Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

BELOFTE OM TEEN VERWARRING EN VYANDIGHEID BESKERM TE WORD
B.D.8434 - 9 Maart 1963
Wie homself tot die taak gestel het om in die eindtyd verlossend werksaam te wees, sal van die kant van My teenstander steeds weer probleme kan verwag, omdat hy homself met alle middele daarteen verset dat die mensdom lig gebring word in die donkerste nag wat oor die aarde verspreid lê. Dit sal daarom ook buitengewoon moeilik wees om die suiwer waarheid, My woord wat uit die hoogte na u mense gestraal word, te verbrei, omdat dit van alle kante verhinder sal word, want die mense weet nie hoe ver hulle al `n prooi van My teenstander is nie, wanneer hulle die woord afwys en hulleself verset teen die verbreiding daarvan. Maar dit is `n ernstige verskynsel in die eindtyd waarin die metodes van My teenstander onthul sal word en hy self alle middele aanwend om dit te verhinder. En hoe verder die tyd voortgaan, des te duideliker sal hierdie stryd van die duisternis teen die lig ook sigbaar word en daar sal `n verwarring van die menslike denke te sien wees, wat waarlik as geestelike chaos te beskou is: Want ook die welwillende mense sal dit moeilik vind om die korrekte beslissing te neem.
Maar die straal wat na onder op hulle neerkom, het die helderste ligkrag en hy sal die harte van diegene weldadig aanraak wat maar net verlang na die waarheid, na regverdige denke, na die Woord van God, na die ware spys vir hulle siele; en hulle sal hulself nie om die bos laat lei nie, hoeseer My teenstander ook probeer om u storm te loop teen die muur van u geloof. Want Ek Self is met diegene wat My in volledige bewussyn dien en wat My laaste dissipels genoem kan word, wat Ek weer Self onderrig en hulle die opdrag gee om uit te gaan in die wêreld, dit wil sê, My woord te verbrei wat Ek Self na die aarde sal lei, omdat die mense die waarheid absoluut nodig het. En hulle kan ook seker wees van My beskerming en My leiding.
Ek sal steeds alles so op hulle laat afkom soos dit dienstig is vir hulle taak wat hulle moet vervul en ook kan vervul met My hulp. En aan hulle innerlike vrede sal hulle self kan vasstel dat Ek met hulle is, want Ek gee dit aan almal wat My Wil vervul, sodat u daaruit ook sal kan sien of u doen en late geseënd is, of dit volgens My Wil is. Want Ek het u My vrede beloof sodat u My en My aanwesigheid sal herken, want waar Ek Self is, daar moet ook My vrede u vervul en daar is ook die moontlikheid gegee om die suiwere waarheid na die aarde te stuur wat eweneens My aanwesigheid aantoon. Wat nou daar op u afkom, neem dit dan aan soos dit deur My gewil of toegelaat is. Slaan so ook steeds ag op u innerlike gevoelens en u sal die ware aanneem en al die verkeerde afwys, hoewel My teenstander homself teenoor u op die voorgrond sal probeer plaas.
Van My beskerming sal u steeds seker kan wees en dit bestaan vernaamlik hierin dat Ek u denke korrek rig, dat Ek u beskerm teen alle verwarring wat My teenstander in u wil aanrig. Wie My dien, kan homself ook beskerm met die wete dat die teenstander hom nie veel kan aandoen nie, maar hy sal steeds weer probeer binnedring om die suiwer waarheid te ondergrawe. Die sterk geloof in My en My Liefde is vir u egter die grootste selfbeskerming, want Ek sal so `n geloof waarlik nie tot skande laat maak nie en u sal onbesorg kan opkom vir die geestelike goed wat u sal ontvang en dit verder as die suiwerste waarheid deurgee. Geen teenwerping sal u aan die wankel bring in die geloof nie en dan is u vir My ook die ware dienare deur wie Ek Self werksaam kan wees in die laaste tyd voor die einde.
Die stryd teen die duisternis sal nie makliker word nie, die vors van die duisternis sal steeds meer verwarring stig, hy sal u vyandig bejeën en daar sal valse Christusse en profete opstaan wat teen u ten stryde sal trek. U sal rekening moet hou met openlike aanvalle en vervolgings, maar u sal My beskerming nie hoef te ontbeer nie, want Ek weet tog hoe noodsaaklik u arbeid is vir My en My Ryk en wie daartoe geskik is: U sal slegs u ganse wil aan My moet skenk, die arbeid in My wingerd moet vir u die belangrikste en noodsaaklikste wees en al die ander moet na die tweede plek geskuif word. En u sal ook alles, waardeur u gehinder sal word om nog die wêreld te dien, as My Wil moet beskou.
Ek weet welke middele Ek moet aanwend om u heeltemal vir My te wen en daarom sonder Ek u en die geestelike werksaamheid af van die wêreld, terwyl u van My My Woord ontvang, weg van die wêreld, omdat elke wêreldse gedagte `n hindernis kan wees en omdat daar nie veel tyd meer is tot aan die einde nie en Ek in hierdie tyd nog baie mense `n ware insig sou wil verskaf. So, vrees nie My teenstander en sy metodes nie, want die sorg van My Liefde sal u wat My uit vrye wil sal dien, wat as My laaste dissipels bereid is om die evangelie (van die liefde) te verbrei, My Liefde ondervind tot aan die einde toe. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205