Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 103 - Woord ontvang op 05/07/19

“MY kneg, daar kom ‘n wonderbare tyd volgens MY Ewige Wil en Woord: ‘n Nuwe Tyd! Soos EK gespreek het so sal EK handel volgens MY Volmaakte Getrouheid. EK was nog altyd getrou aan MY skepsels, waarom sal EK nou ontrou word? Maar MY kinders wantrou MY gereeld en glo nie MY Woorde van Waarheid nie. Daarom dat hulle so louwarm en slapend en lui geword het, want hulle het nie Geloof in MY Leiding en Woord nie. Daarom kom hulle nie tot uitvoering volgens MY Woord en Opdragte nie en dan kom die gevoel by MY kinders op dat hulle lewens geen nut het nie en dat EK nie hulle gebede beantwoord nie. Sonder die Geloof kan julle niks volgens MY Woord uitvoer nie, en indien julle iets ten uitvoer bring sonder MY en julle Geloof in MY, dan word dit gedoen in dwaasheid en wanorde. EK wil ‘n nuwe Tyd vir julle laat aanbreek, maar julle MY kinders gaan moet saamwerk deur ‘n totale oorgawe aan MY Wil in LIEFDE en ‘n brandende WERKSAME WIL! Hierdie vereis dat julle innerlik fyn moet luister en MY Stem moet gehoorsaam ten alle tyd, want EK is Alwys en Almagtig. Julle moet MY toelaat om deur en in julle te kan werk ten beste van julle eie siele en die siele van julle broers en susters.

Die Tyd het nou gekom MY Boerevolk, dat julle in MY Naam, MY Wapenrusting moet opneem en sonder traagheid van hart, en sonder enige vertwyfeling, die geveg moet aanpak teen die valsheid en indringende euwel! Maar dit sê EK: eerstens moet julle binne MY Laer kom en julleself afseël en toelaat dat EK julle suiwer en bekragtig. Dan gaan julle die geveg tegemoet, maar WAG OP MY! As julle bereid is om vir MY te stry en op te staan vir Waarheid en LIEFDE, as EEN, dan hoef julle die geveg net halfpad te voer en EK sal julle dan ten volle met hulp tegemoet gaan die ander halfpad van die geveg; en die Oorwinning sal EK bewerk vir julle. Onthou wat EK gesê het: “Nader tot MY en EK sal tot julle nader!” – dit is die voorwaarde. Dit is MY Woord aan julle: Dat EK julle geensins alleen sal los nie, maar dat EK julle in die fynste aspekte sal help indien julle julle harte altyd opreg na MY keer en opreg sonder selfsug lewe. Onthou MY Gilgal-Laer! Julle weet wat om te doen MY Gilgalboere! Die Tyd is hier om Jerigo se mure te laat val en die stad in te neem! Maar weet dat Sodom en Gomorrah uit julle midde vernietig sal word deur die Vuur en Swael van MY Grimmigheid, want die stede se sondes het weer tot teen aan die Hemele gereik en MY Toorn is vol! MY kinders wat sonde pleeg in dwaasheid en onwetendheid dat dit verkeerd is omdat hulle mislei word, sal EK vergewe en seker maak dat MY Gees te werk gaan om hulle daaruit te red en hulle op die regte Weg te wys. Maar, diegene wat doelbewus MY Kudde mislei en opsetlik die Waarheid verkrag om die leuens en bedrog van MY teenpool te bevorder, vir julle sê EK, EK IS WAT EK IS: EK sal julle voor MY Aangesig verwyder in MY Toorn en ‘n verterende Vuur sal oor julle harte vee! Vir julle het EK gewaarsku deur MY Gees, Knegte, MY Woord en MY Profete! Julle sal weet WIE DIE VOLMAAKTE ONSELFSUGTIGE LIEFDE HOMSELF IS! MY kinders wat vir MY wil leef en wat hulle siele wil reinig vir MY, hulle sal EK red en omvou in MY Arms as die BRUIDEGOM van MY Uitverkore Bruid!

Die LIEFDE is onselfsugtig en oordeel nie vals nie; Die LIEFDE is rein en skoon soos ‘n Duif wat neerdaal vanuit MY Hemele; Sag en teer in deemoed handel die LIEFDE en in Waarheid word gesing die Nuwe Lied wat MY LIEFDE in die harte van MY Bruid sal gee! Edel is die Volk deur MY Hand uitverkies en EK sal Haar red en reinig van die goddelose gruwels van MY teenpool. Wag op MY en volg MY Opdragte na want EK sal onder julle vertoef en doen al klaar. Julle moet MY kan sien omdat EK altyd by julle is, MY Boerevolk. Maak jou los van die wêreld en sy gruwels. Werk daaraan om julle broers en susters lief te hê en MY bo alles; en dan sal EK julle gereed maak om saam met MY, MY Nuwe Tyd binne te gaan!

Wees altyd getrou, eerlik en opreg in alles wat julle dink, sê en doen – EK sal julle lei. Volg MY net. Dit spreek EK, die Enigste Ware Liefde, JAHWEH JAHSHUA julle Verlosser!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205