Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 430

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

417. Weereens, hoe enorm die hemel van die Meester is kan hieruit gesien word, dat al die planete wat sigbaar is vir die oog in ons sonnestelsel, is aardes, en meer nog, dat in die hele uitspansel is daar ontelbare aardes, almal van hulle vol inwoners. Hierdie was in besonderhede behandel in `n kort werkie oor daardie aardes waaruit ek die volgende sal aanhaal: (The Earths in the Universe) Dit word ten volle geweet in die ander lewe dat daar baie aardes is wat bewoon word deur mense waarvandaan geeste en engele kom, want almal daar wat begeer uit die liefde vir die waarheid en vir diens, word toegelaat om met engele van ander aardes te praat, en word so verseker dat daar `n meervoudigheid van wêrelde is, en leer so dat die menslike ras nie net van een aarde af is nie, maar vanaf ontelbare aardes. Ek het dikwels met geeste van ons aarde hieroor gesels, en was vertel dat enige intelligente persoon behoort te weet deur baie dinge dat daar baie aardes is wat bewoon word deur mense, want dit kan met redelikheid afgelei word dat enorme liggame soos die planete, sommiges wat hierdie aarde oortref in grootte, is nie leë massas wat bloot geskep is om deur die ruimte te sweef en om die son te draai nie, en om te skyn met hulle swakkerige lig net vir die voordeel van `n enkele aarde nie, maar moet `n meer belangrike rede hê. Hy wat glo, soos wat elkeen moet glo, dat die Goddelike die uitspansel geskep het vir geen ander rede dat die menslike ras moet bestaan nie, en die hemele daar vandaan af kom, want die menslike ras is die “kweekskool” van die hemel, hy moet ook glo dat waar daar ookal `n aarde is, daar is die mens. Dat die planete wat sigbaar is vir die oog omdat hulle binne die grense van ons sonnestelsel is, aardes is, en is duidelik dat hulle liggame van aardse materie is, wat bekend is deur hulle reflektering van die son se lig, en wanneer hulle deur `n teleskoop bekyk word, kom hulle nie voor soos sterre, wat glinster soos vlamme nie, maar hulle kom voor soos aardes wat varieer met donkerder gedeeltes, ook dat hulle verby gaan soos ons aarde rondom die son en volg die pad van die diereriem, en maak dus jare en seisoene van die jaar, lente, somer, herfs en winter, wat ook draai op hulle eie aste soos ons aarde wat die dae en tye van die dae maak, oggend, middag, aand en nag, ook dat sommige van hulle mane het, wat genoem word satteliete, wat rondom hulle aarde wentel met vasgestelde tye, soos die maan doen rondom ons aarde. Terwyl die planeet Saturnus, met `n groter afstand van die son, het ook `n groot liggewende belt wat baie lig afgee, alhoewel uitgestraal, na die aarde. Hy wat al hierdie dinge weet en rasioneel dink, kan hy ooit sê dat die planete leë liggame is? Meer nog, ek het aan die geeste gesê die mens mag glo dat daar meer aardes is in die uitspansel as een, van die feit dat die sterre hemel is so yslik groot, en die sterre ontelbaar, en elkeen in sy plek, of in sy sisteem `n son, alhoewel in `n verskillende groottes. Enigeen wat hierdie onderwerp behoorlik oorweeg moet tot die slotsom kom dat so `n enorme geheel moet `n doel tot `n einde wees, en dit is die finale einde van die skepping, en die einde is `n hemelse koninkryk waarin die Goddelike mag woon met die engele en die mens. Want die sigbare uitspansel of die hemel verlig deur ontelbare sterre, wat soveel sonne is, is eenvoudig `n metode vir die bestaan van aardes met mense daarop waaruit die hemelse koninkryk ontstaan het. Van al hierdie sal die rasionele mens tot die slotsom kom dat so `n groot doel met so `n groot uiteinde, kon nie voorsien gewees het net vir die menslike geslag op `n enkele aarde nie. Wat sal dit wees van `n Goddelike wat oneindig is, waar duisende van miljoene, ja, selfs ontelbare van aardes, iets sal wees wat skaars bestaan? Daar is geeste wie se enigste strewe is, die bekom van kennis, omdat hulle vreugde slegs deur dit verhoog word, en vir hierdie rede word hulle toegelaat om rond te wandel, selfs om uit die sonnestelsel te gaan in `n ander een, om sodoende kennis op te doen. Hierdie geeste, wat van die planeet Mercurius is, het my vertel dat daar aardes is met mense op, nie net in hierdie sonnestelsel nie, maar ook oorkant dit in die ster belaaide hemel in ontelbare hoeveelhede. Dit was bereken dat met `n miljoen aardes in die uitspansel, en op elke aarde drie-honderd-miljoen mense, en twee-honderd generasies in ses duisend jaar, en `n spasie van drie kubieke meter toegelaat vir elke mens of gees, sal die totale syfer van so baie mense of geeste nie eers die spasie van hierdie aarde vul nie, en skaars meer as die spasie van een van die satteliete bokant een van die planete - `n spasie in die uitspansel so klein dat dit amper onsigbaar is, siende dat `n satteliet skaars gesien kan word met die naakte oog. Wat is dit vir die Skepper van die uitspansel, vir wie dit nie genoeg sal wees as die gehele uitspansel opgevul sal wees, siende dat Hy oneindig is? Ek het met engele hieroor gepraat, en hulle sê dat hulle dieselfde idee het van die min mense, of menslike geslag, vergelykend met die oneindigheid van die Skepper, alhoewel hulle gedagtes in die staat is waarin hulle verkeer, en nie van ruimte nie, en dat in hulle denke, aardes wat baie miljardes tel, of dan ook ontelbaar, wat moontlik bedink kan word, sal nog steeds totaal niks wees vir die Meester nie. Die aardes in die universele, met hulle inwoners, en die geeste en engele van hulle, word behandel in die werkie wat hierbo genoem was. Wat daar vertel word, was aan my geopenbaar en gewys met die bedoelling dat dit bekend moet wees dat die hemel van die Meester enorm is, en dat dit alles van die menslike ras is, ook dat ons Meester oral oor erken word as die God van hemel en aarde.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205