Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 476

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

462. [a] En tog is daar `n groot verskil tussen die mens se geestelike wêreld en sy lewe in die natuurlike wêreld, ten opsigte van beide sy uiterlike sintuie en hulle emosies en sy innerlike sintuie en hulle emosies. Hulle wat in die hemel is, het meer voortreflike sintuie, dit is, `n skerper sig en gehoor, en dink ook meer wys as toe hulle in die wêreld was, want hulle sien in die lig van die hemel, wat die lig van die wêreld met baie grade ‘ten bowe gaan’ (sien bo, n. 126), en hulle hoor deur middel van `n geestelike atmosfeer, wat weereens die aardse atmosfeer met baie grade ten bowe gaan (n.235). Die verskil ten opsigte van die uiterlike sintuie is soos die verskil tussen helder sonskyn en donker wolkbanke in die wêreld, of tussen middaglig en aandskaduwee. Siende dat die lig van die hemel, want dit is Goddelike waarheid, stel die oë van die engele in staat om die mees kleinste mikroskopiese dinge te onderskei en waar te neem. [2] Bowendien, hulle uiterlike sig korrespondeer met hulle innerlike sig of intelligensie, want by engele vloei die een sig binne in die ander om soos een te handel, en dit gee hulle die groot skerpheid van sig. Net so ook hul gehoor wat korrespondeer met hulle gewaarwording wat beide aan die denke en die wil behoort, en gevolglik bemerk hulle die tone en woorde van een wat die fynste en kleinste dinge praat uit sy emosie en gedagtes, in die tone wat behoort aan sy emosie, en die woorde wat behoort of betrekking het op sy gedagtes (sien bo, n. 234-245). Maar die res van die sintuie is minder voortreflik as die sintuie van sig en gehoor, vir die rede dat die sig en gehoor dien hulle intelligensie en wysheid, en die res nie, en as die ander sintuie ook net so voortreflik was, sou dit van die lig en genot van hul wysheid weggeneem het, en sou dit die genot van plesiere wat aan die verskillende begeertes en aan die liggaam behoort, ingelaat het, en so ver as dit die oorhand kry, sal dit die intelligensie verswak en verduister. Dit vind in die wêreld plaas, waar die mens grof en onnosel raak ten opsigte van geestelike waarhede sover as wat hulle hul oorgee aan die sintuig van smaak en aan die verleidelikheid van die sintuig van aanraking. [3] Van wat aleeds gesê en gewys is in die hoofstuk oor die wysheid van die engele van die hemel (n. 265-275), kan dit gesien word dat die innerlike sintuie van die engele van die hemel, wat behoort aan hulle denke en emosie, meer voortreflik en volmaak is as die sintuie wat hulle in die wêreld gehad het. Maar wat betref die staat van hulle wat in die hel is in vergelyking met die staat van hulle wat in die wêreld is, is daar ook `n groot verskil, want so groot as wat die volmaaktheid en voortreflikheid van die uiterlike en innerlike sintuie van die engele in die hemel is, is die onvolmaaktheid van hulle wat in die hel is, gelykvormig net so groot. Maar die status van hulle sal later behandel word. [b] Dat wanneer `n mens hierdie wêreld verlaat, neem hy sy geheue met hom saam was baie kere aan my op baie maniere getoon, en baie van die dinge wat ek gesien en gehoor het is waardig om te noem, sommige waarvan ek in rangorde sal noem. Daar is sommige wat hulle misdade en skurkery ontken wat hulle in die wêreld gepleeg het, en gevolglik, dat hulle nie mag glo dat hulle onskuldig is nie, word al hulle dade openbaar gemaak en hersien vanuit hulle geheue en in volgorde, van hulle vroegste tot die laaste jare, en dit was hoofsaaklik owerspel en hoererye. [2] Daar was sommiges wat ander mislei het met bose kunste en het diefstalle gepleeg. Die misleiding en diefstal was ook opgesom in alle