Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 521

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

506. Almal wat `n goeie lewe gelei het in die wêreld en wat gehandel het uit sy gewete, wat so is dat hy die Goddelike erken het en wat Goddelike waarhede lief gehad het, veral om daardie waarhede toe te gepas het op sy lewe, blyk vir hulleself, wanneer hulle in die staat van hulle innerlikes gelei word, soos een wat van `n slaap wakker geword het in volle waaksaamheid, of een wat uit die duisternis in die lig tree. Hulle dink dan uit die lig van die hemel, dus van `n innerlike wysheid, en hy handel uit die goeie, dus van `n innerlike emosie. Die hemel vloei in hulle denke en emosies met `n innerlike geseëndheid en genot waaroor hulle voorheen geen kennis van gehad het nie, want hulle het kommunikasie met die engele van die hemel. Hulle erken dan die Meester en aanbid hom uit hulle eie lewe, want om in die staat van hulle innerlikes te wees, is hulle in hulle eintlike lewe (soos nou net hierbo gesê, n. 505), en siende dat vryheid behoort aan die innerlike emosie, erken en aanbid hulle die Meester uit hulle eie vryheid. Dus onttrek hulle hul uit die uiterlike heiligheid en kom in die interne heiligheid waarin aanbidding waarlikwaar bestaan. So is die staat van hulle wat `n Christelike lewe gelei het in ooreenstemming met die gebooie in die Woord. [2] Maar die staat van hulle wat `n bose lewe gelei het in die wêreld en wat geen gewete het nie, en gevolglik die Goddelike ontken, is die direkte teenoorgestelde van die vorige. Want elkeen wat `n bose lewe lei, ontken innerlik die Goddelike, hoe hy ookal mag voorgee wanneer hy in sy eksterne denke is en sê dat hy die Meester erken en Hom nie verloën nie, want om die Goddelike te erken en in boosheid te lewe is teenoorgesteldes. Wanneer sulke mense in die ander lewe hulle staat van die innerlikes betree, en hy word gehoor as hy praat, en hulle sien hom handel, dan kom hulle dwaas voor, want uit hulle bose wellus bars hulle uit in allerhande soorte van afskuwelikhede, in veragting van ander, spot en vervloek, haat en sweer weerwraak, hulle beplan intriges, sommige met sluheid en boosaardigheid wat skaars geglo kan word dat dit in enige mens moontlik kan wees. Want hulle is nou in `n staat van vryheid om in harmonie met die denke van hulle wil te werk, siende dat hulle afgesny is van die uiterlike toestande wat hulle beperk en gekontroleer het in die wêreld. In kort, hulle is ontneem van hulle rasionaliteit, omdat hulle rede nie sy setel in hul innerlikes gehad het terwyl hulle in die wêreld was nie, maar dit was in hulle uiterlikes, en tog het hulle hul self beskou as wyser as ander. [3] Dit is dan hul karakter, terwyl hulle in die tweede staat neergelaat word in korter periodes, in hulle uiterlike staat, en in `n herinnering van hulle dade toe hulle nog in die staat van hulle innerlikes was, en sommiges van hulle voel skaam, en erken dat hulle kranksinnig was, sommiges voel nie skaam nie, en sommiges is kwaad omdat hulle nie toegelaat word om permanent in hulle uiterlikes te bly nie. Maar hulle word gewys wat van hulle sou word as hulle in daardie staat sou voortgaan. Naamlik, dat hulle sou probeer om dieselfde bose dade te pleeg, al verkry hulle dit by wyse van geheime metodes, en deur die skyn van goedheid, eerlikheid, en geregtigheid, hulle sou die eenvoudiges van hart en van geloof mislei, en sou hulleself totaal vernietig, want hulle uiterlikes sou uiteindelik brand met dieselfde vuur as hul innerlikes, en hulle hele lewe sou verteer gewees het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205