Laatreens vir die Dogter van Sion
DANIEL GROBBELAAR

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129.

Openbaring 45 ontvang op 07/11/18

"MY kind, neem MY Woorde op en onthou altyd: Deur die Liefde alleen sal julle Vry wees in MY Naam! Deur MY Glansrykheid bestraal EK hulle met MY LIG wat op MY wag en vertrou.

Vergewe jou broer en suster, vergewe jou ma en vergewe jou pa, vergewe jou kind! Ontbind die bande van onvergewensgesindheid en bind die magte wat hierdie hoogmoedige gesindheid voorhou! Bind hulle in MY Naam! Ja jy MY kind, jy wat nou hier lees: Vergewe! Dit is tyd...

Om nie te vergewe nie, is net so goed as om lief te wees vir die doderyk en om die dood jou beste vriend te maak. Jy sal nooit waarlik Vry wees as jy nie vergewe nie, so ook nie die persoon wat jy nie wil vergewe nie. Om kwaad te spreek en enige iemand te vervloek is nie vanuit MY, die EWIGE LEWE en LIEFDE nie.

Om iemand te vergewe is 'n groot werk en 'n groot Oorwinning! Dit sê EK, EK IS WAT EK IS! Want EK weet waarvan EK praat, omdat EK die Volmaakte Vergifnis en Oorwinning, MYSELF, volbring het. EK weet hoe dit voel om te vergewe!

Maak julself vry van die kettings van die dood. Dit kan julle doen omdat EK by julle is en EK staan reg met MY Staf wat jou kettings en boeie sal vernietig, as jy net WIL! Dit is waar Ons begin: Die wil. MY kinders, julle moet kan WIL vergewe! Want EK het...

Volg MY Weg en MY Weë en julle sal Vry wees in MY Naam en MY Liefdeslaer. Kom MY skapies, vergeef! Vergewe mekaar en gooi dit agter julle en maak reg en genees die wonde in MY Naam van LIEFDE!

Dit is nou tyd...

EK strek MY Hand uit na jou, kom laat EK julle Vrymaak!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205