Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 17 en visioen ontvang op 21 Augustus 2018

“Skryf neer wat jy sien en skryf dit presies so neer MY kind! Hierdie is MY Lewende Woord in LEWENDE LEWE! EK IS SPREEK! EK wat Brood en Wyn gee en gee. MY Wese word vir hulle openbaar wat MY Liefhet in Daad, met Liefde bo ALLE Liefde.”

“Soos ‘n Vrou wat op jou oesland kom wandel en jou grond met Haar voete kom toets en Haar Hand laat streel tussen die koringlande en die oes volgens haar maat uitmeet... Sy neem die vrugte van die bome en voel dit aan met Haar vingerpunte; Sy swaai altwee Haar arms wyd en neem ‘n diepe asem in en met Haar glansende blou-oë bekyk Sy jou lande. Sy nader die fonteine en plaas druppel vir druppel aan Haar lippe... Die kleure van die Reënboog wemel om Haar soos Sy dansend soekend huppel. Sy wandel verder en die pragtigste kleure en hemelse reuke gaan op tot aan die koepel-blou hemele. Sy sien ‘n man met ‘n klein tuinvurkie wat werk onder ‘n Olyfboom en Sy gaan na hom toe. Die man, laag-knielend in die grond gewaar ‘n reuk, die smaaklikste reuk, en lig sy hoof op. Die Vrou vra vir die man: “Geliefde man, waarmee is jy so knielend besig?” En die man sê vir Haar: “Ek het gou die laaste bossie uitgehaal en teruggegee aan my Vader.” Die Vrou vra toe vir die man: “Wie is jou Vader en waar is HY?” Die man sê toe met ‘n glimlaggende traan in sy aangesig: “Dierbare vrou, HY IS... HY waarlik IS!” Die Vrou sê met ‘n glimlaggende traan in Haar oë vir die man: “HY IS WAARLIK! HY het My gestuur om te kom kyk of jy vir HOM ‘n Huis gebou het. As HY jou Huis waardig vind, dan sal Ek jou wys waar HY IS.”

Die man sê aan die Vrou: “Kom hierheen en stap saam met my.” Die Vrou en die man stap met vrolikheid van hart en kom op ‘n groot Draaiende Fontein af met ‘n Groot Boom in die middel. Die Boom was magtig in Glansrykheid en daar het ‘n Groot Waterval vanuit die Boom gevloei en soos die waters val in alle rigtings, so verander dit in die lieflikste Dou wat al die lande oordek. Die volgende oomblik toe versamel al die reënboog-kleure wat die Vrou omhels het en rig ‘n groot glansryke Reënboog op by die Fontein en eweskielik verander die waters wat vanuit die Fontein vloei in al hierdie kleure tegelyk. Die man vra aan die Vrou: “Wat het nou net gebeur?” Die Vrou sê aan die man: “Kyk, kyk hoe werk Ons VADER. Wanneer jy in die Ark van LIEFDE gekom het, bewys HY SY Getrouheid”.

Hulle stap toe ‘n klein bietjie verder in die suidelike rigting, net by die Fontein. Die man wys met sy linker vinger en die Vrou sien die Huis. Hierdie Huis was op ‘n groot Bergkoppie gebou en was pragtig. Soos die man en Vrou nader stap, sien die man skielik hoe die Vrou opkyk en die Hemele open met Haar linkerhand, met Haar regterhand wat reguit wys na een van die hoeke van die Huis. Die man sien toe ‘n baie lang leër wat neerdaal vanuit die Hemele en hy sien hoe daar engele op-en-af klim, heen en weer. Skielik kom Johannes aangehardloop met ‘n jonge kindjie wat saam laggend hardloop, agter verby hulle, reguit in die rigting van die Draaiende Fontein. Skielik is daar ‘n groot oprui van klanke en ‘n magtige dreuning van Ramshoring geblaas vanuit die Hemele. Die Vrou gryp die man se hand en begin loopdans met opgewondenheid! Die hele atmosfeer begin verander in Hemelse kleure en substans. Die man sien toe duisende jong kindertjies, hy kon hulle nie tel nie. Al hierdie kindertjies is by hierdie Fontein versamel en die man vra toe vir die Vrou: “Wat is aan die gang daar? Wat doen al hierdie kindertjies? En wie is daardie Vrou daar by die Fontein?”

Die Vrou draai om en sê vir die man met Erns: “Geliefde man, kyk mooi.” En die man sien toe wat binne-in die Dou van die Fontein plaasvind en hy sien hoe ‘n Vrou melk en heuning vir die kindertjies gee. Die Vrou by die man sê toe aan hom: “Nou, let mooi op wat jy sien.” En die volgende oomblik sien die man ‘n Wolkkolom neerdaal oor die hele ganse Draaiende Fontein. Skielik weerklink die stem van Dawid en die man sien toe hoe die Boekrol van die Psalms geopen word in die Hemele en die man sien ook ‘n ander Boodskapper met nog ‘n ander boekie in sy hand. Die Wolkkolom begin toe stadig Haarself lig soos wind wat onder ‘n veertjie versamel. Soos die Wolkkolom begin opwaarts beweeg sien die man toe ‘n MAN wat uit die boekie lees wat in die Boodskapper se hand was. Die Vrou by die man sê vir hom: “Aan die kindertjies behoort die Koninkryk van SY Hemele, aan hierdie kindertjies wat hulle laat besny het net voor die Jordaan geopen was!”

 

Die volgende oomblik sien die man hoe al die kleure van die Reënboog versamel op ‘n kandelaar in hierdie MAN se Hand. Hy sien toe hoe hierdie MAN Brood en Wyn uitdeel vir al die kindertjies. Hy sien ook twee ander mans saam met HOM. Die man vra vir die Vrou: “Wie is Hulle saam met die Vrou daar wat so glansryk in Liefde is?” Die Vrou sê vir die man: “Die MAN met die Kandelaar, dit IS HY! Dit IS HY geliefde man! Die MAN van Jerusalem, HY wat ALLES begin het! Kyk na SY Handpalms, dit was vir jou... Die Vrou saam met HOM is SY Sionsdogter, SY Bruid! En die ander twee mans saam met Hulle is die twee Getuies.”

(Einde van visioen)

“MY Kneg, MY kind, dra hierdie LIEFDES-BELOFTE oor aan MY Boerevolk, MY Huis van Juda! Hulle wat MY soek sal hierdie Verborgenheid van GETROUHEID van MY verstaan met hulle hart van vlees. Dit is MY Waarheid wat tot jou gespreek het deur MY LIEFDES-HART. Al wat elkeen van julle moet doen MY Volk is: Wees lief vir MY bo ALLES en wees lief vir julle naaste – Doen dit in LIEFDE bo ALLE LIEFDE!

Geseënd is die man wat hart aan hande bind.

Dit is genoeg vir nou MY kneg. Dink aan MY en dink aan Haar wat jou sagkens lei.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205