Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 113 ontvang op 18/10/19; 12H00

“Hoe kosbaar is die hart wat luister na MY Woord en MY Woord ten uitvoer bring vanuit die impulse van Lig, Lewe en Liefde. Hierdie Drie Saad wat wortel skiet en groei tot Magtige Bome van MY Volmaaktheid, tot MY as MY Wese, uitgedruk as Lig, Lewe en Liefde. Geseënd is die hart se Grond wat hierdie Drie Bome dra! O hoe edel is die siel wat gehoor gee aan MY Geestelike Klanke van Woorde, Gedagtes en Daad! Geseënd is die oor wat luister na MY Stem van Liefde en MY Liefde as die HOOGSTE GESAG ag! Dit is dan immers EKSELF, die LIEFDE – in, deur, en vanuit die LIEFDE, terugkerend tot die LIEFDE; net soos EK as Wese ook verborge lê in die Gilgal-Klipwiel. Kan julle dit sien? Laat EK dit aan julle openbaar op hierdie dag en neem MY in ag. EK, as die Rooi Middelpunt, die Draaipunt, die As en Middel-Boom, EK is die LIEFDE as Bron, as Oerbron, as Oergrondpool van EWIGE LIEFDE! Vanuit MY gaan uit in alle rigtings, die LIEFDE in alle vorme, volmaakte frekwensies, verskillende kleure, skakerings, klanke, stemtone van MY Stem, Liefdesdade en Verkondiging van MY Evangelie van MY LIEFDE. Regdeur al MY Twaalf Stamme weerklink MY STEM van LIEFDE in alle vorme soos EK dit beskik het volgens die graad en vlak van die siele se rypheid en gereedheid. In alle rigtings, volgens MY Wiel se Speke gaan MY LIEFDE, LIG, en LEWE uit vanuit MY as Middelpunt van die Skeppings der Skeppings en EK as Skepper van Horisonne der Horisonne van Wêrelde der Wêrelde! ALLES kom vanuit MY, alles Goed, Volmaak en Liefdevol! Alles doen EK in die Lig en ook in die Verborge Lig, die Wolkkolom. Soos MY Liefde-Strale uitgaan vanuit MY in alle sieleharte van MY Volkskinders, so bind die Speke saam aan mekaar deur die Samehangende, saambindende Buiteband, die Koepel, MY Gewyde Wil. So vorm MY Gewyde Wil die Wiel en bind al MY kinders saam in die sirkelvormige Apartgesteldheid van MY Aparthede. Daarom sê EK aan julle in MY Seënwoord: “Edel is die Man wat hart aan hande bind...”. So stroom my LIEFDE, LIG en LEWE deur die Speke van MY Volk, regdeur tot deur die Koepel van MY Wil en stroom weer deur verskillende Speke volgens die Windrigtings van MY Gees se Werking, terug na MY. In verskillende Kleure van MY Geeste draai MY Wiel in verskillende Sfere van MY Skepping en op verskillende Vlakke van MY Hemele. EK sit op MY Troon en op die Tafel waar MY Brood ook gebreek word vir julle, is MY Lewende Gilgal teenwoordig voor MY Aangesig. Op MY Tafel, is MY Gilgal-Laer opgestel, die Tafel van MY Hemelse Manna en waar MY Geeste werksaam is tesame met MY Profete en Sieners van ouds, om vir julle in die eindtyd MY Woorde te bring van Liefde, Lig, Lewe! EKSELF is by julle in julle harte, teenwoordig met MY Wapenrusting om julle te bekragtig met die Klanke en Kleure van MY Wil. Luister mooi en fyn na MY en let op MY Gees van Waarheid, wat julle wil Vrymaak vanuit jul slawerny van sonde en benoudhede. Soos die Wiel rol en draai in alle rigtings en so meer en meer Krag en Lig van Waarheid opwek volgens MY Wil, so keer die Stroom van MY Lig, Lewe en Liefde terug na MY, tot die BOOM VAN DIE EWIGE LEWE, wat EK, VADER IS! Vergader die kindertjies o Dogter van Sion, MY kindertjies, by Gilgal en laat hulle sing tot MY, hulle Skepper en Vader. Sing o boere en jubel O Dogter van Sion! Vanuit Sion gaan MY LIEFDESWET en vanuit MY GILGAL-VADERHART, kom MY Woorde en Verborgenhede vir hulle wat smag na MY.

Daar kom ‘n Dag waar GILGAL en PAARDEKRAAL finaal sal verenig op die Dag van BLOEDRIVIER. Dit is MY Doelwitte om julle, MY Boerevolk, te verenig in MY EWIGE HUIS wat opgerig word. Wees nie halfhartig en vol twyfel nie MY volk. Loop nie agter organisasies en bewegings aan wat vrede en verlossing verkondig nie! NET EK DOEN DIT! Daarom, kom na MY! Keer julle harte na MY en julle sal hoor hoe weerklink MY Straal van Lig vanaf die Ooste na die Weste en vanaf die Noorde na die Suide! MY Waarheid, oorwin! GILGAL is die Kraal vir hulle wie op die Perde van Werksame Wil en Krag deur MY Wingerd gallop in die verkondiging van MY Liefde en Waarheid! Dit is hulle wie MY lof en eer getuig!

Maak gelyk! Maak gelyk die Berge en Dale en... VERWAG MY!

Neem hierdie Woorde van MY in ag op hierdie dag.

EK IS WAT EK IS.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205