Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 36 ontvang op 01/10/18

My woorde van hartseer:

"Die smarte van sonde.

Hoeveel smarte moet hierdie volk nog tref en hoeveel strafgerig moet nog voltrek word voordat die volk luister na die Liefdesroep van Vader? Ons land, die land van bloedriviere en tranespore. O Kain waar is jou broer?!"

Toe spreek VADER in my hart:

"Abel, jou broer het jou verraai, maar EK sal MY Toorn van Swael oor hom bring omdat hy die slangstreek in sy bloed het, wat sy hart met hoogmoed en jaloesie besoedel het! Ja, die hedendaagse Kain wat jou, MY Geloftevolk, wil vermoor en die aarde jou bloed wil laat drink! Maar EK DIE ALMAGTIGE VADER sê in die Wysheid van MY OERGRONDPOOL van EWIGE LIEFDE: MY LIEFDE VERTEER! MY LIEFDE neem en gee! MY LIEFDE maak of breek, maar kan nooit totaal vernietig nie omdat ALLES vanuit MY LIEFDE voortgekom het!

MY kind, kyk daar! Daar loop hulle rond! Hulle begeer die bloed van MY kinders, MY Geloftekinders! Hulle sweer en lê 'n eed af met die donker duisternis! Hulle harte van Gibraltar sleep hulle rond en stort hulle in die afgrond in waar MY GEES nie welkom is nie! Hulle verwerp MY DIE ALMAGTIGE en laster MY WOORD! As hulle net besef het WIE EK eintlik IS!

MY Barmhartigheid sal oor MY Uitverkore kinders reën en MY Verlossing sal geen perke ken nie! Want EK IS WAT EK IS! EK BREEK en EK MAAK NUUT! EK sal vanuit MY LIGWIEL 'n Sikloon SPREEK deur die Woord van MY MOND en hulle wat nie in MY LIEFDE verseël was deur om MY LIEFDESLEER aan te neem nie, sal nie MY Koninkryk betree en MY NUWE JERUSALEM bewoon saam MY nie. EK het julle presies kom wys op MY aardse lewe wat julle behoort te doen om julle siele te reinig en om terug te kom na julle VADER se Huis. Maar ongelukkig toe EK gesê het dat MY Koninkryk nie van hierdie wêreld is nie, het baie MY verlaat omdat hulle 'n fisiese materiële koninkryk wou gehad het volgens hulle eie sienings en dwase geloofsoortuigings. Tot vandag toe soek meeste van MY kinders so 'n koninkryk wat nie deur MY verorden is nie en wat NOOIT julle siele sal genees en vervolmaak tot MY EWIGE VOLMAAKTE LIEFDE nie.

Elkeen van julle antwoorde MY kinders sal julle in julle harte by MY vind, omdat net in julle harte die BRON van Ontkieming lê om die LIEFDE te laat groei tot MY en julle naaste. NET deur MY sal julle die WAARHEID vind en deur GEEN politieke party of wêreldse leier sal julle gered word volgens MY EWIGE GEWYDE WIL NIE!

Maar die eindbestemming lê opgesluit in die keuse van julle vrye wil, wat EK ook vir julle toegestaan het vanuit MY VADERHART. EK IS LIEFDE en net deur LIEFDE kan julle MY vind en ook SIEN! Wees vrolik MY werkers van LIEFDE want julle beloning is GROOT BY MY! Maar wees altyd nederig en VERTROU op MY Stem in julle harte en laat Sy julle in Waarheid en Gees lei op die Weg van Verlossing en sielesuiwering. Julle sal moet mekaar ondersteun in LIEFDE en GELOOF in MY. Moenie moed verloor nie MY dierbare kind want jy sal sien dat EK IS HIER!

Die smarte van sonde MY kinders, dit kan opgelos word en van julle af weg geneem word en EK SAL ELKE TRAAN AFVEE as julle net MY sal toelaat en MY sal gehoorsaam met julle hele hart! EK IS LIEF VIR JULLE!

Spreek MY Seën uit en blaas op die ramshorings MY kinders, MY Dogter! Wees geseënd binne MY VADERHART! Bly staande in MY en WAG OP MY!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205