Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 126 ontvang op 19/11/19

Aan ‘n ongehoorsame volk,

“Weer moet jy skryf vir MY, al MY Woorde van Liefdesklanke wat in jou Skatkamer uitborrel soos ‘n Fontein, want geneeslik is MY Ewige Fonteine en Sy bring verlossing aan die wat op MY vertrou. EK is die Weg van Waarheid wat lei na die Ewige Verbondsland van Lig, Lewe en Liefde. MY kneg, hoor altyd MY Woorde en rig jou hart altyd op MY, want hulle wat so handel sal geseënd wees met ‘n vreugdevolle lewe.”

“Hoor die Stem van JaHWeH, want dit IS HY wat neem en dit IS HY wat gee! HY IS die MEESTER oor alle lewe, in die sienlike en onsienlike. HY is die EEN wat skep en wat omvorm, wat vir julle as vernietiging voorkom. Dit is HY wat julle wil verlos vanuit die hoersisteem en vanuit die besoedeling van die duisternis. Dit is HY wat julle versterk deur beproewinge en toetse; wees vol moed in hierdie tye en wend nie julle aangesigte weg van HOM wat julle liefhet nie. MY kneg, skrywe! Want nou rig die Gees van Waarheid Haar Woorde aan die Boerevolk van Suid-Afrika en ook aan hulle buite Suid-Afrika!

Kom en vergader voor My en bring julle danksegging aan HOM wat die Ewiglewende is!

ELOHIM IS EEN! Luister na wat die Gees aan julle sê, aan die Boerevolk van die Suide:

Voor die Aangesig van JaHWeH sal geen meer besoedeling bestaan nie en SY Oë sal nie meer langer die drek van julle hoogmoed verdra nie. SY Neusgate sal nie langer die stank van julle leuens en eie-liefde, en liefdeloosheid verdra nie.

Die Gees wat lewend vir julle uitgestort is, en wat die Nuwe Open­baring van Majesteit JAHWEHSHUA aan julle kom bring het, dié Gees verwerp julle en Sy vind geen woning onder julle nie. Daar is net een kleine Ark wat Haar aanvaar en omhels het as die Groot Barm­hartigheid van JaHWeH! Tog vind Sy geen ander woning nie, al wil Sy Haar woning verbreed in die harte van die Volk. Soos HY gespreek het en gesê het dat HY aan die deure van julle harte klop en julle wil nie vir HOM oopmaak nie, so is dit vandag ‘n lewende bevestiging en getuienis dat SY Woorde altyd WAARHEID is. Die eens Godvresende Boerevolk het vandag opgeëindig as ‘n volk wat nie weet Wie hulle SKEPPER is nie en ‘n volk wat SY Lewende Woord en Gebooie nie onderhou nie. Weet dat die Geregtigheid van JaHWeH die duistere leuens en verraad van julle volk sal inhaal en besoek. Die Dag van SY Grimmigheid is naby en julle neem die Woorde van die Hoogste EL nie in berekening nie. SY Raadsplan is in plek en SY Wysheid is SY Eggenoot. Nie langer sal daar met SY Barmhartigheid gelaster word nie en die wat onopreg tot HOM nader sal weggewys word. Hulle wat aangaan met hulle besoedelde dade en denke en woorde, sal op die Dag van SY Grimmigheid, wat ook die Dag van SY Verlossing is, die Woorde vanuit SY Mond hoor: “Gaan weg voor MY, want EK ken jou nie omdat jy MY nie wou ken nie!”.

