Boek 18 - Stryd met die swaard van die mond
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

STRYD MET DIE SWAARD VAN DIE MOND
B.D.7459 - 19 November 1959
Ek het u My hulp belowe wanneer u sal moet stry met die swaard van die mond, want Ek het gesê: "Maak u geen sorge oor wat u sal spreek nie, Ek sal u die woorde in die mond lê", dit wil sê, My Gees in u sal deur u spreek wanneer die tyd gekom het. En dit sal kom, want u sal u moet verantwoord, sodra u uself vir My inspan, sodra u stry vir My en My ryk, sodra u My Naam in die openbaar sal bely.
Dan sal mense rekenskap van u vra en verantwoording van u verlang en u sal dit sonder aarseling kan gee en sonder aarseling, want My Gees sal u aanspoor en u met krag vervul om My en My Naam openlik te bely teenoor iedereen. Dit sal vir u nie moeilik wees om te praat nie, want Ek sal vir u die woorde in die mond lê en dit sal sukses hê, dit sal `n uitwerking hê soos van `n swaard wat in `n eerlike stryd gebruik word en hierdie geveg van u sal ook seëvierend wees, want mense sal nie in staat wees om iets teen u in te bring nie, omdat u hulle sal verslaan met die woorde wat Ek u laat uitspreek deur u gees.
En dit sal noodsaaklik wees in die komende geloofstryd, waarin die teenstander sal probeer om elke geloof aan My in Jesus Christus uit te roei, waarin hy sal trag om alles as onsinnig of legendaries voor te stel, om die swak geloof van diegene te ontneem wat deur sy spraak baie maklik die onderspit sou delf wanneer hulle u nie as bemoediging sou hê, wanneer hulle u nie sou hoor praat en hulself verbaas oor die spraak self en die uitwerking daarvan. En dit sal hulle swak geloof versterk, wanneer hulle sal insien dat u die teenstanders met u woorde verslaan en hulle nie in staat is om iets teen u in te bring nie. Maar die Gees in u moet kan werk, Wat u spreek moet krag laat inslaan, wat u duidelik sal versterk en u dan as oorwinnaar uit die woordestryd sal laat kom. En slegs `n gedagte aan My is al voldoende dat Ek u graag sou wil ondersteun, sodat u gees aktief word en u kan help, terwyl u slegs te swak sou wees, want die verstand oordonder nie hierdie teenstanders nie. My werksaamheid deur die Gees moet toegelaat word, sodat die teenstander oorwin word en hierdie Gees uit My in u sal u waarlik versoek om te spreek, dat u uself uitgee as ywerige verdedigers van My Naam en deur die teenstander nie oortuig sal kan word dat hy die reg aan sy kant het nie.
En dit sal gebeur terwille van die baie swak gelowiges wat sterk steunpilare nodig het, waaraan hulle hulleself kan vasklamp om self sterker te word en weerstand te bied wanneer dit swaar met hulle gaan. Daarom, vrees nie die komende geloofstryd nie, vertrou veeleer op My ondersteuning, wanneer u ter verantwoording geroep sal word vir u aktiwiteite, vir u arbeid in My wingerd. En Ek sal u waarlik bystaan en u "die woorde in die mond lê" soos Ek dit aan u beloof het. Want daar moet nog sware arbeid verrig word en Ek het u almal daarvoor nodig dat u My sal wil dien. Ek het u nodig, maar Ek gee u ook die nodige krag en My bystand daarvoor, sodat u nooit sonder My beskerming en hulp aan My teenstander oorgelewer is nie, inteendeel, u sal kan oorwin in elke redetwis wat nog terwille van My Ryk gevoer sal word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205