Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 477

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

463. Om `n mens na sy dood sy handelinge voor te hou, sal die engele aan wie die amp toegewys is om hom te ondersoek, in sy gesig kyk, en hulle ondersoek brei hulle uit oor die hele liggaam, beginnende by die vingers van elke hand, en sodoende gaan hulle voort deur die geheel. Toe ek hieroor wonder, word die rede vir my gegee, naamlik, dat alle dinge in die denke en wil ingeskryf is op die brein, want hulle begin is daar, so is hulle op dieselfde manier ingeskryf op die hele liggaam, siende dat alle dinge van die denke en wil brei uit van hulle beginpunt in al die ander dinge van die liggaam en daar eindig dit in die uiterstes, en dit is hoekom die dinge wat ingeskryf is op die geheue vanaf die wil en die gevolglike gedagtes is ingeskryf, nie net in die brein nie, maar ook op die hele mens, en daar bestaan dit in die orde in ooreenstemming met die orde van die dele van die liggaam. Dit was dan duidelik gemaak dat die mens as `n geheel so is as wat hy in sy wil en sy denke is, selfs tot die mate dat `n bose mens sy eie boosheid is, en `n goeie mens sy eie goedheid. 463.1 Dit wys wat bedoel word deur die boek van die mens se lewe waarvan gepraat word in die Woord, naamlik, dat alle dinge wat hy gedoen het en alle dinge wat hy gedink het is ingeskryf op die hele mens, en wanneer dit tevoorskyn geroep word uit die geheue verskyn hulle asof dit gelees word uit `n boek, en wanneer die gees ondersoek word in die lig van die hemel, verskyn dit asof in `n beeltenis. By alles hierdie sal ek iets merkwaardigs byvoeg ten opsigte van die voortsetting van die geheue na die dood, waardeur ek die versekering gekry het dat nie net dinge in die algemeen maar ook in die kleinste besonderhede wat die geheue binnegegaan het, daar bly en word nooit vernietig nie. Ek het daar boeke gesien wat geskrifte bevat asof dit in die wêreld was, en was vertel dat dit van die geheue was van hulle wat dit geskryf het, en dat daar nie `n enkele woord vermis word in hulle wat in die boek geskryf was deur dieselfde persoon in die wêreld nie, en dus dat al die kleinste besonderhede van `n mens se geheue getrek kan word, selfs dit wat hy al in die wêreld vergeet het. En die rede was gegee, naamlik, dat die mens het `n eksterne en `n interne geheue, en die eksterne geheue behoort aan die natuurlike mens, en die interne geheue behoort aan die geestelike mens, en dat alles tot in die minste wat die mens bedink het, wat hy gewil, gepraat, gedoen of selfs gehoor en gesien het, is ingeskryf in sy interne of geestelike geheue, 463.2 en wat daar is, word nooit uitgewis nie, siende dat dit ook op die gees ingeskryf is, en op die lede van sy liggaam, soos alreeds gesê hierbo, en dat die gees gevorm is in ooreenstemming met die gedagtes en handelinge van sy wil. Ek weet dit klink soos `n paradoks of teenstrydigheid, en is daarom moeilik om te glo, maar tog is dit waar. Laat geen mens dan glo dat daar enigiets is wat `n mens ooit in homself in die geheim gedink of gedoen het dat dit na die dood verberg kan word, maar laat hom glo dat alle dinge en elke enkele klein dingetjie oopgelê sal word so helder soos die dag.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205