Hoor wat die Gees aan julle sê, want die Toorn van JaHWeH is vol en die 7 Boodskappers se Toornbakke is vol gelaai deur die gevolge van julle lasterlike wettelose lewens. Niks op hierdie Aarde en in hierdie materie is ewigdurend nie en dit maak nie saak hoe kosbaar julle julle aardse skatte en rykdomme ag nie, alles sal vergaan! Die Gees en die Geestelike is Ewigdurend en Ewiglewend, daarom het JAHSHUA ge­spreek en gesê: “Vergader jul Skatte in MY Hemele en nie op die Aarde nie, want die roes en mot sal dit verteer.” Bou julle huise op die sand van julle goddeloosheid en die stormwinde van SY Grimmigheid sal julle huise verpletter. En julle wat dink dat julle valse arke van verlossing vir die volk kan bou sal nie voorspoedig wees in julle werke van mammon nie. Julle moet nou kies wie julle wil dien, want die Barmhartigheid van JaHWeH is byna op. Tog het HY gekom ter verlossing van julle gevange siele vanuit die bande van die doderyk en het SY Bloed en Lewe vir julle uitgestort! HY LEEF VIR EWIG en HY sien alles! Die Gees van Waarheid het HY uitgestuur om te weeg en om te meet, om te onderrig en om lewe te gee, om te dien en om wys te maak, om te lei en te rig, en om van HOM te getuig en die nageslag van Jakob op te rig in SY Nuwe Jerusalem. ‘n Nuwe Lewe het HY gebring, maar julle wil dit nie hê nie. Julle wil alles met die vleeslike oog waarneem en buiten dit bestaan daar niks of niemand vir julle nie. Hoe het julle nog nie verstaan nie en hoe begryp julle dit nie? Julle wat die LIEFDESWET van die Allerhoogste verag en in SY Aangesig spuug, dit sal HY ook doen met julle wat koue of louwarm harte van bedrog en ongeloof het. Alles en nog meer het JaHWeH van die Leërskare julle mee geskenk, maar die Geestelike Skatte en Bronne was vir julle aardse verstande nie “blink” genoeg nie. Ek is EEN met HOM en ONS is EEN! Daar is net EEN en ONS Wese is EEN! Buiten ONS is daar NIKS en HY het alles so verorden. Waarom sal julle, o dwase Boerevolk, gaan en die grense verskuif wat JaHWeH vir julle vasgestel het? Waarom sal julle verbonde sluit met ander nasies ter najaag van aardse rykdomme en eer?”

Hier het die Stem van VADER weergalm en ek sien toe in my geestesoog ‘n groot Donderstorm aan die kom en die aarde en berge swyg en bewe voor HOM:

“Daarom sal EK julle ten gronde rig met MY Grimmigheid omdat julle steeds nie MY as Koning wil hê nie!”

“HY het gesê dat alle eer en dank aan HOM en HOM alleen geoffer moet word, maar julle het ander gode en meesters gedien en aanbid! Julle het uitgegaan en gaan vermeng met verskillende geestelike wesens en leerstellings en nou sit die Boerevolk met talryke verskillende gelowe, sienings, wanpersepsies en vlakke van geestelike groei. Party se weg na JAHSHUA is versteur en moet ongelukkig ‘n lang roete deur die wildernis gaan om by die Ewige Bestemming uit te kom. Waarom twis julle so onder mekaar en die rugstekery, waar kom dit vandaan?”

VADER spreek vêrder:

