Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 318

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

307. Hoe die hemel verenig is met die mens deur middel van die Woord sal ek illustreer deur middel van `n uittreksel daaruit. “Die Nuwe Jerusalem” word beskrywe in die Apokalips in hierdie woorde: “En ek het `n nuwe hemel en `n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verby gegaan; en die see was daar nie meer nie. En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos `n bruid wat vir haar man versier is. En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was so groot soos sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend- vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk. En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-en-veertig el, volgens `n mens se maat, wat die maat van `n engel is. Die boustof van die muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas. En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.” (Openb. 21:1, 2, !6-19, 21). Wanneer `n mens hierdie woorde lees, verstaan hy dit bloot in ooreenstemming met die natuurlike sin van die letter, naamlik, dat die sigbare hemel met die aarde sal vergaan, en `n nuwe hemel sal ontstaan, en op die nuwe aarde sal die heilige stad Jerusalem neerdaal, met al sy dimensies soos dit hier beskryf is. Maar die engele wat by die mens is, verstaan dit op `n heel ander manier, dit is, alles wat die mens in die natuurlike verstaan, verstaan hulle geestelik. [2] Deur “die nuwe Jerusalem en die nuwe aarde” verstaan hulle `n nuwe kerk, deur “die stad Jerusalem wat neerdaal van God uit die hemel” verstaan hulle sy hemelse doktrine wat openbaar gemaak word deur die Meester, deur sy “lengte, breedte, en hoogte, wat gelykvormig is” en “twaalf duisend myl” verstaan hulle al die goeie en waarhede van daardie doktrine in die hele kompleksiteit; deur sy “muur” verstaan hulle die waarhede wat dit beskerm; deur “die meet van die muur, `n honderd-vier-en-veertig el, wat die mate van `n mens is, dit is, van `n engel” verstaan hulle al daardie beskermende waarhede in die hele kompleksiteit en sy karakter; by die “twaalf poorte, wat van pêrels was,” verstaan hulle die inleidende waarhede, “pêrels” dui op sulke waarhede; onder die “fondasies van die muur, wat van kosbare edelgesteente was” verstaan hulle die kennis waarop die doktrine gevestig was; by die “goud soos suiwer glas” waarvan die stad en sy strate gemaak was, verstaan hulle die goeie van die liefde wat die doktrine en sy waarhede deursigtig maak. Dit is hoe die engele al hierdie dinge ontvang, en dus nie soos die mens dit vertolk nie. Die natuurlike idees van die mens gaan nou oor in geestelike idees met die engele sonder dat hulle enigiets weet van die sin van die letter van die Woord, dit is, aangaande `n ”nuwe hemel en `n nuwe aarde” `n “nuwe stad Jerusalem” sy “muur, die “fondasies van die muur, en sy dimensies”. En tog maak die gedagtes van die engele dit een met die gedagtes van die mens, omdat dit korrespondeer, hulle maak een ongeveer dieselfde as wat die woorde van `n spreker dit een maak met die intelligensie van hulle, deur `n hoorder wat slegs by die mening bly en nie by die woorde nie. Al hierdie dinge wys hoe die hemel saamgevoeg is met die mens deur middel van die Woord. [3] Kom ons neem `n ander voorbeeld uit die Woord. ”In dié dag sal daar `n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met die Assiriërs JHWH dien. In dié dag sal Israel die derde deel wees naas Egipte en Assirië, `n seën in die midde van die aarde, omdat JHWH van die leërskare hom geseën het, met die woorde: geseënd is My volk Egipte en My maaksel Assirië en My erfdeel Israel.” (Jesaja 19: 23-25). Wat die mens dink wanneer hy hierdie woorde lees, en wat die engele dink, kan gesien word in die sin van die letter van die Woord en van sy interne sin. Die mens dink uit die sin van die letter dat die Egiptenare en die Assiriërs sal bekeer word tot JHWH en aanvaar word, en dan een word met die Israelitiese nasie; maar engele in ooreenstemming met die interne sin dink aan die mens in die geestelike kerk wat hier beskryf word in daardie sin, wie se geestelike die “Israel” is, en wie se natuurlike die “Egiptenare” is, en wie se rasionaal in die middel is, naamlik die “Assiriërs” 307.1 Nietemin, hierdie twee sinne is een omdat hulle korrespondeer; en daarom, wanneer die engele dus geestelik dink en die mens natuurlik, is hulle saamgevoeg ongeveer soos die liggaam en die siel is, in der waarheid, die interne sin van die woord is sy siel en die sin van die letter is die liggaam. So is die Woord regdeur. Dit wys dat dit `n medium is van die verbinding of samesmelting van die hemel met die mens, en dat sy letterlike sin dien as basis en fondasie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205