Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 122 ontvang op 31/10/19; 10H00

“MY kneg, skryf weer en let op MY Stem. Ai EK is so lief vir jou! EK is so lief vir elkeen van MY kinders! En nee, MY LIEFDE vir julle kan nie gemeet of getel word nie omdat MY LIEFDE oneindig is! Hoe wonderbaar is dit vir MY as VADER om julle gebede aan te hoor vanuit julle mooi harte. Hoe heerlik is die reuk van liefdes-seëninge wat julle uitstuur na julle volksgenote! Hoe sag en mooi is dit wanneer julle met LIEFDE julle naaste help en oprig! Julle is oneindig waardevol vir MY en julle mag geensins ooit voel asof julle geen nut het op hierdie Aarde of by MY nie. EK het ‘n wonderbare doel met elkeen van julle, julle moet net op MY let om hierdie doel te ontdek. ‘n Lewe saam met MY is geseënd en seker, maar ‘n lewe sonder MY lei na onsekerhede, ongelukkigheid en skep ‘n leemte in sulke siele. Weet dat ‘n lewe saam met MY, ‘n lewe vol van LIEFDE, Waarheid, Wysheid en Vrolikheid is. Weet dat EK die oorwinning sal gee wanneer julle ‘n welbehaaglike lewe bewandel voor MY Aangesig. Dit is MY beloftes. EK IS WAT EK IS, en EK IS, EK IS SHUA! EK VERLOS!

‘n Lewe gelewe sonder MY lei na die Afgrond en sulke siele word ontbind in ‘n smartlike besef dat sy na haar Ewige MAN moes kyk en luister. ‘n Lewe sonder MY lei na geen ware Vrede en Vreugde nie, al ervaar sulke siele soms wêreldse vrede, maar dit lei na teleurstelling. ‘n Lewe waar EK nie eerste geplaas en geraadpleeg word nie lei na roekelose besluite en dwase denke en handelinge. Dit lei na skade en vervloekinge wat sulke siele self oor hulle bring. Onthou MY Deuteronomium 28 MY kinders. Gaan terug en gaan lees dit weer, omdat dit so belangrik is in die tye wat kom, waar EK SELF hierdie Lewende, Gesproke en Geskrewe Woorde weer sal spreek tot MY volk. Weer sal EK MY volk voor ‘n keuse stel, of MY of MY teenpool. Maar, dit sal EK ook laat geskied deur MY Bruid wat EK sal oprig en wat EEN met MY sal word.

MY teenpool is besig met groot euwelse planne teen MY Dogter van Sion, MY Huis van Israel en MY Huis van Judah! Wanneer julle nie ‘n lewe saam MY bewandel nie, dan sal julle oorval word deur hulle euwelse planne. EK kan julle nie forseer om MY te aanvaar, om na MY te luister of om MY lief te hê nie, maar weereens herinner EK julle aan Deuteronomium 28! Dit is hoe MY Raadsplanne werk: Wanneer julle MY Wet van LIEFDE oortree en die LIEFDE benadeel, dan tree MY Wet van Sonde en Versoening in werking wat ook vanuit MY LIEFDE voortkom. Groot besoedeling, groot moord en groot oorlog kom oor die kors van die Aarde en vanuit die afgrond kom uiterste bose geeste en trawante van MY teenpool om die mensdom te pynig. Edom, Esau, Kain! Julle wat beweer dat julle MY volk is en dat julle die voorstanders is in MY Hemele, wee julle! Die wat eerste wil wees sal laaste wees!

MY volk, julle weet wie julle is! Staan op in MY en val nie vir die dier se agendas, mooi woorde en beloftes nie! Want hierdie dier draai om en verslind julle siele!

Leef in en saam met MY, met MY in julle! Verseël julle met MY LIEFDE en MY VERLOSSING deur om gehoorsaam te wees aan MY Opdragte en Wet. Wees lief vir MY, en Geloof moet julle hê in MY en MY Woorde. Dan sal julle geensins vrees hê vir al die onheil wat die Aarde sal tref nie. EK sal julle veilig bewaar vir MY Doelwitte en julle Vryheid. EK is lief vir julle! MY Dogter van Sion, by wie MY Gilgal-Wawiel opgerig is, wees geseënd op julle wandelinge op die Speke van Waarheid. Wees geseënd in julle uitvoering van MY Woorde en in julle LIEFDE aan MY en julle mede-volksgenote. Mag MY Lig deur julle weergalm en alle vrees en duisternis verdryf in julle volk! Dit IS EK! Net EK, EK IS WAT EK IS, wat hierdie dinge uitvoer en dit is EK wat berei en verlos. Dit is EK wat julle sal beskerm en uitlei na waar EK julle wil hê.

Wees hoopvol en vol Vreugde, want hierdie tye smag na vrolike gesang tot MY! Dit is ook die rede waarom die reëns nie kom nie. Die reëns is die Vrolikheid van Lewe wat neerdaal oor die Aarde en Grond van julle siele. Maar wanneer julle nie tot Vrolikheid in Lewe en Liefde omvorm nie, bly julle grond en aarde ondankbaar en on-ontvanklik vir MY Woorde en Lewe. Daarom het EK gesê, gaan leer uit die natuur en vra MY vir die Verborgenhede. Word weer vrolik en vol Geloof, Hoop en Liefde, dan sal MY Reëns en Laatreëns kom oor die Aarde en ook in julle siele.

Groot is MY Dag, MY Nuwe Dag! Roem in MY, omdat EK julle Elohim is! Die LEWENDE Volmaakte EK IS!

Tot hier MY kneg en onthou dat EK julle elkeen altyd bystaan en vergesel deur die lewe.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205