Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 41 ontvang op 23/10/18

"MY kind jy was saam met MY in jou benoudheid en in jou bekommernis. Jy het MY aangeroep en een nag toe jy MY aanroep in die trane van jou oë en sê: 'Ek wil U sien. Waar is U? Ek verlang so na JaHshua! JaHshua... JaHshua... Ek wil U sien..." So was jou woorde aan MY met 'n vurige Liefde vir MY. MY kind, EK is getrou en wanneer julle dink dat benoude situasies 'n afwesigheid van MY beteken, dan is julle heeltemal verkeerd. Veral as julle aan MY Hand vashou en MY nie los nie en roep vir MY teenwoordigheid.

In die begin het EK vir MY eerste Adam en Eva gesê dat hulle altyd en eerstens hulle harte vir MY moet offer as die beginpunt van enige saak, besluit of taak wat hulle aanpak. Het julle agtergekom dat EK weer hierdie selfde Gebod aan julle gegee het? Gaan bietjie terug en gaan kyk. MY Gilgal Liefdeskindertjies, MY Gilgal vaders en moeders - dit is met julle waarmee EK nou gesels in die lewensbron van julle harte. Deur om julle harte vir MY te offer elke dag en elke uur beteken om afhanklik ononderbroke met MY te wandel soos 'n beste Vriend of broer. So word daar vir MY 'n Huis van Liefde opgerig vervolgens die Gelofte en MY Beloftes gaan dus oor in die Bekragtiging fase met MY Wysheid en Barmhartigheid. EK IS! EK IS HY wat Getrou is en MY Woorde staan vas tot in alle Ewigheid der Ewighede van tye!

EK WIL so graag dat julle soos 'n Jarah vir MY moet wees: 'n Lewende, huppelende en geloofvaste kind wat MY bo ALLES liefgehad het en toe EK saam haar gewandel het, het sy MY vasgehou en nooit gelos nie. EK is nie 'n EL wat onbereikbaar is iewers daarbo nie! Nader tot MY met 'n opregte hart en EK sal tot julle nader. Vandaar sal EK en elkeen van julle vir ewig rondwandel en vrolik rondhuppel en EK sal aan julle alles toon van MY LIEFDE en Krag. MY Vaderhart smag na 'n Jarah! Maar julle sal moet begin om te glo, vas en standvastig te GLO in MY en MY Woorde. As EK iets gesê of beloof het, dan sal dit geskied volgens MY Getroue Wil! As julle net binne MY LIEFDE kom, saam met 'n vaste Geloof, dan sal julle sien hoe MY Woorde en Beloftes soos 'n skouspel van MY Hemele gestand doen en waaragtig in werking kom! Julle moet die vrees en bekommernis uit julle lewens verdryf deur julle siele en harte al meer nader en nader aan die Gees te bring! EK sê dit omdat die vlees, die wêreld en die begeertes daarvan julle siele doodmaak en julle in vrees, louheid, luiheid en bekommernis dompel! Julle moet begin LEWE in MY, die EWIGE LEWE SELF! EK bring nie dood nie, daarom, kom na MY om te LEWE. Maar, eers sal julle moet sterwe in die wêreld om hierdie LEWE te ontvang vanaf MY, die Barmhartige!

Maar onthou MY Gebod: Offer julle harte vir MY, want EK sê: Geseënd is die hart wat Liefde verkies!

MY kind gee hierdie aan MY skape want EK is hulle Herder en hulle moet almal na MY toe kom in hul harte."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205