Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 104 - Woord op 11/12 Julie 2019

Goeie naand Dogter van Sion!

Nadat ek, Daniel, geluister het na oom Dirk se stemboodskap gisteraand het my siel gesmag in alle oorgawe en dors na JAHSHUA se Hart en ek het baie vrae gehad soos “Wat het ons gemis?” en “Het ons dalk U Woord verkeerd ge-interpreteer?” en “Was ons ongehoorsaam?” en “Wat gaan gebeur en hoe gaan ons vorentoe o JAHSHUA?” My siel was bedroef en soekend soos nog nooit vantevore nie. Na ‘n lang besige dag en met erge moegheid en hoofpyn het ek toe gaan stort en ek hoor toe JAHSHUA se lieflike Woorde in my hart:

“Die Liefde gebruik die Krag om MY Berg Sion opwaarts te bestyg na MY en MY Ryk van Vrede en Waarheid, deur middel van die Werksame Geloof in MY Skeppende Wysheid, wat voortkom en terugkeer na die Liefde. Die Liefde neig en streef altyd na bo en nooit na benede. Al hierdie is vanuit die Oorspronklike LIEFDE-LIG.”

“So, is die Laer, waarvan EK gespreek het, voltooi en verseël: MY Ligsirkel van Hemele en Aarde!”

Terwyl ek JAHSHUA se liefdevolle, genesende Woorde in my hart hoor hierbo, toe bring JAHSHUA my terug na my en twee ander broers se ervarings met ‘n boom voor die skooltjie op oom Dirk se plaas. Een broer het gesien aan die noordelike kant van die boom is ‘n sirkel vorm op die bas van die boom sigbaar binne-in ‘n berg vorm: Die Gilgal-Klipwiel-Ark op reis opwaarts in die LIEFDE. Die volgende laatmiddag of skemer toe sien twee broers ‘n weerligstraal slaan in die grond in, Oos van die boom: Die Krag. Die volgende more, nadat my twee broers my hierdie dinge gaan wys het by die boom, het ek gestaan aan die oostekant van die boom toe JAHSHUA my lei na die Suidelike kant. Ek stap toe na die suidelike kant en sien toe 7 strepe in gegraveer in die boombas en my een broer sien toe ook daarna dieselfde sirkel vorm aan die Suidelike kant waar die sirkel bo die Berg is: Die Tyd van Vrede en Waarheid, Die Voleinding - OORWINNING IN JAHSHUA! Ons het toe almal laat roep en hulle gewys op die getrouheid en Waarheid van wat JAHSHUA beloof het. Maar...

 JAHSHUA het toe in MY hart verder begin spreek:

