Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 19 ontvang op 24 Augustus 2018

“Dit is wat jy nou moet skrywe aan MY Volk: LIEFDE BO ALLE LIEFDE!

Die Tyd, MY Tyd, het nou aangebreek! Die Tyd van Toetsing binne MY Barmhartigheid! MY Barmhartigheid is vanuit MY LIEFDE, EK, EK IS WAT EK IS! EK IS VOLMAAK en ALWYS, EK IS LIEFDE IN, DEUR EN VANUIT MYSELF.

Dit IS EK: LIEFDE!

EK het vanuit MY Barmhartige VADERHART vir julle oneindige skatte van Liefdesbrood en Genesende Wyn gegee en sal hierdie nog aanhou gee gedurende MY Reëns en laatreëns. EK IS die OERBRON van ALLE bestaan en skeppings! MY Wysheid en Waarheid het oor julle Aarde kom sweef en EK is besig met MY Skeppingswerke in julle wat julle harte vir MY kom gee. EK MAAK ALLES NUUT! Julle wat MY Weg van Waarheid gekies het, EK SELF sal julle verhoog in MY VOLMAAKTHEID VAN LIEFDE in MY Ewige LEWE! Dood sal julle nie smaak nie, want deur MY, JaHshua, het julle verlossing gevind deur MY Lering van LIEFDE. Julle wat MY volg en antwoord op MY Roepstem van LIEFDE, julle sal saam MY wandel en geen vrees sal julle oorweldig nie, want EK IS! Julle wat MY Gebooie van LIEFDE bewaar en uitvoer in LIEFDE bo ALLE LIEFDE, julle sal die Seëninge van MY Lewende Deuteronomium 28 smaak en daarby ook, MY Seën van Voleinding van LIEFDE wat EK aan julle gegee het, MY Boerevolk, MY Lewende Gilgal! Daar is Fonteine van Lering en talose Ankers wat EK vir julle siele uitgegooi het, MY Reddende Hand!

Maar,...

SKRYF MY kneg!

EK IS... Hartseer! MY kinders wat maak julle!? MY VADER-HART ween oor julle afvalligheid teen MY julle Liefdevolle VADER! MY kind, wees gehoorsaam nou, want EK spreek deur MY Almag en EK sal NIE ophou spreek nie! EK soek julle terug by MY! Hoe verlang ONS! As julle net kon verstaan wat sou Adam vir almal van julle beteken het as hy net gehoorsaam was aan MY EEN Opdrag: MOENIE! En so ook vir elkeen van julle: MOENIE! In MY Almagtige Liefdes-Barmhartigheid het EK keer op keer MY Liefde en Ontferming bewys daarna, OOR en OOR tot en met MY dood en opstanding in JaHshua wat die VOLMAAKTE OFFER was vir JULLE! Tog, tot vandag toe spreek EK julle aan deur MY Waarheid dat julle MY Offer moet verstaan en MY moet volg in LIEFDE BO ALLE LIEFDE. Maar julle verstaan en begryp nie die Erns van MY saak met julle nie! Julle is lewend vir die wêreld, maar dood vir MY Woord van Ewige Beloftes en Beloninge wat EWIG is!

MY HUWELIK! MY LEWENDE TEMPEL! MY NUWE JERUSALEM!... MY VOLEINDING!

EK IS die VOLMAAKTE KRAG, maar julle steun op julle dwaasheid en eie-ekkigheid! So baie van julle doen presies wat Lucifer gedoen het: Julle kies julleself, stel julleself aan, verafgod julleself, en die wêreld moet julle dien terwyl julle menigte van julle naaste in die verderf in lei deur julle voorbeeld! Bo ALLES: Baie, baie van julle verwerp MY! Daar is so min van julle wat werklik MY Stem gehoorsaam. Maar wee hulle wat MY gehoorsaam omdat hulle voel hulle “moet” of dat hulle deur die mense gesien en geëer wil word! Voorwaar EK sê vir julle: EK Self sal julle verlaag en verneder! EK is julle MAKER en VADER, EK wil gehoorsaam word deur julle wat die WIL van en tot LIEFDE het: LIEFDE bo ALLE LIEFDE!

 

EK is waarlik WAARLIK so lief vir julle! EK IS LIEF VIR JOU! Wees weer lief vir MY en EK bring jou tot teen MY Bors en omvou jou met MY VERLOSSENDE LIEFDE wat GEEN mens se verstand kan deurgrond nie! Moenie die vrug van besoedeling verder eet nie! Julle eet dit al vanaf Adam se tyd op hierdie Aarde! Daar is groot skade aangerig wat MY VADERHART baie smart en droefheid aangedoen het, maar het EK julle verwerp? NOOIT in MY Ewige Bestaan nie! Want kom EK gee julle MY geheim: LIEFDE, verwerp NIE! LIEFDE, VERGEWE en VERGEET! LIEFDE... VERLOS! EK IS WAT EK IS!

Al wat EK vra: Kom weer terug na MY in Gees, en bring AL jou laste saam en ook jou swaarste las: jou hart van klip wat bitter geword het. Bring jou ou wynsak! Kom offer vir MY! EK IS! EK sal julle almal weer terugkry by MY, dit WEET EK, MY kindertjies van MY LIEFDES-HEMELE.

Julle sê: ‘Wys my en dan glo ek’, maar EK sê: ‘Glo MY en dan WYS EK julle!’

EK loop aan jou sy en seën jou met MY!

EK het jou lief deur en deur,

Waarom sal jy die wêreld begeer?

Soos EK jou omvou en MY Liefde genees,

Lig EK jou op; MY kindjie se siel gekneus.

MY verlore kind, MY sal jy weer vind,

Want EK is HY wat hart aan hande bind!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205