Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 114 ontvang op 23/10/19; 10H00

“MY kinders, neem hierdie geskenkpakkies vanuit MY Volmaakte Wysheid en Wil, en neem hulle ter harte. Al proe die inhoud daarvan bitter of soet vir julle lewens, neem dit op en loop nog nader aan MY met hierdie pakkie in julle hande. Wat EK, EK IS WAT EK IS, oor julle lewens bring, is altyd ten beste van die verlossing van julle siele uit die kloue van die vleeslike sondes wat hierdie wêreld as god aanbid. Gaan heen deur hierdie lewe met Vrolikheid van hart en weet dat EK bewus is van al julle laste, benoudhede en onsekerhede. Maar besef ook, EK IS DIE JALOERSE EL! EK het julle lief en sal altyd julle uitkoms bring en julle red vanuit julle kwellinge en beproewinge. EK maak julle sterk en EK voed julle op, daarom dat daar partykeer soveel dinge, hetsy goed of sleg, in julle lewens gebeur. Dit is alles toetse om te kyk of julle MY altyd voor oë sal hou en die sagte Stem van Waarheid sal gehoorsaam. Want Sy wil julle net op die Weg van Waarheid lei wat heengaan tot die Goue Ewige Lewe van MY LIEFDE. EK IS hierdie Weg, EK IS die Waarheid en EK IS die Ewige Lewe!

Geseënd is die hart wat Vertrou op haar MAKER en SKEPPER!

Baie dinge sal kom in hierdie tye en baie sal EK laat gebeur volgens MY Raadsplan. In hierdie tye en die tye wat kom, sal julle baie boosheid en aanslagte ervaar en sien. MY kinders, julle sal moet sterk wees IN MY en altyd MY vra vir Krag! EK wil DEEL wees van julle, deur goeie en deur slegte tye. Baie en nog baie meer boosheid sal seëvier veral in die aardse opleidings-skole vir MY jong kinders. MY Volk, MY volk! Het julle vergeet en het julle nie gelees in MY geskrewe Woord dat EK julle gewaarsku het: “MY Volk gaan ten gronde weens gebrek aan Kennis!” Het julle hierdie Woorde ligtelik opgeneem? Wel, EK het julle geweeg en te lig bevind rakende hierdie saak! MY Volk, waarom sluimer julle en waarom sien julle nie wyer en dieper nie? Waarom vra julle nie vir MY Gees van Waarheid en Onderskeiding nie? Waarom word julle so in die vangnette van MY teenpool gevange gehou? Julle luister na valse praatjies en beloftes, terwyl dit aan julle voorgedoen word as waarheid en eg. Julle val daarvoor, omdat julle MY nie het nie en MY nie raadpleeg soos EK vir julle gesê het julle moet doen nie. EK is immers die ALWYSE SKEPPER van ALLES wat was, tans is, en nog oneindighede sal wees! Waarom wil julle MY in die vlees met die vleeslike oog sien en nie met die GEESTELIKE oog wat tot die LEWE lei nie? EK, JAHWEH van die Leërskare sê ook: Nie net weens gebrek aan MY Kennis nie, maar ook ‘n gebrek aan LIEFDE, WAARHEID, WYSHEID en GELOOF veroorsaak dat MY Volk ten gronde gaan. EK het julle, Adamsgeslag, geskape om omhoog bo die Skepping uit te reis soos die arend en bo die grond te bly en te heers! Maar julle laat toe dat die harde grond van die hoersisteem van MY teenpool julle insuig en vaskluister in valse dwalings en bedwelminge! Julle sien, maar julle sien nie! Julle hoor, maar julle hoor nie! Gaan terug na MY Profete van ouds en gaan SIEN en gaan HOOR hoe EK julle op vele maniere probeer waarsku het teen hierdie tye wat aangebreek het! Daar sal baie valse gesalfdes, profete en knegte opstaan wat NIE VANUIT MY HOOGSTE LIGRYKE af kom nie! Hulle opereer deur middel van valse laer-liggees influisteringe wat MY kudde wil mislei. So gaan MY teenpool te werk in hierdie tye, MAAR JULLE SLAAP! (Hier het JAHSHUA baie ernstig begin spreek, en ek sien toe net na hierdie Woorde dat die Aarde begin bewe en skud en al die berge het plat geval en verdwyn. Al die dieptes, skeure en klowe het ook verdwyn. Ek sien toe hoe die hele Aarde ‘n sagte aardoppervlak-substans het en alles is gelyk en die “grond” substans is LEWENDIG en gereed om lewe te skenk. Dit is asof hierdie nuwe aardse “grond”-substans gereed is vir die Opdrag en Instruksies vir die komende Nuwe Skepping.)

