Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 100 - Woord ontvang op 09/06/19

"MY Volk in die Suidland, hier is EK in die Woord en spreek tot julle in MY Ewige Barmhartige LIEFDE. Hoor wat die Ewig Lewende aan julle sê op hierdie uur! EK IS WAT EK IS!

MY Volk het MY verlaat en vergeet. Sy het MY Gawes, Beloftes en Woord van Lewe verwerp en agter die genot en rykdom van MY teenpool aangeloop. EK sal aanhou waarsku en vermaan omdat EK haar liefhet en omdat EK elke siel wil red. Maar hulle stel nie belang in die Ewige Lewe en Waarheid nie, en daarom val hulle vas in dieper materie-toestand en is skadelik vir die welstand van hul siele. Hulle meng met die kring van spotters en lasteraars; daar word omgegaan met gruwelike geselskap wat geensins voor MY Aangesig welgevallig is nie. MY Volk het hoop op 'n valse hoop omdat hulle nie die Ware Hoop ontvang of wil hê vanuit MY nie. Dit sê EK vir julle: alleenlik net deur MY sal julle die Ware Hoop en Krag ontvang as julle dit wil hê. Maar tog, MY volk het MY vergeet. EK het MY kinders bevestig in die land Suid-Afrika lank gelede. Na verloop van tyd het die aardse welstand goed begin gaan, en EK het vir hulle gesorg en 'n oorvloed van gawes en Seëninge gegee. Maar hulle het na 'n baie kort tyd, MY begin vergeet en het prooi geval vir 'n sisteem deurtrek met MY teenpool se gif!

MY GELOFTEVOLK! EK maak dit deur hierdie kneg van MY bekend op hierdie uur dat die gevolge van jou ongehoorsaamheid en liefdeloosheid baie vinnig sal vererger en dat MY Raadsplan bespoedig sal word ter wille van hulle wat MY soek bo alles en wat hulle beste probeer om MY te behaag in opregtheid van hart.

'n Kleine oorblyfsel sal daar wees Suid van die Rivier van Vrolikheid. Dit is hulle wat binne die Geestelike Laer ingetrek het wat EK vir hulle opgerig het. En met dapper perd-gallop sal hulle die Weg aandurf tot hulle ook sal aankom by MY Kraal van Beskerming en Barmhartigheid. Dit sê EK: EK sal julle uitred en lei na daar waar EK julle wil hê vir MY Doel vir die beswil van julle siele en ten uitvoering van MY Plan. MY boere, kom aan boord en reis saam MY! EK gaan julle vooruit!"

Net na hierdie Woord bring JAHSHUA my by die Rivier van Vrolikheid en ek sien trekboere met waens wat in vrolikheid en vreugde trek na 'n sekere plek. JAHSHUA het die rivier se waters gekloof soos hulle moes deurgaan na die anderkant. JAHSHUA neem my toe eweskielik na 'n sekere plek en ek sien dat ek myself saam JAHSHUA binne-in 'n groot Laer bevind en ek vra toe vir JAHSHUA waar ons nou is en watter plek hierdie is. HY sê toe vir my: "MY kneg, jy staan saam MY binne-in die tweede Bloedrivier Laer en dit is hierheen waar MY kinders trek soos EK hulle in hul harte beveel het, diè wat EK uitverkies het volgens die maat van LIEFDE in hulle harte. Net soos in Egipte van ouds sal daar plae kom en ook sal daar dood kom. Daar sal donkerte kom, hongersnood en benoudheid. Maar MY kinders wat ag gegee het op MY Opdragte en Woord sal EK SELF lei en beskerm! Gee gehoor MY Volk en gehoorsaam MY Stem.

 EK IS WAT EK IS,

 Julle Ewige VADER."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205