Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 18 ontvang op 23 Augustus 2018

“EK IS WAT EK IS! EK IS jou Vader, jou Meester, jou Beste Vriend, EK IS HY!

MY Kneg, jou hart was gister seer en jou gees was geboë. Nadat EK jou ‘n voorsmaak gegee het van verwerping van MY Werke en Woord deur baie in MY Volk, het jy toegelaat dat die Vlam in jou verdoof. EK IS die Bron van die Vlam in jou! EK IS in die Brandende Bos, maar jy moet MY toelaat om vir jou te BRAND! Wees paraat en wees altyd bereid om MY te volg en te gehoorsaam ongeag wat MY teenpool in die stryd voer! MY teenpool sal alles nou in sy vermoë doen in hierdie tyd, om die Huis wat julle vir MY bou, af te breek!

 

Hy sal so vêr gaan om in die gewaad van ‘n mooi vrou vir julle valse boustene te kom aanbied! MY Draaiende Gilgal-Klipwiel Fontein! MY Klipwiel tel momentum op in hierdie tyd en ‘n Huis word vir MY gebou deur LIEFDE bo ALLE LIEFDE. Julle moet verstaan dat MY teenpool ook hierdie Wiel van MY wil verwoes met al sy mag en dat hy vertwyfeling in baie van julle harte plaas! Hy is die stad van verwarring! Sy poorte is valsheid en sy pilare verkrummel van besoedeling. Sy diensmeisies staan op die straathoeke met soet lippe en verlokkende oë!

MY Woord se Saad val op baie harde grond en val ook tussen die rotse en doringbome! Daar is weinig van julle wat julle grond werklik voorberei het en aan die werk is nou in hierdie tyd om julle siele vir MY te suiwer. Julle is so min MY kinders, maar julle is MYNE! Julle moet uitgaan en MY Brood en Wyn verder uitdra na al MY ander kinders in MY Boerevolk. Wanneer julle verwerp en bespot word, moenie terug slaan met woede en haat nie! Haat het haar oorsprong vanuit die verharde hart van MY teenpool. Haat het die dag ontstaan toe hy besluit het HY IS! Hy het MY OERBRON-LIEFDE verwerp en ontelbare verlei tot in die verderf en vandag sit almal met die resultaat op hierdie aarde! Maar EK sê vir julle, die feit dat julle nou lewe in hierdie tyd beteken vir julle siele die LEWE! Julle het NOU die geleentheid om weer terug te keer na MY en om julle harte van klip weer vir MY te kom gee, sodat EK julle nuwe harte van vlees kan gee! Nuwe wynsakke wat MY Wyn kan berg en wynsakke wat altyd oorloop en oorloop! Voorwaar EK spreek: MY Brood en MY Wyn is ‘n Fontein wat NOOIT sal opdroog nie, want EK IS WAT EK IS!

EK IS die Oorsprong van alles wat was, is en sal wees! EK IS HY! EK sal deur geen mens voorgeskryf word hoe, waar, wanneer en deur wie EK mag spreek tot MY Volk, MY kinders nie! Wee hulle wat MY kindertjies verhoed om na MY te kom, want EK IS VADER! EK IS LIEFDE en EK het ALLES gemaak deur MY Wysheid en Liefde! MY Hart kan julle nie verstaan en die Werke van MY Hand kan julle nie deurgrond nie! Die Voetgang van MY Waarheid kan julle nie begryp nie, want SY is MYNE en EK het Haar vir julle gegee vanuit MY LIEFDE! EK het dit alles gedoen! EK het Haar vir julle kom gee vir die redding van julle siele; vir die oopmaak van julle blindes; en vir die genesing vir julle siek-deurtrekte siele! Verwerp Haar nie en bo ALLES, verwerp MY nie en moenie dieselfde fout maak wat eons van Ewighede gelede in MY Koninkryk gebeur het nie, genaamd: Rebellie.

MY verlore seuns en dogters, kom terug Huis toe, MY Huis wat EK laat bou het deur LIEFDE! Julle sal nooit verhoog word deur MY as julle nie julleself verlaag nie! Maar EK het julle lief en daarom MY Oproep deur MY Tugtiging in hierdie tyd en MY ontelbare uitnodigings om julle deure vir MY oop te maak sodat Ons saam kan eet en drink. MY Dogter van Sion is MY Hart se punt! EK Werk deur haar en nog groter werke sal geskied deur MY Gewyde Wil! MY Dogter, werk ywerig vir MY in hierdie tyd en wees altyd só vir MY: LIEFDE bo ALLE LIEFDE. Geseënd is jy wat volhard in MY VERLOSSENDE LIEFDE en dit is NET deur MY waar jy MY Koninkryk van EWIGE LEWE kan betree, die Beloofde Land!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205