So sal EK alles nuut maak soos EK beloof het aan MY kinders en MY opregtes, MY Apartgesteldes in MY! EK IS julle Herder en EK sal julle lei na nuwe Ewiglewende Weivelde waar EK saam julle sal wandel oor die Lande, Oseane en Berge van MY Glansrykheid. Daar is soveel Skeppings en Ryke wat EK vir julle wil wys. Ai hoe verlang MY Hart om julle hierdie dinge te toon en julle deel te maak van die Ewige Skatte en Verborgenhede. As julle net sal besef dat hierdie aardse lewe is net tydelik en nie ewigdurend nie! Daarom dat EK gesê het dat julle eerder Hemelse Skatte by MY moet vergader en nie aardse verganklike dinge nie. Gee vir die arme ‘n glasie water, en EK gee vir jou ‘n Waterval van Ligstralende Waters wat uit MY Traan van Barmhartigheid voortvloei. Want wanneer julle vir die armes water gee, dan is julle immers barmhartig nie waar? Gee vir die honger broer voedsel en ‘n verfrissende versterking, dan gee EK vir julle Ewige uitgestrekte Vrugtelande wat so bevrug en bekragtig is dat as julle ‘n vrug sou plug om van te eet, sal daar, wanneer julle weer omdraai en terugkyk na die tak waar julle die vrug gepluk het, dan sal daar alreeds weer ‘n nuwe vrug hang ter voeding vir ‘n volgende siel. Al hierdie Vrugtebome bevat MY Goddelike Eienskappe en wanneer julle daarvan eet, sal julle die grootste Salighede ervaar en MY Wysheid sal tot julle nader om julle te lei na verdere Skeppings en toestande. Daar is soveel ligsfere wat EK vir julle wil wys! Ai MY kinders, soek tog vir MY en EK sal julle alles wys! MY Hart raak so opgewonde om daaraan te dink, dat EK vir julle soveel as beloning wegbêre as Erfdeel van MY Liefde.

Soek na MY, en vind MY in julle harte! Wees stil en weet dat EK IS WAT EK IS! Leef in Vrolikheid en hou die Laer wat EK julle mee geseën het in stand deur voortdurend tot MY te bid, julle te suiwer en aan julle siele te werk, MY Seënwoord uit hart en siel uit te spreek, en hand aan hart MY Liefde te doen. Neem MY Woorde ter harte wat EK deur soveel van MY knegte al gespreek het en steeds spreek! Besef hoe wonderbaar MY Gawes vir julle is en vertrap dit nie onder julle voete nie. Wanneer julle MY Gawes vertrap, dan vertrap julle MY, want dit kom uit MY. EK is so lief vir julle en EK wil julle net op die Weg van MY Lewe bring sodat julle kan terugkom na julle HUIS VAN LIG, LEWE, LIEFDE, wat EK IS! EK IS julle HUIS en onthou dat julle aan MY Beloof het om ‘n Huis vir MY te bou in hierdie tye? Julle moet die ou gebroke huise van julle harte wat op sand gebou is, afbreek. Dan moet julle na MY toe kom vir MY ewige boumateriaal en begin te bou daarmee. EK sal julle mooi wys hoe om te werk te gaan om ‘n Wonderbare Huis van LIEFDE te bou, ‘n LEWENDE HARTSWONING! Dink net hoe wonderbaar sal julle HUISE dan in die HEMELE wees as julle MY Lering en Instruksies net volg met oorgawe en vrolikheid – vol moed, krag en dapper geloof in MY, DIE EL van JUDAH!

Tot hier MY kneg. Kyk, daar in die Boereland en gaan loop daardeur. EK wil jou iets wys wat vir julle volk tot nou toe nog verborge is, maar EK sal dit vir hulle as beloning gee as hulle MY LIEFDE begin gehoorsaam en MY Woorde in Dade omskep vanuit hulle liefdevolle harte. Maar net diegene wat opregte skoon harte met liefde het, en wat na MY soek, sal in hierdie belonings deelhê. O hoe wonderbaar is die Dag wat EK MY Volk sal red, en hulle sal tot MY sing en bid! Hulle sal op die harp hulle kreatiewe vingers laat streel en vrolik sing tot MY en hulle sal hulle dankoffers van harte bring voor MY. Hoe wonderbaar is MY Plan van Verlossing tot in die kleinste vêrste siel!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205