Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 495

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

481. (III) Die mens wat hemelse en geestelike liefde het, gaan na die hemel, terwyl die mens wat `n liggaamlike of stoflike en wêreldlike liefde het en geen hemelse of geestelike liefde nie, gaan na die hel. Dit is aan my duidelik gemaak van almal wat ek gesien het wat opgeneem was na die hemel of in die hel gestort is. Die lewe van hulle wat in die hemel opgeneem is ontleen dit van `n hemelse en geestelike liefde, terwyl die lewe van hulle wat in die hel gestort is, ontleen is van liggaamlike en wêreldse liefde. Hemelse liefde bestaan daaruit om lief te hê wat goed is, eerlik, en regverdig is, omdat dit goed is, eerlik en regverdig, en om dit te doen uit liefde, en hulle wat so `n liefde het, het `n lewe van goedheid, eerlikheid, en regverdigheid, wat die hemelse lewe is. Hulle wat liefhet dit wat goed is, eerlik en regverdig, ter wille van goedheid, eerlikheid en regverdigheid, en wat dit doen en so lewe, is bokant alles lief vir die Meester, omdat dit van Hom is, hulle het ook die naaste lief, want dit is die naaste wat gelief moet word 481.1 Maar liggaamlike of wêreldse liefde is om die goeie, die eerlike en die regverdigheid lief te hê, nie vir hulle eie saak nie, maar vir die self, omdat `n reputasie, eer en wins gewen kan word. So `n liefde in wat goed is, eerlik en regverdig is, kyk nie na die Meester en die naaste nie, maar na die self en na die wêreld, en vind genot in bedrog, en die goedheid, eerlikheid en regverdigheid wat ontspring uit bedrog is boos, oneerlik, en onregverdig, en dit is wat gelief word deur sulkes in die beoefening van hulle goedheid, eerlikheid en regverdigheid. [2] Soos wat die lewe van elkeen bepaal word deur hierdie verskillende liefdes, word die mens na die dood wanneer hy die wêreld van die geeste binnegaan, hy deur die engele ondersoek om sy kwaliteit uit te vind, en word saamgevoeg by hulle wat in `n soortgelyke liefde is, hulle wat in hemelse liefde is, by hulle wat in die hemel is, en hulle wat in die liggaamlike liefde is, by hulle wat in die hel is, en nadat hulle deur die eerste en tweede staat is, word hulle so geskei sodat hulle nie meer langer mekaar kan sien of ken nie, want elkeen word nou sy eie liefde, beide ten opsigte van sy innerlikes wat behoort by die denke en ten opsigte van die uiterlikes wat behoort by sy gesig, liggaam, en spraak, want elkeen word nou `n ewebeeld van sy eie liefde, selfs in die eksternes. Hulle wat liggaamlike liefdes is, kom grof voor, donkerig, swart en mismaak, terwyl hulle wat hemelse liefdes is kom vars voor, blinkend, mooi en pragtig. Ook in hulle denke en gedagtes is hulle heeltemal anders, hulle wat in die hemelse liefde is, is intelligent, en wys, terwyl hulle wat in liggaamlike liefdes is, is onnosel en asof hulle dwase swape is. [3] Wanneer dit toegestaan is om na die innerlikes en uiterlikes van die denke en emosie te kyk van hulle wat in die hemelse liefde is, vertoon hulle innerlikes soos die lig, en sommiges soos `n vlammende lig, terwyl hulle uiterlikes vertoon in pragtige en verskillende kleure soos die reenboog. Maar die innerlikes van hulle wat in liggaamlike liefdes is kom voor asof dit swart is, omdat dit toegemaak is, en die innerlikes van sommige wat innerlik in boosaardige misleiding is, kom voor soos `n dowwe rokende vuur. Maar hulle uiterlikes kom voor soos `n vuil kleur, en onaangenaam op die oog (die innerlikes en uiterlikes van die denke en rangskikking word sigbaar gemaak deur die Meester in die geestelike wêrel wanneer dit die Meester behaag.) [4] Hulle wat in die liggaamlike liefdes is sien niks in die lig van die hemel nie, vir hulle is die lig van die hemel `n dik duisternis, maar die lig van die hel, wat is soos die lig van brandernde kole, is vir hulle soos helder lig. Bowendien, in die lig van die hemel is hulle innerlike sig so verdonker dat hulle waansinnig begin raak, gevolglik is hulle sku vir daardie lig en verberg hulleself in gate en skeure, meer of min so diep as wat dit in ooreenstemming is met hulle valshede wat verkry is deur al hulle booshede. Aan die ander hand, hulle wat in die hemelse liefde is, hoe meer innerlik en dieper hulle ingaan in die lig van die hemel, sien alle dinge meer duidelik en alle dinge kom meer skitterend en fraai voor, en hulle ervaar waarhede meer intelligent en wyslik. [5] Weereens, dit is onmoontlik vir hulle wat in die liggaamlike liefde is, om te lewe in die hitte van die hemel, want die hitte van die hemel is hemelse liefde, maar hulle kan leef in die hitte van die hel, wat die liefde van woede teenoor mekaar is wat hulle nie goedgesind is nie. Die genot van daardie liefde is die veragting van ander, vyandskap, haat en weerwraak, en wanneer hulle in hierdie genietinge is, is hulle in hulle element, en het geen idee wat dit is om goed te doen aan ander vanuit die goeie, en ter wille van die goeie self nie, en weet net hoe om goed te doen vanuit die bose en ter wille van die bose. [6] Hulle wat in liggaamlike liefde is, is onbekwaam om in die hemel asem te haal. Wanneer enige bose gees in die hemel gebring word, ruk hy sy asem in soos een wat in `n fisiese kompetisie veg, terwyl hulle wat in die hemelse liefde is `n vryer asemhaling het en `n voller lewe hoe meer innerlik hulle in die hemel is. Al hierdie dinge wys dat die hemel met die mens is hemelse en geestelike liefde, omdat op daardie liefde is alle dinge van die hemel ingeskryf, ook die hel in die mens is liggaamlike en wêreldse liefde apart van hemelse en geestelike liefde, omdat op sulke liefdes is alle dinge van die hel ingeskryf. Klaarblyklik dan, hy wie se liefde hemels en geestelik is, gaan die hemel binne, en hy wie se liefde liggaamlik en wêreldlik is, apart van hemelse en geestelike liefde, gaan die hel binne.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205