Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 493

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

479. (1) Die mens na die dood is sy eie liefde of sy eie wil. Dit is aan my bewys deur baie ervaringe. Die totale hemel is opgedeel in gemeenskappe in ooreenstemming met die verskille van die goeie en die waarheid, en elke gees wat opgeneem word in die hemel word `n engel, en word na die gemeenskap geneem waar sy liefde is, en wanneer hy daar aankom, is hy as’t ware tuis, en in die huis waar hy gebore is, en die engel neem waar, en word geaffilieer met hulle daar wat soos hyself is. Wanneer hy weggaan na `n ander plek voel hy gedurigdeur `n tipe van weerstand, en `n verlange om terug te keer na sy soort toe, dus na sy heersende liefde. Dit is die affiliasies wat tot stand kom in die hemel, en terselfdertyd net so in die hel, waar almal geaffilieer is in ooreenstemming met die liefdes wat die teenoorgestelde van die hemelse liefdes is.. Dit was hierbo getoon (n. 41-50 en 200-212) dat beide hemel en hel saamgestel is uit gemeenskappe en dat hulle almal onderskei kan word in ooreenstemming met die verskille in liefde. [2] Dat die mens na sy dood sy eie liefde is, kan ook gesien word uit die feit dat wat ookal nie een maak met sy heersende liefde nie, word afgeskei en word dan weggeneem van hom. Alles wat wanklankig of onharmonies is word uit hom afgeskei wat in die goeie is, en weggeneem en word so in sy eie liefde ingelei. Dit is dieselfde met `n bose gees, met die verskil dat van die boosheid word waarhede weggeneem en van die falsheid word die goeie weggeneem, en dit gaan so aan totdat elkeen sy eie liefde geword het. Dit word bewerkstellig wanneer die mens-gees in die derde staat gebring word, wat hierna beskrywe sal word. Wanner dit gedoen is, draai hy sy gesig pal na sy eie liefde toe, en dit het hy ook pal voor sy oë, in watter rigting hy ookal draai (sien bo, n. 123, 124). [3] Alle geeste, op voorwaarde hulle bly in hulle heersende liefde, kan gelei word waar ookal een lus het, en is nie in staat tot weerstand nie, alhoewel hulle duidelik sien dat dit gedoen word, en hoeveel hulle ookal dink om hulle teen te sit. Hulle was dikwels toegeleet om te probeer om iets te doen wat teenstrydig is met hulle heersende liefde, maar alles verniet en sonder sukses. Hulle liefde is soos `n band of soos `n tou wat om hul gedraai is waardeur hulle gelei kan word en waaruit hulle hulself nie kan losmaak nie. Dit is dieselfde van mense in die wêreld wat ook so gelei word deur hulle liefde, of deur ander gelei word deur hulle liefde, maar dit is meer die norm as hulle geeste geword het, omdat hulle nie toegelaat word om enige ander liefde ten toon te stel nie, of om na te maak wat nie hulle eie is nie. [4] Alle interaksie in die ander lewe bewys dat die gees van die mens is sy heersende liefde, want so ver as wat enigeen handel of praat in ooreenstemming met die liefde van `n ander, tot dieselfde mate is die ander duidelik teenwoordig, met volle, vreugdevolle, en lewende aanskyn, maar wanneer iemand praat of handel teenstrydig met `n ander se liefde, tot daardie mate begin die ander een se aangesig verander, om te verdonker en nie te onderskei nie, en later om te verdwyn asof hy nooit daar was nie. Ek het baie keer gewonder hoe dit kan wees, want niks van hierdie soort gebeur in die wêreld nie, maar ek was vertel dat dit dieselfde is met die gees in die mens, wat, wanneer dit homself wegdraai van `n ander, dan hou dit op om in sy sig te wees. [5] `n Ander bewys dat die gees sy heersende liefde is, is dat elke gees gryp en pas alle dinge toe op sy liefde wat daarmee in harmonie is, en verwerp en weier alles wat nie is nie. Elkeen se liefde is soos `n spons of poreuse hout, wat sulke vloeistowwe opsuig wat sy groei promoveer, en verwerp al die ander. Dit is ook soos diere van elke soort wat hulle korrekte voedsel ken en soek die dinge wat saamstem met hulle natuur, en vermy dit wat nie saamstem nie, want elke liefde verlang om gevoed te word op dit wat aan hom behoort, boosheid is lief vir valshede en die goeie is lief vir die waarhede. Ek was somtyds toegelaat om sekere eenvoudige goeie geeste te sien wat verlang om die bose geeste te onderrig in die waarhede en die goeie, maar wanneer die onderrig aan hulle gebied word, vlug hulle weg, en wanneer hulle terugkom by hulle eie, gryp hulle met groot plesier die valshede wat in ooreenstemming met hulle liefde is. Ek het ook goeie geeste gesien wat gesels aangaande waarhede, en die goeies wat teenwoordig was, luister aandagtig na die gesprek, maar die bose wat teenwoordig was, gee glad nie aandag daaraan nie, asof hulle dit nie hoor nie. In die wêreld van die geeste word weë gesien, sommiges lei na die hemel, sommiges na die hel, en elkeen na sommige bepaalde gemeenskappe. Goeie geeste gaan slegs op die weë wat na die hemel lei, en na die gemeenskappe daar wat in die goeie van hulle liefde is, en sien nie die weë wat na ander plekke lei nie, terwyl die bose geeste slegs op die weë gaan wat na die hel lei, en na die gemeenskap daar wat in die bose van hulle liefde is, en sien nie die weë wat na ander plekke lei nie, of as hulle dit sien het hulle geen wens om daarop te gaan nie. In die geestelike wêreld is hierdie weë regte verskynsels, wat korrespondeer met waarhede of valshede, en dit is hoekom hierdie weë so betekenisvol is in die Woord 479.1 Deur hierdie bewyse deur ervaring wat voorheen bevestig is op grond van die rede, word dit nou meer seker gemaak, naamlik, dat elke mens na sy dood sy eie liefde is en sy eie wil. Dit word gesê sy eie wil omdat elkeen se wil sy eie liefde is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205