Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 22 ontvang op 1 September 2018

"Skryf MY kneg en wees kalm in jou hart terwyl jy net op MY fokus.

MY Boerevolk, MY kinders, MY wangelowiges! Julle moet begin om rustig te raak en MY toe te laat om vir julle die geveg te oorwin. Julle skarrel rond, roekeloos en op soek na antwoorde wat nie vanuit MY kom nie. Dit, terwyl EK reg langs julle staan met MY Antwoord! Julle geloof en vertroue in MY wankel en is soos sand wat die wind heen en weer waai. EK IS julle ANTWOORD! EK, julle Liefdevolle VADER wil tot julle harte spreek: raak kalm en vertrou op MY! Maar, wanneer EK die Antwoord gee moet julle gereed wees om MY te volg en om MY Antwoord aan julle uit te voer met gehoorsaamheid in LIEFDE BO ALLE LIEFDE.

Julle laat toe dat die eienskappe van MY teenpool julle siele verstrik in 'n web van besoedeling en duisternis. Soos EK reeds gesê het: julle is soekers wat nooit sal vind nie, omdat julle verkeerd soek! Vermy die begeertes van die vlees en ook die begeerte om deur die mense geëer te word deur om die verlossing van die wêreld te soek! Voorwaar EK sê vir julle: SOEK MY EERSTE EN IN ALLES en EK VOORSIEN! Hulle wat nie soos 'n kindjie in MY en MY Woorde glo met 'n WERKENDE-VURIGE-GELOOF nie, sal NIE terug kan kom in MY Koninkryk van Volmaakte Ewige Lewe nie. Julle moet rustig raak en staak julle bekommernisse oor die dag van more, omdat bekommernis 'n eienskap is van ongeloof in MY, DIE ALMAGTIGE!

Gee alles oor aan MY, volg MY met Gehoorsaamheid en fokus op die Tyd wat EK julle NOU skenk! Besny julle harte met MY Gloeiende Swaard van LIEFDE en maak staat op MY wat julle Krag gee nou in hierdie Tyd van MY Toetsing. Julle olielampe moet volgemaak word en met haas! Julle moet voorbereid wees vir die tyd wat kom, want hulle wat slaap sal verskrik word met 'n verskeurende gevoel van diepe spyt dat hulle nie MY Anker van Redding aangeneem het nie. Wees vurig besig om julle siele te suiwer en besig te wees met MY Werke van LIEFDE om so MY Liefdesgebod in julle lewens te bewaar soos EK julle reeds beveel het.

Vir julle wat gehoorsaam is aan MY Gebooie: aan julle sal EK MY Ewige Woorde en Beloftes nie terughou nie! Bou MY Huis van LIEFDE, bou saam met Haar wat EK vir julle gegee het. Bou in jou hart, want dit is waar EK IS: MY Berg Sion!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205