“Dood is die bestemming vir hy of sy wat met omkopery en verraad omgaan teen MY en MY Eiendomsvolk! Ja, alles en elkeen van MY kinders lewe vir ‘n rede en net so het EK ook toegelaat dat Judas leef en MY ook nog verraai. Dit is alles ‘n Groot Beproewing en Toets, alles in MY Wil. Maar aan almal het EK hulle eie vrye wil geskenk om hulle eie keuses te maak oor wat hulle aan MY gaan doen met hulle kort lewe op hierdie Aarde: Gaan hulle MY liefhê en voed of gaan hulle MY in die sy deurboor en in MY Aangesig spoeg? Dit is alles julle eie keuses en die gevolge moet julle dra vir julle liefdelose bose agendas deur middel van woorde, denke en dade. Dag na dag gaan verby waar julle mekaar belieg, besteel en verraai, maar julle wil nie staak in hierdie besoedelde dade nie! Julle neem MY Wet nie in ag nie en gaan voort op julle bose liefdelose weg. Julle haat mekaar en breek mekaar af. Daarmee saam gebruik julle die Joodse media om julle eie broers en susters te verraai en in die mag van MY teenpool te laat val! Laat EK vir julle sê: Wee hulle wat in die Mag en Hande van JAHWEH val! Want EK sal alle boosheid en alle besoedeling verdryf en daar sal geen klip op klip lê nie. EK sal alle berge, klowe, skeure, heuwels en dale gelyk maak en niemand sal staande bly in hulle boosheid teen MY nie. EK SIEN ALLES en EK HOOR ALLES. MY Boerevolk, julle haat die nasie wat oor julle aangestel is en julle wil met alle geweld hulle uitmoor. Tesame met hierdie haat teen die vyand, haat julle ook julle broers en susters en verneuk hulle met ongeregtigheid! Hoe sal julle dan ooit as volk kan funksioneer ter ere van MY Naam? Kan julle nie insien dat hierdie nasie MY Strafgerig oor julle is nie? Julle wil almal die Boere-Republieke terug hê sodat julle kan leef in die land van melk en heuning, maar met watter harte wil julle dit terug hê? Is EK enigsins deel van julle strewe? Hoe kan dit wees terwyl julle nie eens mekaar kan help en voed nie? So spreek JaHWeH van die Leërskare: Boerevolk, julle sal nie hierdie landstreke terug ontvang alvorens MY Doel vervul is met die Suiwering en Loutering nie! Julle sal nie in vrede leef alvorens julle julle dwase ongeregtighede en leuens op stop sit nie. EK het julle tallose kere gewaarsku teen hierdie dinge, in die Skrif, deur MY Gees van Waarheid en deur MY moderne profete.

Hier is die Waarheid oor die gesteldheid van julle volk:

Julle gun mekaar niks en die eerste ding wat julle wil hê na julle iets vir julle naaste gedoen het is om iets wonderbaar terug te verwag. Julle dink net aan julleself en wat julle kan bekom ongeag die onregverdige dade wat daarmee gepaard gaan. Liefde heers nie in die harte nie en EK is nog minder welkom. Sport, televisie, pornografie, seksistiese bandjies en praatjies hou julle siele gevange in boeie terwyl julle dink dit is die lewe. Julle reken met die dwase rede van “Die lewe is kort en moet geniet word met alles wat aan ons gebied word!” Hoe dwaas kan julle dink in julle dwaasheid? Wysheid is nie onder julle te vinde nie en Waarheid word by julle poorte weggewys. Onleerbaar van gees is julle en beterweterig handel julle tot julle eie ondergang. Die armes krepeer onder ander nasies in kampe en op die strate, maar julle gun hulle niks en kyk verby. Gebed met die hart bestaan amper nie meer nie, maar gebed met die lippe is volop wanneer julle in benoudheid is. In tye van genot en plesier vergeet julle MY en in tye wat EK julle geseën het en voorsien het aan julle behoeftes dink julle nie aan MY Barmhartigheid en Liefde nie. ‘n Gejaag na geld en eer is julle eerste prioriteite, maar die hulp aan die armes is nie te bestaan in julle harte nie. Leuens en bedrog pleeg julle op daaglikse bases, dan op die dag van die son gaan julle na haar om julle harte te flous en te bedrieg met ‘n valse vrede. In hierdie tempels wandel julle rond met oë van oordeel en waansin. Die uiterlike word mooi getooi ter blink voorkoms van die liggaam, maar die harte stink van die riool van boosheid. Julle vloek en vervloek mekaar in julle harteloosheid en julle maak aannames oor die weg van julle broers en susters, maar vra nooit MY, wat MEESTER oor die LEWE is, om julle harte te suiwer van sulke booshede nie.

