Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 24 ontvang op 5 September 2018

“Kneg van MY LIEFDE, EK IS WAT EK IS! Skrywe vêrder vir MY volgens die noot van MY Stem. EK stuur MY voorlopers van MY LIEFDE uit! EK het ook MY Gevegsarende losgelaat om julle wat MYNE is by te staan in die midde van die geestelike oorlog.

MY kinders, EK het gesê: ‘WAG OP MY!’ Hierdie Woorde van MY beteken dat julle MY moet volg in alle oorgawe, geloof en gehoorsaamheid. EK moet julle ook op elke oomblik beproef, gebaseer op besluite wat julle maak: MY Wysheid en Leiding of wêreldse dwaasheid van julle verstand. EK het vir julle MY Trooster gestuur om julle te lei en verder te lei in MY LIEFDE en Verborgenhede.

Waarom het EK dit gedoen? MY vraag aan julle is: Watter kind se pa sal homself totaal en al verberg sodat sy eie kind nie eens weet wie of hoe sy pa is nie? In hierdie tyd het EK vir julle ‘n Rigtingwyser gegee, ‘n Kragtige Wiel in MY NAAM van LIEFDE, ‘n Anker van Verlossing om julle terug te kry op MY Weë van Apartgestelde LIEFDE, want NIEMAND kom na die VADER as deur MY nie! EK IS die WEG van Suiwerheid en Opofferende LIEFDE wat NET deur MY WAARHEID geskied! VOLG MY en EK bring julle na MY LEWE, die Ewige Volmaakte LEWE in en deur MY, EK IS!

VADER, julle Liefdevolle VADER IS LIEFDE, HY wat met julle praat in julle harte! HY wat op die Troon regeer: HY IS GEES! Daarom MY kinders: Julle moet soos kindertjies word en weer afhanklik op MY Krag en GEES vertrou met volle oorgawe en nederigheid. Julle moet julle fokus van Vertroue verskuif vanaf die wêreld na MY, die EWIGE VOLMAAKTE KRAG!

Voor MY Aangesig moet julle totaal nederig word; sagmoedig, vrolik en vriendelik. Wanneer daar ‘n gevoel van hoogmoed en kwaad in julle opkom, kniel dadelik neer voor MY en EK verskaf aan julle MY gereedskap om daardie bossies uit te haal. Om julle harte vir MY te kom gee vir ‘n hart van vlees beteken om totaal binne MY Orde van LIEFDE te kom deur die Trooster wie julle daardeur lei in Waarheid, maar julle moet ten alle tye gehoorsaam wees omdat EK hulle wat louwarm is uitspuug! Julle kan nie twee meesters dien nie MY kinders!

Wandel saam MY, in en deur MY. EK gee MY Hemelskatte aan julle wat op MY wag en op MY vertrou met MY Sewe Vure binne julle. Julle maak foute MY kinders en dit is nie altyd maklik om die versoekinge teen te staan nie, maar tog sê EK, die ALMAGTIGE: Met MY aan julle sy, IS dit maklik! Julle is tot ALLES in staat deur MY wat julle KRAG gee, maar daar is een voorwaarde: Gehoorsaamheid as Liefde bo ALLE Liefde vir MY en julle naaste.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205