Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 16 ontvang op 19 Augustus 2018

"MY geliefde kind, MY kneg, skryf hierdie woorde van MY Gees. Wees getrou aan MY Stem. EK het jou gelei in MY Spreuke dat jy MY Boek van Liefde moet opneem. Skryf neer! Dit wat EK jou openbaar het daarin het jou diep geraak. Dit weet EK, want EK het jou hart getoets. Dit verduidelik die skielike skerp pyn wat jy ondervind het in jou hart, MY kind. Jy is bekommerd daaroor, maar wees nie mismoedig terwyl die Leeu aan jou sy loop nie! Onthou die Openbaring van Johannes! Hy het gesien toe daar 'n tweesnydende swaard uit MY Mond kom. Dit is hierdie selfde Swaard wat jou hart besny het deur MY Woord en dit was so kragtig dat jy dit tot in die vlees van jou hart kon voel deur middel van die skerp pyn. MY kind, baie van MY kinders en selfs jyself besef nie altyd die Krag wat in MY Seën lê wat EK vir MY Dogter gegee het in hierdie eind tye nie.

Skryf en wees vrolik van hart!

EK IS WAT EK IS! EK IS LIEFDE! EK IS jou Ewige VADER en SKEPPER. MY Boerevolk, aan jou is groot Beloftes gemaak in hierdie tyd. Dit is vir jou nou gegee om die finale besluit te neem om te kies tussen MY en die wêreld. Julle moet die Grootheid en Sterkte van MY Krag en Liefde besef in hierdie tyd en die tye wat kom. Al wat julle moet doen vir MY is: Suiwer julle siele en wend julle af van julle aardse vreemde afgode, waar jyself die grootste afgod is. Die rede hiervoor is dat meeste van julle verafgod julleself deur om julleself eerste te voed en te versorg terwyl die arme langs julle vergaan van hopeloosheid en honger!

Julle moet gehoorsaam word aan MY Stem en vir MY 'n Huis van Apartgestelde Liefde en Lig bou. Die Hoeksteen van julle Huis is MY Waarheid en hierdie Huis is ontvanklik vir die armes, die wees en weduwees, ook al MY kindertjies en soekendes. 'n Huis van Liefde, waar EK Self is en waar almal saam werk om siele te wen vir MY! Deel MY Brood en Wyn, voed MY kudde! EK IS julle Eerste Liefde!

Julle wat MY Liefde doen en MY bo alles soek en Liefhet en ook MY Gebooie van Liefde bewaar, berei voor om binnekort die Jordaan oor te steek! EK IS heel voor aan die Groot Trek! Wag op MY! Ek nooi julle almal uit MY Volk! Wees deel van MY Verlossing! Word een met MY, julle Skepper en Vader! Verkry 'n hart van vlees en word besny!

MY kneg, skryf tot hier."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205