Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 124 ontvang op 07/11/2019

“Skryf vir MY volk MY kneg. Skryf MY Woorde aan MY volk gerig op hierdie dag, hierdie nuwe dag wat EK vir MY volk geskenk het. Het julle tot nou toe niks van MY Woorde en Waarskuwings gehoor nie? Het julle nie ag geslaan op MY Vermaninge van vele nie? Het julle nie julle ore oopgemaak nie? En aan julle wat gehoor gegee het en steeds teen MY Woorde gedraai het, waarom het julle weer dit gedoen? Ja MY kinders, heelwat van julle het vermoed dat EK hieroor sal spreek en so het MY Gees julle oortuig!

Julle is reg, EK praat van die sport-geld god van julle land, MY land, Suid-Afrika! Hierdie god het julle siele vermoor en steeds verlustig julle julleself met sy offers en aanbiedinge! Maar julle verwerp MY! Wee julle wat steeds en steeds nie luister na julle Skepper op hierdie einde van dae nie! EK IS LIEFDE, maar julle terg MY en laster MY Gees van Waarheid en Lewe! Hoe “wonderbaar” was die dag van die bok en hoe deurtrek was julle siele met afgodery! Maar wee julle wat sal aanskou hoe Moses met MY Wet van LIEFDE terugkeer na julle en julle vang met die goue kalwe, goue bokke en goue muntstukke! Julle wil nie luister nie! (invoegsel: Hier het JAHSHUA begin trane stort en baie droewig begin word, tesame met Toorn wat EK in SY Stem opgemerk het. EK het HOM gesien! Tog is HY so vol Vreugde en Blydskap wanneer ons na HOM luister en HOM liefhet.) Hoeveel kere moet EK as julle Liefdevolle VADER en SKEPPER, julle nader met MY Lewende Woord, net om deur julle uitgespuug te word!

Waarsku het EK julle gewaarsku! Op soveel wyses het EK julle deur MY Profete, Boodskappers en deur MY Gees gewaarsku om nie met hierdie wêreld en haar besoedeling te meng nie! EK het julle vermaan om nie verbonde te sluit met hulle waarteen EK julle verbied het nie. Op die dag van die bok en daarna, kan julle nie uitgepraat raak oor hoe wonderlik dit was en vermaaklik dit was nie. Maar waar is EK? Waar is EK!! Kom EK sê vir julle uit MY VADERHART: EK is vir julle net ‘n bysaak en in die tye van nood dan wil julle hê EK moet spring en red! Hierdie Woorde van Smarte is gerig aan julle, MY kinders, wat nie wil luister nie en steeds rebelleer teen MY Woord. EK het gesê EK sal julle help om uit die moderne Egipte en hoersisteem uit te kom, maar julle het teveel behae gevind in haar. EK praat van haar teen wie EK julle gewaarsku het, wat op die dier rondrits met die beker van besoedeling! Haar braaksel is julle vermaak! Hoe kan julle so dwaas wees? Hoe kan julle so blind wees! Maar weet dat julle wat steeds NIE WIL SIEN en NIE WIL HOOR nie, en nog meer, julle wat NIE WIL DOEN NIE: dat EK julle met meer blindheid en doofheid sal slaan en EK sal die gees van dwaling nog meer oor julle weë stuur. Weet dat EK altyd in beheer is, en dat die gevolge van julle liefdelose handelinge altyd deur julleself veroorsaak was. Durf nie MY blameer en vloek wanneer dinge in julle lewens skeef loop nie! Want EK IS DIE EEN WAT ALTYD WIL HELP EN LEI! Maar julle spoeg MY Waarheid en Lewe uit en loop agter Edom aan! Julle harte hang aan die vloekhout van besoedeling en bedrog, terwyl EK julle harte wil OMVOU en BESTRAAL MET EWIGE LIG, LEWE en LIEFDE!

