Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 3 ontvang op 24 Julie 2018

“Raak rustig MY kind en skryf vir MY. Raak kalm in jou hart en fokus op MY. MY Volk is arm en honger! MY Volk het MY Brood nodig, meer as wat hulle dit besef. Elke dag bring EK MY Brood en Voedsel na jou, geliefde in MY!

Voorwaar EK sê vir elkeen van julle, as julle nie nou julle olielampe vol maak en voorberei nie, sal julle nie in die tye wat kom oorwin in MY Liefde nie! Julle sal die Bruilof nie haal nie! MY Volk, MY Huis van Juda, MY Huis van IsraEL, as julle nie julleself voed met MY Brood nie, sal julle vergaan onder die duister wat nou oor die horison loer! MY Boerevolk in MY land, Suid-Afrika, jy is MY hartjie wat klop! Maar jy is steeds besig om te soek na ‘n ander leier of koning om jou te red! Julle is onrustig en sonder vertroue in MY! Julle is soekend, maar julle soek verkeerd met julle verstand! EK IS spreek weer: Jy moet die Geestelike Groot Trek inspan en uitrys bo die draak! MY Dogter, hou so aan! Hou aan om MY Brood te deel met jou liefdes-naaste! Elke oggend voed jy MY Volk en meer begin ontwaak. Daar staan geskrywe: ‘EK sal julle vissers van mense maak!’.

Kyk, EK IS WAT EK IS in die Wolkkolom! EK het neergedaal op jou berg o SION, MY Geliefde. Lank terug was julle saam met MY teenpool weggesleep van MY. EK IS, EK het Myself verloën terwille van jou, MY seun en MY dogter! KYK en SIEN, EK IS LEEF! Die Klipwiel het begin draai in Sion! EK het jou laat sien: my dogter wat sing en dans op MY Wiel! Hulle wat hard na MY soek en hul harte laat smelt vir MY, hulle sal verstaan! Met HAAS MY Knegte, versprei MY Brood want hulle is honger! Daar is baie harte wat moet terugkom na MY! Hulle eet die verkeerde, hulle eet en eet maar bly maer en verslaaf aan my teenpool se kitskos! Bring vir hulle MY Brood, o Dogter! EK het MY Aangesig gedraai na jou, MY Geliefde en laat MY Klipwiel aanhou draai! Bring hulle en nooi hulle uit! Hulle wie se harte nog van klip uitgekap is deur MY teenstander! Nooi hulle, nooi MY Volk, MY Boerevolk, om hulle harte te kom offer vir MY in hulle binneste gees!

Laat die arend se gesang uitrys bo die kraai! MY Waarheid en Liefde versag jou hart, MY Brood voed jou siel! MY Sewe werksaam in jou! Gee al jou bekommernisse oor aan MY! Seël af jou Aarde in al vier hoeke van die windrigtings! Die vyfde, jou hart, kom gee dit vir MY!

Trek die Liefdeslaer en seël af jou grond met MY Vierkleur! Maak staat op MY Krag en Lig! Julle wat op julle eie kragte en dwaasheid, sonder MY, staatmaak, julle sal nie voorspoedig wees nie! Julle wat so gefokus is op die materiële, julle is nie binne MY Wiel wat rys bo-oor die draak nie! Julle is nie afgeseël binne MY Lig nie! EK nooi julle uit! Geseënd is die hart wat LIEFDE verkies! As julle MY nie kies as julle Eerste Liefde nie, sal julle nie die klanke van die reënboog hoor nie! EK dwing jou nie, jy het vrye keuse wie jy wil volg in jou lewe, maar waarom MY Brood af te keur in ruil vir gemak op onbestendige redding wat lei na die afgrond? EK IS jou Maker, jou Gewyde VADER! Gee jou hartjie vir MY en volg MY, jou Ewige Koning! Doen MY Liefde en wees Liefde! Voed die armes en gaan genees die siekes met MY Krag van Waarheid en Liefde. EK het vir julle ‘n Trooster gegee en Sy sing en sing; en die kettings van die leuen het begin breek! MY Hoeksteen het oorwin!

Gee nie oor aan die versoeking en besoedeling van die wêreld nie! Wees geseënd, jy wat hart aan hande bind in gehoorsaamheid aan MY Gebod van Liefde. Onthou wat EK gesê het: EK woon nie in tempels wat met mensehande en klip gebou is nie! EK woon in harte van vlees! EK woon in die hart wat Liefde verkies! EK woon daar waar julle MY Liefde doen. Dit is waar EK woon, daar waar julle MY ware gebed doen! Soek MY in alle erns, want EK IS jou Anker wat jou sal staande hou bo die stormwaters wat kom!

EK IS WAT EK IS! Gehoorsaam MY o Volk! EK IS jou redding! Neem hierdie aan of verwerp MY Woord, keer na jou binnekamer en kies uit vrye wil. Voorwaar, breek MY Brood, en eet. Dors en drink MY Liefde! Voorwaar EK sê vir elkeen van julle wat dit doen: Geseënd is jou siel!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205