Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 29 ontvang op 17 September 2018

“Kneg van MY Vaderhart, skrywe verder vir MY Lieflingsvolk. MY Woorde moet na hulle uitgedra word en moet hulle bereik, want hulle moet bemoedig en versterk word in hierdie nag wat besig is om aan te breek. MY Anker van LIEFDE, MY Wiel van Twaalf wat EK as MY Barmhartigheid vir julle gegee het sal al meer WERKEND julle siele begin opwek en nader trek na MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE. MY GEES van WAARHEID, wat bevry, wek knegte vir MY op in hierdie tyd; bestem deur MY Apartgestelde en Volmaakte Wil van LIEFDE. EK IS LIEFDE en LIEFDE sal EK vir julle gee MY kinders, want EK IS VADER!

 

MY kinders, EK het vir hierdie kneg van MY gewys: Hoe vinniger die Wiel met MY Sewe Kleure draai en dus ‘n al hoe sterker wordende WIT LIG uitstraal, hoe duisterder word die teenpool daarvan. MY teenpool weet die einde is hier en hy het ‘n vergadering byeengeroep in die verborgene van die doderyk met sy raad van besoedeling. MY kneg weet wat EK hom gewys het, maar die tyd is nog nie ryp vir hierdie openbaring nie. Sy was ook daar, die hoer; sy wat met verlokkende oë rondgaan en vir MY kinders ogies knik.

Ja, dit is sy wat hulle wat blind is, nog blinder maak; en hulle wat rebelleer teen MY, nog meer rebels maak! Maar hulle planne en boosheid gaan tot niet en stort hulle in hulle eie verderf! EK IS ALMAGTIG en EK sal nie mee getart word en voorgeskryf word nie! MY VOLMAAKTE WIL is in VOLLE werking om MY Verlossing in KRAG te stel vir julle MY kinders, julle wat julself met MY LIEFDE verseël het! MY Oordeel sal oor hulle kom soos in die dae van Sodom en Gomorrah! Daar sal ‘n vloed van OORDEEL kom en hulle wat besoedeling liefhet sal verdrink in hulle eie vervloekinge. Maar julle wat Wysheid liefhet en MY soek bo ALLES sal verstaan dat dit ALLES MY LIEFDE van VOLMAAKTE LIG is. MY Noag waarsku julle WEER!

MY kinders, julle moet binne MY LIGSIRKEL inbeweeg deur om na MY te draai, julle siele te was in MY Bloed en julle te Doop in die VUUR van MY GEES. EK IS LIEFDE en ALLEEN deur LIEFDE kan julle voor MY Aangesig kom binne MY OERBRON FONTEIN VAN VOLMAAKTHEID. EK IS WAT EK IS; EK het vir MY Kneg Moses die Twee gegee waarop die Tien gegraveer was deur MY Wysheid. Hierdie Twee is LIEFDE en LIEFDE; en hierdie Twee is EEN! Luister na die Stem van julle VADER! NET deur MY Voorbeeld in JaHshua te volg in LIEFDE BO ALLE LIEFDE, sal julle die WEG vind na MY julle VADER in die HEMELE!

Daar is nog baie van julle MY kinders, wat nog so vasgevang is in die wêreldse genietinge en vermaak. Julle siele lei gebrek en is maer soos die sewe maer koeie van ouds! Julle rebelleer en dink MY Woorde van Vermaning en Roeping is maar net nog ‘n “boodskap”, maar hulle wat WEET, dit is hulle wat hierdie Woorde van MY in Hemele-geklank en kleure kan verstaan en opneem in hulle harte. Dit is omdat MY LIEFDE SING en MY skape herken MY Stem, hulle Herder! EK ROEP MY SKAPE! KOM na MY en EK wys julle stap vir stap hoe om te betree, die WEG van VRYHEID en VOLMAAKTE EWIGE LEWE VAN LIEFDE EN LIG! MY Gees kom toets julle vrugte met Haar vinger. Onthou dat NIKS is vir MY verborge nie omdat ALLES voor MY Aangesig ooplê en EK sit met die BOEK in MY Hande.

EK genees jou nou MY kneg omdat MY LIG-Swaard deur jou hart se seerste deel kom opereer het. EK IS die Volmaakte Geneesheer, maar EK verlang dat julle in MY moet glo met alles en MY moet liefhê met julle hele hart, siel en verstand. EK wys vir julle die Weg vanaf die verstand na die hart omdat net vanuit die hart, ALLE oorsprong is van of LIEFDE of kwaad. Daarom moet julle hierdie harte van julle vir MY kom gee vir Genesing en Suiwering van alle kwaad. Maar julle moet nou daardie besluit neem MY kinders, omdat EK julle in MY Barmhartigheid nog roep om te kies om ALLES vir MY te kom gee en MY LIEFDESGEES te volg in gehoorsaamheid en uit vurige passie soos die kindertjies.

Laastens MY kneg, skrywe hierdie neer! EK IS VADER, en EK sal begin spreek deur MY kindertjies van MY Boerevolk en hulle sal drome droom en visioene sal EK vir hulle harte skenk. Julle sal hoor hoe hulle MY getuig en MY LIEFDE spreek en ook Haar doen met hulle klein handjies van nederigheid. EK IS! EK KIES DIE HARTE WAT LIEFDE VERKIES!

Wat verkies julle, MY Boerevolk? Wees haastig in julle besluite, omdat MY Toorn en Oordeel gaan kom en daar gaan baie wees wat gaan pleit en skreeu dat die berge hulle moet bedek en versteek van die verskeurende gevoel van spyt in hul harte!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205