Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 37 ontvang op 03/10/18

"MY kind, skrywe hierdie neer en wees gehoorsaam nou! Alles is voor MY Aangesig en niks is voor MY verborge nie. EK het gesê deur een van MY ander knegte dat jy sterk is wanneer jy stil is! Het jy MY raad vandag afgewys? Jy moet toelaat dat EK deur jou werk en spreek en nie jy volgens jou verstand nie omdat jy met stukkies van MY LEGKAART sit en EK met die hele een! Onthou die ledemate van MY Liggaam en elkeen het sy funksie en doel. Net so het jy jou doel.

Ja MY kind, jou hart is seer en bedroef hierdie laaste tyd EK weet! Skrywe aan MY skape van MY LIEFDE! EK ken julle harte, EK verstaan julle gedagtes; EK weet van julle harte se begeertes. EK praat nou met julle wat begeer om in MY ORDE en WIL te kom, nie met hulle wat steeds MY en MY LIEFDE en WAARHEID haat en verwerp nie! Hulle wat MY skape, MY kinders verlei en dit wat besoedeld is as suiwer verklaar, julle OORDEEL is deur MY!

Maar luister nou na MY, MY liefdeskinders! Julle moet altyd besef dat net deur MY kan julle 'n oorwinning in enige saak of aspek ervaar. Daar staan geskrywe dat julle kan planne maak, maar die Oorwinning is deur JaHWeH. EK bepaal die lot en die weg daartoe. Julle sal moet in die fynste fokus en intieme kommunikasie met MY begin te besef dat EK en net EK ALLE EER waardig is omdat EK die Jaloerse EL is! Dit is net deur MY Raad en Volmaakte Wil en Orde dat julle verlos gaan word volgens MY Terme en nie volgens julle voorwaardes nie! Daarom het EK oor en oor gesê dat julle in ALLE oorgawe aan MY moet kom tot MY en MY dan te volg soos EK julle gewys het. Nooit en nogmaals nooit sal hierdie wêreldse hoerliefde julle vriend wees nie! Binne MY LIG en LIEFDE is julle beskerm en met julle ywerige Werksame Wil kan julle volkome EEN word met MY. EK lei julle om elke hoek en draai, julle moet net fyn luister. Wanneer julle so volhard om MY LIEFDE en WAARHEID, as EEN, te laat groei tot 'n groot boom met die smaaklikste vrugte van MY GEES, dan smaak julle lekker en waarom sal EK julle dan uitspuug? Net hulle wat die vermenging pleeg sal uitgespuug word en buite MY LIGSIRKEL in die Storms hulle tande kners omdat hulle MYNE wou uitmoor!

Wees geseënd MY kinders omdat EK die EEN is wat julle nog altyd roep en lei en voed. Fokus net op MY in julle harte en wees rustig in julle gemoed en VERTROU in ALLE GEHOORSAAMHEID dat MY WIL die Oorwinning sal deurvoer soos EK julle beloof het. Julle ken die voorwaardes MY kinders. Bly binne MY net soos EK in julle harte is."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205