Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 1 ontvang op 22 Julie 2018

"Skryf MY kneg, my kind! Skryf met haas en gehoorsaamheid! EK rig MY Woorde na julle, MY skape! Luister o Huis van Juda! Open jou ore en rig jou hart na jou Herder o Dogter van Sion!

EK het MY Klipwiel in jou opgerig en 'n Ewige Verbond was gesluit. Hierdie Klipwiel het begin draai en jy het begin reis, weg vanaf die besoedeling en terug na MY. Maar, jy o Geliefde in MY, Geliefde Volk van JaHshua, jy moet die Geestelike Groot Trek inspan en uitrys bo die draak! MY Klipwiel moet momentum opbou in jou. EK het van ewigheid af verlang dat julle, o kinders van julle VADER, en EK verlang steeds dat julle jul harte van klip moet uithaal en vir MY offer, in ruil vir 'n hart van Liefde en Waarheid wat met MY Gees berei word. Gee oor aan MY en steun op MY Leiding, al die dae van tye! Die Klipwiel Gelofte aan MY gaan gepaard met uiterlike simboliese fisiese daad, maar, dit bly nie daar nie! MY Gees deurtrek alles en almal en EK IS GEES! Hierdie Gelofte moet elke dag in jou hart, saam jou naaste, gedoen en afgelê word in MY teenwoordigheid. Jy moet elke dag jou hart van klip vir MY gee en toelaat dat EK jou hart berei en jou aarde saam met jou bewerk deur MY Liefdesgees! Hierdie Gelofte is totaal en al ‘n volkome Geestelike saak tussen MY en jou, MY Volk. EK verlang dat jy dit so hou en dat jy altyd 'n geestelike fokus sal hê om MY te vind waar ookal jy gaan.

EK het vir jou 'n Seën gegee MY Volk. Hierdie Seën is vir jou baie kragtig deur MY Gees gegee. MY Dogter, EK bring groot onmeetbare Voeding vir julle en andere van MY knegte en boodskappers. Hierdie Voeding is vir julle siele van uiterste belang in hierdie aand, wat amper diep in die nag vorder. MY Openbarings, Lering en Boodskappe moet uitgedra word na MY kinders wat steeds in die kloue van die draak gekluister is. Versterk mekaar met MY Brood van die Hemele en pas MY Liefde toe in elke gedagte en daad. MY Opdrag aan jou, MY Dogter, jy moet MY Seën graveer en plaas voorop elke boek, bundel, gedig en skryfwerk wat deur MY Verorden en goedgekeur is. MY Brood is suiwer en smaaklik, dit bring nuwe lewe in jou en ontwaak jou siel in MY Waarheid en Liefde. EK wil jou terugkry by MY, by jou VADER se Huis. Gehoorsaam dan MY Gebod uit jou vrye wil: Wees lief vir MY en jou naaste. Soek MY eerste en jy sal Vryheid vind en jou siel sal volkome verenig met MY, jou MAN!

EK die Begin en Einde hiervan spreek: Geseënd is die siel waarin MY Brood nou breek.”

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205