdat My woord krag in homself is en sy uitwerking nie mis nie. Maar die taak vereis deursettingsvermoë, wilskrag en `n liefdevolle hart wat tot hulp bereid is, dit vra `n voortdurende band met My, voortdurende bereidheid om die ligstrale van My in ontvangs te neem, dus onvermoeibare geestelike aktiwiteit, wat nie baie mense wil verrig nie: Maar in volkome vrye wil moet hierdie arbeid vir My verrig word, dan eers sal hy die sukses hê dat die ligstrale deur die duisternis heen dring. Want hierdie vrye wil word deur die liefde bepaal en slegs liefde het `n verlossende uitwerking.
En u, My medewerkers, gee Ek altyd die versekering dat u gestuur en gelei sal word, dat Ek u denke korrek rig, dat Ek u steeds van krag voorsien en u sal beskerm teen alle vyandelikhede, omdat hierdie arbeid van u so dringend en vernaam is, dat Ek waarlik alles sal doen om My medewerkers, wat in My Naam werksaam is en deur wie Ek Self kan werk tot seën van die mensdom, vir My te behou; U sal u slegs heeltemal aan My moet toevertrou, u moet u arbeid in die grootste vertroue verrig en steeds weet dat Ek u nodig het, in die besonder dan, wanneer Ek u met `n ongewone missie sou kan belas, waarvan die sieleheil van ontelbare mense afhanklik is. U almal weet nie hoe hard die toevoer van die suiwer waarheid nodig is nie, omdat u ook nie weet in welke mate die dwaling al ingang gevind het en dat die mensdom met baie verkeerde denkbeelde verder leef.
Die wêreld, dit wil sê, die ryk van My teenstander, van die vors van die duisternis, dring homself oral op die voorgrond en neem die denke van die mense heeltemal in besit: Maar van My ryk, wat nie van hierdie wêreld is nie, begryp hulle niks en daarom moet Ek steeds weer probeer om dit nader aan hulle te bring, My ryk moet weer tot die mense kom en salig is hy wat homself na My ryk wend, wat `n duidelike blik hierin kan werp, wanneer hy die suiwer waarheid gebring word.
Bedink, u My dienare op aarde, hoe kort die tyd op aarde is en welke hersenskimme die mense najaag. Maar u sal vir hulle duidelikheid daaroor kan verskaf, omdat u self My ryk al in besit geneem het deur u band met My en die regstreekse toestroming van My krag wat van die geestelike ryk uitgaan. U is dus maar net die tussenpersone tussen My en die mense wat nog nie die weg na My gevind het nie. En van u bedien Ek My, omdat Ek nie regstreeks tot die mense kan spreek nie, wat hulle My deur hulle geestestoestand belet. Maar Ek het al My skepsele lief en wil daarom ook My barmhartigheidsgawes vir die ander laat toestroom, wat nou ook gebeur.
Die stroom van My Liefde vloei onophoudelik na die aarde en wat sigself wel daartoe leen om die mense uit die donker van die nag weg te voer na die lig van die dag. En wie My daarmee behulpsaam is, wil Ek ook waarlik seën en hom alle beskerming en hulp ten deel laat val. Want die eindtyd vereis ononderbroke arbeid vir My en My ryk, die eindtyd vereis daadkragtige arbeid, teen die werksaamheid van My teenstander wat eweso trag om die duisternis te vergroot en juis in die laaste tyd baie onheil en verwarring aanrig, wat slegs deur die suiwere waarheid verhinder en bestry kan word. My mag is wel groter as syne, maar die vrye wil van die mens beslis, en dit moet daarom ook deur die waarheid korrek gerig word. Die mense wat dit ernstig begeer, moet tot die lig kom. En die lig sal u wat vrywillig vir My werksaam is, aan hulle moet besorg.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205