Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 106 - Woord op 25/09/19 - 17H30

“MY kind, hoor die Stem van jou Meester en Skepper. EK IS! MY Bruid, MY Dogter van Sion! Die Berg van MY Apartheid! Hoor die Stem van die LEWENDE VOLMAAKTE LIEFDE. Dit is EK, EK IS WAT EK IS! Hoor MY Volk, aan wie EK MY Wette gegee het en hoor MY skape, want EK, julle Herder sal julle vergader in MY Kraal! En hoor MY dapper vegters, wat ter perd in die Gees oor die velde heengaan van MY Volk – julle sal EK vergader in MY Paardekraal! MY Beloftes is Getrou; EK IS die Volmaakte Getrouheid!

Vir jou, MY Volk van Job, sal EK uitred uit jou benoudhede en nood! Dit is amper VERBY! EK het klaar oorwin en nou gaan EK julle leer en wys hoe julle te werk moet gaan om net soos EK, te oorwin! Begeer en werk daaraan om net so volmaak in die Liefde te word soos julle VADER in die Hemele is! Julle gaan geensins oorwin deur krag of geweld; wapens of bedrog; en nog minder sal julle oorwin deur die vrug van verraad en omkopery! NET deur MY GEES sal julle, OORWIN! EK sal julle, MY Dogter van Sion, binnekort laat vergader by Gilgal en MY Woord, MY Nuwe Waters sal neerdaal vanuit die Sluise van MY Hemel-Vaderhart! Julle moet MY Woord glo en met julle hele harte op MY vertrou! Vrees nie vir die diepe nag wat aanbreek nie! EK sal julle Lig wees en SY, die Trooster Gees, sal julle vertroosting bring soos EK aan julle beloof het.

EK sal MY knegte opwek en MY dienaars heroprig! EK sal tot julle harte spreek en sal julle nooit verlaat nie. Maak julleself vry deur die leiding van Haar wat EK vir julle gestuur het, want SY is vanuit MY. Geseënd is die siel wat haar skatte vergader in MY Hemele en edel is die siel wat op haar Maker vertrou en gehoorsaam vanuit Liefde. Die Orde is versteur in soveel fasette in die lewe van die adamiet, en vandag kan julle die resultate en gevolge daarvan waarneem. MY Skepping is moeg en smeek MY, die Skepper, vir hernuwing! En net soos EK beloof het toe EK gespreek het “EK MAAK ALLES NUUT!”, so sal dit wees! Want ‘n Woord gespreek, is ‘n Skeppingsdaad! Gee alles oor aan MY, EK wat VERLOS, en EK sal julle wys en laat sien hoe EK MY Hand sal uitreik na julle, met Liefde en Krag! Sien MY! Sien MY...

Die tye waarvan MY profete getuig het en geprofeteer het, het aangebreek en ook in die tye van kom. Wees sterk MY Stam van Judah en Benjamin! Jy het EK uitverkies om te suiwer en te louter sodat jy voor MY sal kan staan in skoon wit linne, witter as sneeu sal jy wees! Glansende blou oë sal jy hê deur die harts-skoonheid wat deur jou siel sal uitstraal. Hemelse Goud sal jy as Krans op jou hoof dra! Vir jou sal EK BEKRAGTIG omdat EK die VADER en VERLOSSER IS, EK IS! Begin sien MY Volk, begin sien! En hoor en luister na wat die voëls van die Hemele deesdae te sing het! Hulle loof en prys MY en hulle getuig van die Nuwe Aarde, en die Nuwe Era wat sal aanbreek! EK openbaar aan wie EK wil en wanneer EK wil, want EK is die EL van lewendes! EK IS LEWE! EK gee nuwe Lewe, Ewige LEWE aan hulle wat hulle laat verseël het met MY Olyfolie wat MY Goud bevat, en dit sal hulle wees wat volkome vertrou en glo in MY.

MY Stam van Judah en Benjamin, weet dat die sisteem waarin julle vasgevang is, sal binnekort ten gronde gerig word deur die besoedeldes se eie dwase ongeregtighede! En dit laat EK toe, om julle te bevry! EK, EK, EK is julle VREUGDE! EK IS JULLE VOEDSEL EN WATERS! EK IS JULLE LEWE! Wag op MY en wees stil in julle harte terwyl julle bieg en neem geen notisie van die wêreld wat tans ondergaan in haar eie sondvloed nie! Met stille-jubelende hart, sal julle, MY Wagters, Knegte, Profete en Boodskappers getuig van MY en MY Waarheid. Aan al MY kinders spreek EK en sê vir julle: Niemand is meer belangrik as die volgende nie! Salig is die nederiges en salig is die vredemakers! Salig, salig, salig is die siel wat haar laat omvou met die KRAG VAN MY GEES – en MY LIEFDE... LEEF!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205