“MY kneg, hoor MY Woorde soos EK dit gisteraand aan jou openbaar het: Die Laer bestaan uit vier dele vir MY Boerevolk: Die Liefde, die Krag, die Waarheid...Vrede, en die Wysheid...Geloof. Dit is die Laer, dit is die GILGAL! Maar, op daardie dag en daarna het julle nie dit ernstig opgeneem om vir MY te vra oor wat die Verborgenheid oor die Weste kan wees nie. Daardie boom het ek as toonbeeld vir MY Boom van die Lewe daar laat groei, en EK het die boom daar laat plaas: Daar waar ‘n nuwe generasie van MY kinders opgevoed sal word volgens MY Waarheid, Beginsels en Waardes vir ‘n lewe wat lei na MY. Om daardie Boom wat ook in die middel van MY Gilgal-Laer is, wat niks anders is as MY LIEFDESLAER van LIG nie, IS DIE LAER opgestel. Maar MY Dogter van Sion, Jy het die Westelike nie in ag geneem nie: Die Wysheid en Geloof in MY, WERKSAME GELOOF! Dit het julle kort gekom en nie as julle volle Wapenrusting aangetrek nie. Na alles wat EK vir julle laat sien, openbaar en deur MY Woorde laat hoor het, het julle nog te kort gekom met julle Werksame Geloof in MY Skeppende Wysheid. So het die Spreuke julle ook geoordeel. Julle is lief vir MY en julle aanvaar MY Liefde; julle bid vir MY vir Krag en dit gee EK vir julle vanuit MY Barmhartigheid; julle het die Waarheid gevind en daarmee saam Vrede in julle harte begin aanvoel; maar, julle Geloof en die aktiwiteit daarvan, tesame met die navolging en gehoorsaamheid aan MY Wysheid – dit het julle nog baie aan te werk. Wanneer julle volgens MY Wysheid handel, spreek en dink en julle Geloof is totaal en al in MY standvastig en werkend in die LIEFDE, dan is die Laer voltooi, afgeseël en bekragtig! Julle moet MY LIEFDE ten volle aanvaar, opneem en uitstraal. Julle moet totaal afhanklik wees van MY Krag wat EK vir julle gee om julle doele vir MY en julle eie siele, en die siele van julle naaste te bereik. Julle moet in Vrede leef tot MY eer en in Waarheid en Gees moet julle jubel in Vrolikheid en hiermee moet julle oorgaan in die volgende stap: Die Werksame Geloof in MY Skeppende Wysheid. Wanneer julle MY gehoorsaam, glo en vertrou met ‘n vurige liefdevolle hart, dan kan julle volgens die leiding van MY Wysheid, SKEP! Julle kan in staat wees om skeppings voort te bring vanuit MY LIEFDE, KRAG, WAARHEID en... WYSHEID! EK doen dit deur julle en julle moet bereid wees om MY in alle oorgawe te vertrou en te glo in MY Woord. Maar julle moet werk maak daarvan en nie slaap of sluimer nie. Julle moet aktief deel word van MY Plan en Beloftes. Daarom het EK julle genoem: “Werkers in MY Wingerd” en nie “Slapers in MY Wingerd nie”. WERKSAAM moet julle, MY kinders en knegte, mekaar help, ondersteun en liefhê om sodoende MY kinders se siele opwaarts te help lei na die top punt van MY Berg Sion! Wanneer julle so begin saamwerk om mekaar te lei na MY en MY alleen, met GELOOF en GEHOORSAAMHEID aan MY WYSHEID, dan sal julle MY RYK VAN VREDE en EWIGE LEWE beërwe. Julle sal aan die Boom van die Lewe se Vrugte eet: Dit is MY Hemelse Manna! DIT IS EK! So is julle dan dus verseël in MY Laer en die OORWINNING sal EK vir julle bring en julle sal EK red MY Boerevolk!”

Na hierdie Woorde, herinner VADER my aan Paardekraal en sê:

“MY Dogter, julle het EK gebring tot by Paardekraal vir MY doel en plan. Julle het groot verwagtings gehad en vooruitsigte. Maar Paardekraal was ‘n leidraad vanaf MY. Paardekraal is die Derde Poort: Die Wind... Die Gees... Die Wysheid... Julle Moeder! Het julle vergeet wat EK vir julle openbaar het in Henog? Henog het Drie Poorte gesien aan die Suide: Vanuit die Eerste het daar Dou gekom, Bloedrivier; vanuit die Tweede het Reën gekom, die Laatreëns van Gilgal; en vanuit die Derde het daar Wind gekom, PAARDEKRAAL! Dit is die finale stap na julle oorwinning in MY: PAARDEKRAAL! Julle moet MY GEES en ASEM VAN MY WIND inneem en die Leiding van MY Wysheid wat spreek vanuit MY HART omdat SY EEN IS MET MY, gehoorsaam in volle Geloof! Julle moet net kyk na MY en MY alleen en geensins na die wêreld en haar verlokkende euwel kyk nie. EK IS GETROU om julle te help tot aan die einde en tot in Ewigheid. EK het MY Dogter afgebring en haar denke, sodat Sy moet weet dat dit NET EK IS wat Haar weer kan suiwer, oprig, herstel en VERNUWE met die BEKRAGTIGING vanuit MY OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE; en dat hulle nie in hulleself roem en hulle self eer dat Sy weer haarself kon oprig nie. Dit is NET EK wat dit vir Jou wil en kan doen omdat EK Volmaak en Almagtig en die LIEFDE-GEES SELF is. Hierdie is julle antwoord oor die gebeure na PAARDEKRAAL.”

“Wees oorwinnaars MY Boerevolk en KYK NA MY binne jou hart en gehoorsaam MY in LIEFDE BO ALLE LIEFDE, en julle sal Ewige Vrede vanuit MY verkry as Skatte en Skeppings van volmaakte LIEFDE."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205