Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 112 - Woord ontvang op 14/10/19;

“Weet MY kinders, MY Volksliefling! Weet en besef MY Liefde wat EK, julle VADER en Skepper vir julle het. Neem MY in ag met elke dag se take wat julle aandurf en aanpak. Raadpleeg altyd MY Apartgestelde Liefde en weet dat alles binne die beskerming is van MY Gewyde Wil van Liefde, wanneer julle gehoorsaam is aan MY Liefde se Leiding. EK IS HIERDIE LIEFDE en wanneer julle die Liefde ten uitvoer bring en wanneer julle Liefde tot die Daad oorgaan, dan volbring julle die ware gebed en liefdeswerke tot MY. EK gee geen ag op die gebede van lippe nie. EK is soekend na gebede met harte aan hande gebind! EK wil Skeppings voortbring in julle harte, maar kan dit slegs doen met julle liefdes samewerking en bereidwilligheid om MY alleen te volg met soekende siele. Julle moet MY Woorde in ag neem en dit tot uitvoer bring. Vra MY vir leiding en laat EK julle rig in julle weë, want EK IS altyd met julle. Spreek tot MY en bou ‘n innige sterk verhouding en band met MY sodat julle MY kan leer ken. MY VADERHART smag na verhoudings met elkeen van julle. As julle net julle sorge en bekommernisse voor MY wil kom lê sodat MY Krag in werking kan tree in julle. Laat nie toe dat die storms van jul harte en benoudhede die oorhand kry sodat julle MY nie kan sien op die waters loop nie. Julle moet meesters word oor julle siele en toestande van jul harte, deur om MY te volg oor die waters. Loop net in MY Weë en MY Voetspore. LOOP MET GELOOF EN GEHOORSAAMHEID sê EK, JAHWEH van die Skeppingsleërmag! Neem hierdie Woorde met Erns in ag en herinner julleself hieraan. Julle moet julle siels-slawerny los wat julle van MY Vryheidslewe weerhou wat EK vir julle verberg as Ewige Skat en Beloning. Strewe na MY Geestelike Rykdomme en soek na MY Koninkryk – EK sal julle versorg en julle hoef geen benoudhede te koester nie. EK IS WAT EK IS.”

 

Na ons Wonderbare JAHSHUA met my gepraat het, toe hoor ek ‘n ander stem:

“Daniel, kneg van die Suide, hoor en vrees nie, omdat dit ek is, Gabriel. My MEESTER, onse SKEPPER is so Getrou en Barmhartig, HY IS die LIEFLIKSTE GEUR en die SKERPSTE LIG in die universum en die Eons der Ewighede in die heelalsfeer van sfere. HY is waaragtig Almagtig en die LIEFDE IS SY WESE. Ek kom na jou, kneg van my MEESTER, en ek doen dit omdat HY my gestuur het om aan jou oor te dra hoe SY Volk moet gehoor gee aan SY Stem. Die tye is byna om en gehoor moet gegee word aan die Woorde van SY VADERHART. Ons MEESTER gee in oorvloed en seën met SY onuitputlike Waters en Brood. Ag hoe wonderbaar smaak SY Brood en hoe wonderbaar is SY Tente van Beskutting! Hoe wonderbaar is SY Huis met baie wonings, so fyn en kragtig geskep deur SY wonderbare Mag en Krag. SY Wysheid so sag en getrou! Wie wil Haar nie soek nie en wie wil Haar nie begeer nie? O hoe dwaas het die mensdom geword dat hulle geen ag gee op die Wysheid deurtrekte Woorde van ons MEESTER van Hemele en Aarde nie! SY Woord is getrou en dit is julle vaslegging op die Fondament van SY LIEFDE. Die gemeente is waaragtig in julle harte en dit is waar julle HOM vind. Gee gehoor aan die Lewende Stem van JAHWEH en gee ag op die Wet van SY Liefde. Ek het na jou gekom, kneg van die Suide, en wees gehoorsaam aan die opdragte van ons MEESTER binne die Verborgenhede wat HY jou sal openbaar. Ek is ook met jou en so ook ons ander Ses. Die Goddelike Eienskappe van ons MEESTER is julle vrymaking en verlossing in HOM. Loof en prys ons MEESTER en Heilig, heilig, HOOGSHEILIG IS DIE HOOGSTE EL VAN SKEPPINGS DER SKEPPINGS! Knegte het HY klaar begin opwek vir SY Raadsplanne en doelwitte aan die einde van tye. Gee gehoor aan die Gees van Waarheid en luister na Haar. Ons is saam julle, Dogter van JAHWEH-Sion! Vrede vir jou en vrede vir elkeen wat gehoor gee aan die LIEFDE HOMSELF, want sonder HOM is daar net eieliefde. Sonder HOM kan julle nie die Waarheid vind nie. Alle lof aan die SKEPPER onse BARMHARTIGE EL! Gee gehoor o Israel en luister o Jerusalem! Spits julle ore o Huis van Judah, omdat julle net EEN KONING het wat smag na jul terugkeer!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205