Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 25 ontvang op 5 September 2018

“Daar is nog baie wat EK deur jou kamer van Lewe met jou gaan spreek wat jy gehoorsaam moet oordra aan MY Boere-Geloftevolk! EK IS die ALMAGTIGE LIEFDE. EK spreek deur MY knegte en boodskappers aan julle, MY kinders van die Suide!

MY Dogter van Sion Gemeente, EK IS spreek aan jou met MY LIEFDE-STEM! MY Klipwiel is in jou hart opgerig deur MY as ‘n Anker en Rigtingwyser na MY Weë van Apartheid en LIEFDE. Dit is MY Fontein van Seën aan jou wat jy moet uitdra aan al MY kinders. MY Gilgal-Klipwiel wat LEWEND geword het in GEES en WAARHEID dien as MY Teken van Barmhartigheid aan julle. Soos gespreek, het EK MY Gevegsarende uitgestuur om die magte van besoedeling teen te staan, gewapen deur MY Verblindende LIG en Verterende LIEFDE. Hierdie bose magte van besoedeling wat oorlog teen MYNE voer hou EK vir baie van julle verborge omdat dit ‘n oorlog is wat weinig van julle nou kan verstaan.

As EK vir een oomblik vir julle die Geestesdeur oopmaak sodat julle kan sien wat aan die gang is in die geestelike oorlog tans, dan sal julle sterwe van duistere smart wat julle sal oorheers deur die vensters van julle siele! Daarom staan daar geskrywe: ‘Die geveg is nie teen bloed en vlees nie, maar teen die bose geeste in die lug.’ Dit is waar die oorsprong van geveg ontstaan en so manifesteer in die materie om julle. Daarom sien julle oral dade van mishandeling, verbastering, oorlog, moord, verkragting, haat, misleiding, marteling, bedrog, diefstal, seksuele gruweldade en smarte! Waarom realiseer hierdie eienskappe van MY teenpool? Omdat die ORDE van LIEFDE wat EK daargestel het versteur was deur die gevallene en al sy volgelinge agter hom! Tot vandag toe word hierdie dinge toegelaat deur MY Gewyde Wil volgens MY WYSHEID en RAAD om julle tot bekering te bring, terug na hierdie ORDE van MY. EK moet julle ook met beproewinge toets om julle siele tot volwasse-wording te groei nader en nader aan MY. MY Gewyde Wil sal nooit inmeng met julle vrye wil om dus van julle slawe van MY VOLMAAKTE WIL te maak nie, daarom het julle die keuses van Deuteronomium 28 om vry te kies of julle MY wil dien of MY teenpool. Hoe LIEF is EK tog nie vir julle nie MY kinders?

MY ORDE van LIEFDE moet weer herstel word en dit is in werking gestel deur MY Offer van LIEFDE toe EK MYSELF vir julle gegee het as Verlossing! EK sê ook vir julle dat hierdie Werksfeer van MY, wat EK IS, weer in julle tyd Kragtig neergedaal het as MY Klipwiel Rigtingwyser waar julle vir MY ‘n Huis van LIEFDE sal bou in MY NUWE JERUSALEM! Julle sal vra: ‘Maar hoe?’ Voorwaar EK sê vir julle: deur LIEFDE ALLEEN, want EK IS EEN!

MY dogter, die draak het hierdie Werking raakgesien en hy en sy is tans besig om stokke in MY Draaiende Klipwiel te gooi, stokke wat deur die 12 Speke onmiddellik veras word tot stof.

MY Getalle: 12, 7, 4, 3 en EEN!

Dit is slegs deur LIEFDE dat julle, MY kinders, gered sal word! Gaan kyk na MY wandeling op julle Aarde as JaHshua die Gesalfde. EK het niks anders gedoen as LIEFDE nie: self-verloënde, opofferende, vurige, sagte, vriendelike, vernederende LIEFDE! Toe EK gesê het ‘VOLG MY’, het EK bedoel dat julle hierdie LIEFDE moet doen soos EK. LIEFDE bevry julle siele van die kettings van die dood terwyl LIEFDE julle bekragtig met MY! Dit is MY WEG van Apartheid en Vryheid: LIEFDE bo ALLE LIEFDE vir MY en julle naaste! EK IS Waarheid, want Sy het vanuit MY gekom, aan julle. Luister na Haar Stem in julle harte, want Sy kom altyd terug na MY. EK sê vir julle MY kinders, wanneer julle julself afgeseël het binne MY ORDE van LIEFDE, dan het MY Hemele en jou Aarde mekaar ontmoet! Julle sal ‘n Ewige Sabbat ervaar, ‘n Ewige Rus, ‘n Werkende Rus! Julle sal hardloop en nie moeg word nie; julle sal vlieg en nie smag na rusplek nie, want EK IS julle EWIGE RUS!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205