Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 109 - Woord op 07/10/19; 10H00

“In hierdie tye van benoudheid wat strek regoor MY Suid-Afrika en regoor die hele Aarde en in elke vasteland, sal MY Naam weerklink in die Wese van MY Liefdesgees wat sal sweef oor die waters van wanorde en sonde. Die Aarde raak weer woes en leeg, soos aan die begin. MY Gees sweef oor die waters en EK aanskou al die woeste vrugtelose skeppings in die menseharte. Hulle aardes is deurtrek met bossies en vrugtelose bome wat besig is om uit te droog. Daar is nie Water nie en die Dou sak nie neer in die vroegoggend van hulle nuwe môres wat EK vir hulle skenk nie. Die Reëns val nie omdat MY Gees, wat die Reëns bring, weggewys word. Die Boer wil saai in die dorre grond van hulle hartslande en die boere wil die grond berei en MY Seën word deur hulle uitgespreek met hulle hartshande binne-in hul grond. Maar die siel van hierdie grond wil nie sien nie en wil nie hoor nie. Die hart wil nie dat die Boer en die boere en die Boeremoeder en die boermeisie in die hartsgrond van hulle siele werk deur die LIEFDE van MY Gees nie. Daar is geen vogtigheid in die lug van hulle hemele en geen voëls wat lof toebring in en tot MY, die LIEFDE nie. Geen visse wemel in die besoedelde oseane, damme en riviere van hul hartstogtelike oortuigings en misleiding nie. Indien daar visse in die waters van julle siele wemel, dan is julle tog vissers van mense nie waar nie? Die saad val op klipharde grond en tussen die rotse en distels. As die siel se grond net gesuiwer, versag en bevrug kan word deur die Voeding en Krag van MY Gees van Wysheid en Waarheid, in EEN! MY Woorde wat die Saad van die Lewe is, val op hierdie grond en die droë winde van dwaling en onstandvastigheid in MY waai MY Saad weg en bereik nooit die Kragkiem opgesluit binne die Skatte van die hart nie. MY Kragkiem gee LEWE en VOEDING sodat MY Saad in julle kan ontkiem en wat dus lei na Liefdes-Skeppings wat ontstaan in die Aarde en Hemele van MY Volksharte. Maar MY Kragkiem, wat MY Gees van Waarheid is, word toegesmoor deur die kieme van verraad, liefdeloosheid, bedrog en geen Erns om MY en MY Woord te oordink en daarvolgens te leef nie.

Daarom, aan hulle wat die dwaling wil hê, aan hulle sal dit gegee word. Maar aan hulle wat MY wil hê en die Soet Reuk van MY Gees in hulle Aarde laat waai sodat hul Aarde verkwik en genees kan word, aan hulle sal EK MY Waarheid gee en ook, MY Verlossing! Hulle wat ag slaan op MY Woorde en dit in alle Erns oordink, en daarvolgens hul lewens aan MY toevertrou, aan hulle behoort die Erfland van MY Verbond! EK IS WAT EK IS, EK IS GETROU! Oordink MY Woorde aan MY Profete van ouds en van die huidige tye en die tye wat kom. Maar word nie mislei deur die valse dwaling van hierdie wêreld nie! MY Woorde word deur MY teenpool en sy meelopers verdraai en nou moet MY Woorde voor hulle besoedelde agendas neerbuig! O julle dwase slangsaad! Dink julle nie verder nie? Dink julle dat julle MY in MY Aangesig kan uitdaag deur om MY Ewige Woorde te verdraai en te besoedel en dit so aan MY Volk op te dis? O hoe sal die koninkryk van Engeland val! MY Hand is teen julle gerig omdat julle MY Woorde van Vermaninge verwerp het deur julle bose mammon agendas! Ook aan julle, Amerika, ook aan julle en julle koninkryk het EK MY Woorde van Waarskuwing gestuur om julle tot ander insigte te bring, maar julle het MY Woorde verloën! Julle dink julle kan die oë van oë wees en die ore van ore! Maar weet, EK SIEN ALLES EN EK HOOR ALLES! EK aanskou julle bedrog en geheime satansagendas om MY volk te flous met verleidelike woorde! Die koninkryke van hierdie Aarde sal tot niet gaan en julle sal teenmekaar opstaan in julle begeertes na mag en krag! Daardeur en daarin sal julle die Hand van MY in werking sien! Hierdie is MY Skepping, en MY Werke!

MY Volk, MY Dogter van Sion, MY Huis van Judah! Luister na die Stem van EK IS WAT EK IS! Oordink MY Woorde en laat Skeppings voortkom deur MY Krag en Leiding in julle. Wees MY Oorwinningsvolk en rys uit soos die Arend bo die misleiding en verraad van die kraai! HOOR! HOOR! HOOR!

MY Wysheid daal neer in die harte van hulle wat Haar begeer. Julle, MY kinders, oordink die Woorde toe EK gespreek het met Moses toe EK aan HOM MY Wet gegee het, toe EK gesê het: “Eer jou vader en eer jou moeder”. Oordink hierdie Woorde MY kinders, jongkinders en tieners wat grootword in hierdie wêreld! Luister na die tug van julle vader en slaan ag op die raadgewing van julle moeder. Toon respek aan hulle wat jou in die wêreld gebring en groot gemaak en versorg het. Net soos op die Aarde, netso ook in die Hemele; netso sorg ONS ook vir julle vanuit ONS Hemele-Koninkryk! Aan die vaders en moeders van MY volk spreek EK, JAHWEH van die Skeppingsleërmag, hierdie Woorde: Tugtig julle kinders en lei hulle in die Weë van MY Liefde en Waarheid, wat vry maak. Onderig hulle in MY Wet van Liefde en leer hulle om nederig, respekvol en leersaam te wees. Julle, vaders en moeders van MY kinders wat EK aan julle toevertrou het, het die Goddelike Plig vanuit MY, om hulle op te pas, te beskerm en hulle op te groei in MY Lering en Weë van Waarheid, Regverdigheid en Geregtigheid. Edel is die man en vrou wat harte aan hande bind, en die kind wat opgroei NET DEUR MY BLOED VERBIND!

Skryf vir MY tot hier MY kneg en EK sal jou laat begin sien, dieper en dieper en wyer en wyer sal EK jou laat sien! EK IS!

JAHSHUA...”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205