Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

WAARSKUWING OM GOD SE WOORD NIE TE VERANDER NIE
B.D. 9030 - 17 en 23 Augustus 1965
Dat u uself tog steeds weer aanstoot neem aan die vorm, soos wat My Woord uit die hoogte tot u kom. Dit is so eenvoudig om uit te lê, omdat Ek My van die begripsvermoë van `n mens bedien, maar dit nie met algemene ontwikkeling mag verwissel nie, want Ek vind maar selde `n mens vir wie dit moontlik is om My Woord in diktaat op te neem, omdat `n bekwaamheid daarby hoort, om `n gedagte wat hom tref, bliksemsnel vas te gryp en dit dan as diktaat op te skrywe, wat egter nie te verwissel is met eie, in die verstand gebore, gedagtes nie. Dit sou tot die verkeerde aanname kan lei, dat dit eie gedagtes sou wees, wat die mens nou as geestelik ontvang, en poog om dit so voor te stel. Die verstand van die mens werk dan nie, hy hoor slegs innerlik wat die Gees uit God tot hom spreek.
Nooit sal dit wat u as My Woord ontvang, onbegryplik vir u wees wanneer u dit met die nodige opmerksaamheid, waarvoor begrip vereis word, lees nie. En `n wysiging is in soverre misplaas omdat u mense ook voortdurend van uitdrukking verander, dus moet My Woord so gehandhaaf bly soos dit ontvang is. Want die inhoud getuig van die goddelike oorsprong en volgens sy opnemingsvermoë behoort dit nou tot die ontvanger van My Woord, ook wanneer dit deur `n liggees na die aarde gestraal word, want hy kan nie anders as om My Woord uit te straal nie. Die diktaat kom des te helderder tot stand, namate die mens die verbinding met My inniger tot stand bring, maar hy sal nooit foute maak nie, want waar `n fout deur steurings binnesluip, sal die ontvanger ook spoedig daarop gewys word, sodat hy dit self kan regstel.
(23 Augustus 1965) Want die gevaar lê juis daarin, dat My Woord baie maklik aan sulke veranderinge blootgestel sal word, omdat die mense dit na gelang van hulle "graad van ontwikkeling" `n vorm wil gee wat ewenwel absoluut misplaas is, want Ek weet hoe Ek elke mens kan aanspreek om deur hom begryp te word. En die sin van My spraak is steeds te begrype, as daar deur die liefde slegs `n sekere graad van rypheid bereik is, wat egter nie deur so `n verstandelike formulering te vervang is nie. En op so iets sal u steeds bedag moet wees, dat met die oog op die naderende einde, u mense My woord waarlik op so `n wyse aanbied dat hulle dit sonder twyfel sal kan aanneem as waarheid, omdat Ek weet dat slegs die waarheid vir u mense redding beteken en dat Ek alles doen om u die Waarheid te laat toekom, maar u ook steeds daarteen sal waarsku, om nie self veranderinge aan te bring nie, ook wanneer dit met die beste bedoelinge gebeur.
Amen
(Hierdie boodskap ontvang Bertha Dudde enkele weke voor haar sterfdag op 18 Sept, 1965. Haar missie was vervul en sy kon terugkeer na die geestelike ryk.)

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205