MY Woorde sal nooit onderdruk of weggesteek word nie. Diegene wat MY Lewende Woorde wil doodsmoor sal deur MY geken word as rebelle teen MY Liefdesorde van Waarheid. MY Verlossing kom, maar eers kom die Suiwering en Loutering, waar julle nou tans julleself bevind. EK sal alles hernuwe en nuut maak, maar net hulle wat MY bo alles gestel het en wat MY LIEFDE UITLEWE sal redding vind in MY en EK sal hulle in MY Ark verseël en hulle na die Verbondsland bring. Die wat MY uitgestorte Bloed hulle EIE MAAK sal verkwik word en versterk word in die tye van Grimmigheid. Hulle sal niks vrees nie en die benoudhede sal hulle nie onrustig maak nie. Hulle sal MY volg en EK sal vir hulle ‘n VADER en BESTE VRIEND wees. EK sal vir MY Bruid ‘n BRUIDEGOM wees en Haar sal EK oprig vir ONS WERKE van LIG, LEWE en LIEFDE! Die Verbond sal bekragtig word op die Dag van Gilgal en die Mure van Valsheid en Besoedeling sal verpletter word! Geen klip op klip sal bestaan nie! EK sal alles gelyk maak, spreek JaHWeH van die Skeppingsleërmag! EK het ‘n WEERMAG opgestel volgens MY Wil van Verlossing en hulle wat MY gehoorsaam sal gered word vanuit die Suide. Let op MY Stem MY Dogter van Sion en hoor die Stem van julle SKEPPER, gemeentes binne MY Suid-Afrika! Niemand is in MY plek nie en niemand sal MY eenkant toe skuif en as “God” voor MY Kudde optree nie! EK IS DIE HERDER! EK spreek deur wie EK wil en wanneer EK wil. EK IS VADER en EK LEEF, waarom sal EK nie spreek nie en waarom sal EK nie MY Volk waarsku en in kennis stel van die toekomende dinge nie? Watter VADER is EK dan as EK nie kan spreek tot MY kinders nie? Tog sê julle dat EK Almagtig en oneindig is.

Tog is daar diegene wat beweer en voorgee dat EK deur hulle gespreek het, terwyl dit nie so was nie! Hulle sal EK mee handel en daarom het EK MY GEES van WAARHEID vir julle uitgestort sodat julle nie mislei word deur die profete en leermeesters van MY teenpool nie. Daarom het EK gesê dat julle nie moet sluimer en slaap nie, want die dief kom in die nag en beroof jou siel!

Luister na die Stem van JaHWeH MY Boerevolk en hoor:

Julle beplan om die Verbond van Bloedrivier te gedenk wat tussen MYSELF en julle opgerig was as Gelofte. Julle het beloof om ‘n Huis vir MY te bou. Julle, en nie ander nasies en volke nie! Hierdie Gelofte en Verbond is ‘n Apartgestelde Insetting vir die Boerevolk, omdat julle dit aan MY beloof het in julle Apartgesteldheid. Waarom was die Apartgesteldheid nie in stand gehou nie? Hoor en luister! Wee die een wat die Gelofte aflê en nie een poging aanwend om olie in hulle lampies te kry nie. Wee die een wat saamgaan op hierdie Dag en nie ‘n opregte hart teenoor MY het nie. Hulle wat nie kan vergewe in hulle trotsheid nie, kan nie hierdie Gelofte aflê en herdenk voor MY Aangesig nie, want dit sal soos die klippe wees wat vanaf die Ossewawiel afrol en val op die grond, en die wonderbare Weg na MY nie deel wees nie.

Daarom, kom na MY ter verlossing en wees lief vir MY en julle naaste. Wandel volgens Wysheid en wandel volgens die Wysheid van Sirag! Die voorskrifte vir ‘n lewe van oorwinning in MY lê opgesluit in hierdie Boekrol. Gaan en behartig julle daarmee, LEEF IN MY en handel soos EK julle beveel.

Tot hiertoe MY kneg en wees kalm in jou gemoed. EK troos met MY Gees van Barmhartigheid.

EK IS WAT EK IS...”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205