Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 21 ontvang op 28 Augustus 2018

“MY Tyd van Toetsing binne MY Barmhartigheid! MY Kneg! Skryf weer vir MY, jou Liefdevolle VADER!

EK IS WAT EK IS, EK toets die harte en niere! EK deurgrond julle gedagtes; MY Oë sien alles en niks is vir MY Verborge nie. EK SPREEK; EK wat MYSELF vir julle gegee het. EK spreek vanuit MY OER-LIEFDE met julle, MY Geloftevolk van MY Klipwiel! Voor EK julle oor die Jordaan sal kan trek, sal EK eers MY Tyd van Toetsing binne MY Barmhartigheid oor julle siele bring. EK het vir julle die twee keuses gegee in hierdie Tyd om te kies tussen MY en MY teenpool. EK skenk aan julle MY Barmhartigheidstydperk nou in hierdie kort Tyd sodat julle in julle harte kan kies: Deuteronomium 28 – 30!

Só gaan EK julle toets: In julle WERKE!

MY GEBOD van LIEFDE was vir julle oor en oor verduidelik met presiese Instruksies hoe om Haar toe te pas en tot UITVOERING te bring, en EK PERSOONLIK het julle gewys! EK was daar bo-op MY Sinai! EK was daar in Betlehem! EK was daar by Bloedrivier en Vegkop! EK was daar by MY Klipwiel! EK IS HIER!

EK IS SPREEK met weereens ‘n Uitnodiging na MY Lewende Klipwiel: Om julle harte vir MY te kom gee, saam AL julle laste en foute en alles wat julle het. VERTROU en GLO dan in MY, die ALMAGTIGE: Dan WYS EK julle! Bou ‘n Huis vir MY met LIEFDESWERKE en omvorm julle siele tot MY in LIEFDE bo ALLE LIEFDE! EK gee vir julle ALLES wat julle nodig het, ALLES! Maar EK kan nie vir julle ‘n WERKLIKHEID word, wanneer julle Geloof in MY nie eens so groot soos ‘n mosterdsaad is nie. EK kan nie met hulle wat louwarm is omgaan nie! EK KAN NIE, want EK IS SELF: VURIG en MY VUUR is ‘n Verterende VUUR van LIEFDE! LIEFDE wat WERK!

Julle Liefling, ONS Verlossende Waarheid, SY reik uit met Haar vingerpunt na die hoeke van julle harte en EK het Haar gestuur in hierdie tyd: Die Tyd van Toetsing binne MY Barmhartigheid! EK het Haar gestuur en EK stuur Haar uit na elkeen van julle om te kom kyk of julle vir MY ‘n Huis van LIEFDE gebou het, met Haar as die Hoeksteen en MY as die Fondament. EK het vir julle gesê: EK KOM WEER en julle sal MY Kleed aanraak! Dieselfde Kleed wat MY Boek van Herinnering van LIEFDE, gesalf het en wat EK welgevallig gevind het! Dieselfde Kleed wat Genees en Bevry, want EK IS!

Hoe sal EK julle Groot Take kan oplê in MY Hemele as julle nie eens bereid is om klein takies vir MY te kan doen NOU nie? Wat keer julle, MY kinders, om vir julle broers voeding te gee en te klee? Wat hou julle terug om 'n weldaad te doen wanneer julle in staat is om dit te doen? Hoeveel tyd gaan dit van jou eis om te stop en te kyk na julle sussies wat vergaan sonder kos? Daar is siele daarbuite wat smag met sieletraan na vryheid! Daar is ‘n jong dogtertjie wat in ‘n boks slaap, verlore en verlate, en haar siel bibber van die bytende koue! Daar is ‘n weduwee wat nie kan loop nie! Daar is ‘n pa wat nie kan sorg vir sy seun nie! Daar is siekes wat smag na die dood as verlossing omdat hulle verwerp is deur hulle eie! Dan is daar julle wat kla omdat julle nie op lang reistoere kan gaan of nie die nuutste televisie het nie! Daar is steeds baie van julle wat julle blind hou vir MY en MY kinders, julle naaste! Julle verafgod julleself en EK het gesê julle mag NIE verafgod nie!

MY Gees kom Toets julle in hierdie Tyd van MY Barmhartigheid! MY Gees kom toets julle vrugte! SY kom vanuit MY Fontein van LEWE en LIEFDE, wat draai en draai en MY Arend se gesang rys uit bo die kraai! Kan julle nie sien wat aan die gang is nie MY kinders? Julle kla en is hartseer oor die toestand van julle volk. Julle raak bitter en kwaad vir die vyande en die moordenaars en verdrukkers! Maar kan julle nie sien dat EK so pas ‘n Toets voor julle gestel het nie? Kyk na die straatkind sonder skoene en sonder kos; maer en verlore terwyl sy met platgeslane gees en traan strompelend loop. Wat behoort julle te sien: MY Toets aan julle! Gaan julle MY Gehoorsaam as LIEFDE bo ALLE LIEFDE? Of gaan julle verby kyk en MY Belofte aan julle verloor: julle Erfdeel! EK IS nie gebonde aan Tyd nie - as julle julle oliekanne volhou, sal julle enige tyd gereed wees vir MY Toetse in hierdie Tyd van MY Barmhartigheid. Doen dit saam met MY en steun op MY Krag en Lig. Die Nag het begin, die Verdrukking, MY Tugtiging vanuit LIEFDE: Maar dit is MY Toets aan julle MY kinders. Slaag MY Toets, wees LIEF vir MY bo ALLE Liefde en jou naaste soos jy geliefd wil wees! Doen dit vir MY, MY kindertjies, MY knegte, MY dienaars!

Kies MY, kies LEWE en EK MAAK ALLES NUUT VIR JULLE. Bewaar MY Stem in julle harte en bring tot uitvoering dit wat EK julle beveel. Kom na MY en EK bring vir julle Verlossing en Oorwinning! Loop saam MY en kom na MY Gilgal toe sodat EK julle harte kan laat besny. EK sal voor julle gaan en julle sal MY Jordaan aanskou en EK sal vir julle gee:

Die Koninkryk van MY LIEFDE!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205