besonderhede, baie wat skaars bekend was aan enige in die wêreld behalwe aan hulself. Hierdie dade het hulle erken omdat dit met elke gedagte, bedoeling, plesier en vrees wat hulle gedagtes op daardie stadium beset het, duidelik na vore gebring is. [3] Daar was ander wat omkoopgeld aanvaar het, en hulle oorgegee het aan omkoopbaarheid, en was soortgelyk ondersoek uit hulle geheue en daaruit alles wat hulle gedoen het van die begin tot die einde. Elke besonderheid met betrekking tot wat en hoeveel hulle ontvang het, sowel as die tyd, en die status van hulle denke en bedoeling, was tot hulle herinnering gebring en helder en visueel duidelik gemaak voor die aanskoue van etlike honderde. Dit was met verskeie van hulle gedoen, en wat wonderlik is, in sommige gevalle was hulle memorandum-boeke, waarin hulle hierdie dinge op rekord geplaas het, oopgemaak en voor hulle bladsy vir bladsy gelees. [4] Ander wat jong meisies verlei het tot skaamte of wat haar kuisheid geskend het was ook tot so `n oordeel geroep, en die besonderhede van hulle misdaad was tevoorskyn gebring vanuit hulle geheue en daar is `n beoordeling daaroor gehou. Dieselfde gesigte van die meisies en vrouens was ook vertoon asof hulle daar teenwoordig was, met die plekke, woorde en bedoelings, en so skielik soos wanneer `n toneel voorgestel word om na te kyk, die uitstallings hou somtyds aan vir ure. [5] Daar was een wat dit ligtelik opgeneem het deur ander te belaster, en ek het sy belastering aangehoor soos dit herhaal word, en sy belasteringe, met die presiese woorde, en die persone waaroor dit, en voor wie dit geuiter is, was daar, alles geproduseer en aangebied tot die werklikheid, alhoewel hy, terwyl hy in die wêreld geleef het, dit alles baie versigtig versteek het. [6] Daar was een wat `n familielid van sy erflating beroof het onder valse voorwendsels en hy was net soos die ander skuldig bevind en gevonnis, en wat wonderlik is, die briewe en papiere wat tussen die twee rondgestuur is, was in my teenwoordigheid gelees, en dit was gesê dat daar nie `n woord vermis was nie. [7] Dieselfde persoon het net voor sy dood ook in die geheim sy buurman vergiftig. Dit was op hierdie manier in die openbaar gebring: Dit het voorgekom asof hy `n sloot tussen sy voete grawe, waaruit `n man tevoorskyn gekom het asof dit uit `n graf is, en het hard na hom uitgeroep: “Wat het jy met my gedoen”? Toe was alles op die lappe gebring, hoe die gif gewer met hom op `n baie vriendelike manier gepraat het, en het die beker na hom uitgehou, ook wat hy voor die tyd gedink het, en wat agterna gebeur het. Terwyl al hierdie dinge openbaar gemaak was, was hy gevonnis om in die hel gewerp te word. [8] In kort, aan elke bose gees word al sy booshede, skurkery, listigheid, rowery en misleidings duidelik gemaak, en dit word voortgebring uit sy eie geheue, en sy skuld word ten volle vasgestel, ook is daar nie die geringste moontlikheid vir `n ontkenning nie, omdat al die omstandighede saam uitgestal word. Bowendien het ek van `n mens se geheue geleer, wanneer dit gesien en geinspekteer word deur engele, dat sy gedagtes vir `n maand was, een dag na die ander, en dit sonder enige foute, die gedagtes word opgeroep net soos wat hulle opgewek word van dag tot dag. [9] Van hierdie voorbeelde kan dit gesien word dat die mens dra met hom saam sy totale geheue, en dat niks in die wêreld so bedek kan word dat dit nie na die dood openbaar gemaak kan word nie, wat dan ook gedoen word in die teenwoordigheid van baie, na aanleiding van die Meester se woorde: “En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lug gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.” (Lukas 12:2,3).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205