Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 119 – Woord 2 op 25/10/19; 09H00

“Deur ‘n vrolike gees wat opgewek is word alle siektes verdryf en die glimlag van ‘n dankbare kind verkwik die siel. Die vreugdevolle hart leef lank en gesond, maar die hart wat die kwaad huisves gaan gebuk onder benoudhede. Die voete wat rondsoek vir dade van liefde is gesond en dapper, maar die lui voete wat nie werk nie gaan onder die vaandel van ‘n dooie. Die bene wat te lank slaap in stilte gaan agteruit, maar die bene wat hardloop om MY Naam te vereer is sterk en geseënd! Die ore wat gehoor gee aan Waarheid is voorspoedig in hul funksie, maar die ore wat luister na leuentaal en spottery sal uitdoof. Die oë wat loer op egbreuk en verbastering sal met blindheid geslaan word, maar die oë wat gevestig is op die Apartgestelde LIEFDE van MY, sal EK nog meer laat sien in die Ligrealms van MY Wonings.

Skadelik is die man wat agteraf skinder en leuentaal uitspreek, maar wonderbaar is die hart van ‘n man van integriteit. ‘n Fontein wat suiwer en brak water uitstoot is nie geseënd nie, maar is vermeng met twee meesters, wat nie voor MY welbehaaglik is nie. Edel is die vrou wat opkyk na haar MAKER en ongesond is sy wanneer sy haar kleding bevuil met ongeregtigheid. Voorspoedig is die kind wat luister na wyse raad, maar ‘n smartwekkende kind wat opstandig is veroorsaak teenspoed. Die volk wat opstaan vir MY is geseënd, maar wanneer hulle ‘n ander koning soek buiten MY is hulle oeste min. Geseënd is hulle wat die sportgode van Suid-Afrika die rug toekeer en MY volg, maar jammerlik is dit vir hulle wat verslaaf wil bly aan die genot wat lei na die dood. Edel is die adamiet wat in tye van benoudheid steeds opreg bly en goedgesind is. Die adamiet wat in tye van voorspoed MY nie vergeet nie, sal deur MY nog meer voorspoed ervaar en MY seëninge sal toeneem vir hulle wat MY altyd onthou. Hulle wat MY vergeet in die tydperk van die sewe vet koeie, sal arm wees in die tye van die sewe maer koeie. Maar hulle wat MY altyd onthou het in die goeie tye, sal voor gesorg word in die moeilike tye en hulle sal in die moeilike tye, ‘n tydperk van saligheid beleef wat EK hulle sal skenk.

Daarom, vergeet MY nie en dink altyd aan MY en MY Leringe. Vertrou op MY en wees vrolik, omdat die Lig opgesluit is in Vrolikheid van hart. Dit verdryf alle duisternis en ook die eienskappe van duisternis wat heet, sluimering, wantroue, wanhoop, depressie en siekte. As julle volkome in MY glo en vertrou, dan is daar geen rede om nie VROLIK te wees nie MY volk! Wees dus vrolik in MY en gehoorsaam MY Woorde en MY Wet van Liefde. EK sal julle altyddeur help en bystaan en lei in julle besluite en weë. Gehoorsaam MY Stem wanneer EK tot julle spreek op daardie moment.

MY LIEFDE vir julle MY kinders is onuitblusbaar en dit is MY HELE EWIGBESTAANDE LEWE om julle LIEF te hê!

EK IS SHUA!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205