As julle net MY so sou vereer soos wat julle die bok, die son, die maan, die see, die berge, die televisie, die sportgode, die radio en die www tans vereer!! Hierdie dinge lei na die EWIGE DOOD! DIT SÊ EK, EK IS WAT EK IS! En julle wat nie wil luister nie, julle sal spartel in die vloedwaters wat tans besig is om oop te breek, en julle sal julleself nie bevind in die Ark van MY Verbond nie! EK sal laat Reën en Reën en Reën! Vir hulle wat MY LIEFDE aangeneem het sal MY Reëns tot groot Seëninge wees. Maar vir hulle wat MY verwerp het ongeag wat EK probeer doen het, vir hulle sal MY Reëns ‘n vervloeking en ‘n oordeel oor hulleself wees. Weer en weer sal EK julle herinner aan Deuteronomium 28!

Weet en weet dit goed MY volk: Soos EK deur MY vele profete gespreek het, hierdie Aarde sal omvorm word en groot vernietiging sal oor die horisonne kom! Vir julle is vernietiging ‘n groot smart, hartseer en benoudheid, maar julle moet besef dat dit eintlik ‘n groot Seën is vanaf MY in MY Doelwitte vir MY Verlossingsplan. Vir julle wat in MY Ark, MY VADERHART, afgeseël is, julle sal hierdie vernietiging nie smaak nie en julle harte sal vertroos wees deur HAAR wat saam MY geskep het. Maar vir hulle wat deur MY besoek was terwyl hulle die silver en goud getel het, sal die vernietiging ‘n groot bevestiging en oordeel wees op MY Dag! Julle lag hierdie Woorde af! Julle hoor MY Woorde maar slaan nie ag daarop nie, omdat julle nie LIEFDESERNS in julle wese het nie! Waarom? Omdat julle LIEFDESERNS nie WIL hê nie, want die wêreldse plesier en rykdomme het klaar aan julle siele die valse vreugde verskaf.

Aan MY kneg (ek, Daniel op Saterdag die 2de Nov toe ek op die Klipwiel was) het EK gewys dat die Ark nog nie finaal gesluit is nie. Die Poort aan die Noord-Weste kant is steeds oop en ontvanklik vir MY kinders, maar dit sal geskied deur die Ewige verseëling van HAAR nuwe Naam in julle harte en voorhoofde, wanneer die Ark sal verseël vanaf die Wysheid terugkerend na die LIEFDE. Die Boom van Genesing het EK geplaas by hierdie Poort en EK bring die volkome genesing en bevryding. Daarom, kom na MY met haas en neem MY in julle harte op, want EK klop en klop aan julle deure. EK wil julle kom haal, want die tyd van Stilte is om. Stilte voor die groot storm van nag en duisternis! Die groot afgrond is reeds geopen in Edom en MY teenpool stuur sy magte en leërmagte om julle te verslind! Hierdie leërmagte het reeds in julle land, MY land, Suid-Afrika, aangekom in die opleidingskole vir julle kindertjies. MY teenpool se ou bekende taktiek waar hy opdrag gee om die babas en jongelinge te dood het weer sy kop gelig. Julle vra hoe kan dit wees? Laat EK julle vertel hoe dit werk in moderne Egipte: Julle kindertjies wat julle in die huidige skole van dwaling het, word in die oë van MY teenpool gehou deur sy trawante en dienaars. Die groot Afvalligheid van verbastering het ‘n nuwe smaak van bose geeste en agendas gekry om julle kindertjies se siele te verslind nog voor hulle kan groot word! Daar word geteiken op die toekoms, die nageslag van Jakob, MY NAGESLAG! MY volk aan die Suide, MY Huis van Judah, is tans besig om uit te sterf in die nuwe generasie en nageslag! Waar is julle toekoms MY Boerevolk? Vaders en moeders, begin dink en bid tot MY vir hierdie antwoorde!

Vir julle wat WIL hoor en WIL luister, WAG OP MY, VOLG MY, VERWAG MY VERLOSSING EN OOK MY GROOT BARMHARTIGHEIDSBELONING aan julle! Vir julle wat nie wil luister en nie wil hoor nie, die breë weg waarop julle tans is lei na die dood!

Let op MY Woorde MY Boerevolk! Hoor wat die Gees van Waarheid aan JOU sê en wees gehoorsaam aan die Trooster wat EK julle beloof het!

Tot hier MY kneg."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205