Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 527

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

512. LIII Die Derde Staat van die Mens na die Dood, wat `n Staat is van Onderrig vir hulle wat die Hemel sal Binnegaan. Die derde staat van die mens na die dood, dit is, die staat van sy gees, is die staat van onderrig. Hierdie staat is vir hulle wat die hemel binnegaan en engele word. Dit is nie vir hulle wat die hel binnegaan nie, want hulle is onbevoeg om geleer te word, en daarom is hulle tweede staat ook hulle derde staat, en stop daarin dat hulle hul ten volle draai na hulle liefde, dus na die helse gemeenskap waarin hulle liefde lê. Wanner dit gedoen is, wil hulle en dink hulle uit daardie liefde en siende dat daardie liefde duiwels is, wil hulle niks anders as dit wat boos en vals is nie, en in sulke denke en wil vind hulle hul genietinge, omdat dit aan hulle liefde behoort, en gevolglik verwerp hulle alles wat goed en waar is wat hulle voorheen aangeneem het as diensbaar vir hulle liefdes as `n metode. [2] Goeie geeste, aan die ander kant, word van die tweede staat gelei in die derde staat, wat die staat van hulle voorbereiding is vir die hemel deur middel van onderrig. Want iemand kan slegs deur vir die hemel voorberei word deur middel van die kennis van die goeie en die waarheid, dit is, slegs deur middel van onderrig, sodat hy kan weet wat die geestelike goeie en waarheid is, en wat boosheid en valsheid is, wat die teenoorgesteldes is, en dit slegs deur dit te leer. `n Mens kan in die lewe leer wat die burgerlike en morele goeie en waarheid is, wat genoem word geregtigheid en eerlikheid, omdat daar burgerlike wette in die wêreld is wat onderrig wat reg en verkeerd is, en daar is interaksie met ander waarby die mens leer om in ooreenstemming te leef met die morele wette, almal wat `n verhouding het met dit wat eerlik en reg is. Maar die geestelike goeie en waarheid leer mens vanuit die hemel, nie van die wêreld nie. Dit kan geleer word uit die Woord en van die doktrine van die kerk wat uit die Woord getrek is, en tog, tensy die mens ten opsigte van sy innerlikes wat aan sy denke behoort, in die hemelse geestelike goeie en waarheid is, kan die hemelse goeie en waarhede nie in sy lewe invloei nie, en die mens is in die hemel wanneer hy beide die Goddelike erken en handel in geregtigheid en eerlikheid vir die rede dat hy so behoort te handel omdat dit `n gebod in die Woord is. Dit is om regverdig en eerlik te lewe ter wille van die Goddelike, en nie ter wille van die eie ek en die wêreld as eindoel nie. [3] Maar niemand kan so handel totdat hy geleer is nie, as voorbeeld, dat daar `n God is, dat daar `n hemel en `n hel is, dat daar `n lewe na die dood is, dat God bokant alles lief gehad moet word, en die naaste soos jouself, en dat dit wat in die Woord geleer word, geglo behoort te word want die Woord is Goddelik. Sonder kennis en erkenning van hierdie dinge is die mens nie in staat om geestelik te dink nie, en as hy geen gedagtes hieroor het nie, dan wil hy dit nie, want wat `n mens nie weet nie, dit dink hy nie, en wat hy nie kan dink nie, dit wil hy nie. So is dit wanneer die mens die dinge wil, dat die hemel in sy lewe invloei, dit is, die Meester deur die hemele, want die Meester vloei in die wil en deur die wil binne in die gedagtes, en deur beide in die lewe, en die hele lewe van die mens is dan daarvandaan. Al hierdie maak dit duidelik dat die geestelike goeie en die waarheid geleer word nie van die wêreld nie, maar van die hemel, en dat iemand voorberei kan word vir die hemel slegs deur middel van instruksie of onderrig. [4] Bowendien, sover as wat die Meester in die lewe van enigiemand vloei, onderrig Hy hom, want so ver steek Hy die wil aan die brand met liefde deur waarhede te ken en verlig die denke om dit te weet, en so ver dit gedoen word is die innerlikes van die mens geopen en die hemel word daar ingeplant, en verder meer, wat Goddelik en hemels is, vloei in die eerlike dinge wat aan die morele lewe behoort en in die geregtelike dinge wat behoort aan die burgerlike lewe in die mens en maak hom geestelik, en daardeur doen die mens dinge uit die Goddelike, wat is om dit te doen ter wille van die Goddelike. Want dinge eerlik en regverdig behoort aan die morele en burgerlike lewe, wat `n mens doen uit daardie bron is die essensieële effekte van die geestelike lewe, en die effekte onttrek sy alles van daardie oorsaak, want soos die oorsaak is, so is die effek.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205